Groot groei­kans vir ta­ke­a­lot

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kolskoot - Deur Mar­cia Klein

Al is ta­ke­a­lot die land se voor­ste e-klein­han­de­laar, het hy geld vir uit­brei­ding no­dig. ’n Reu­se­be­leg­ging deur Nas­pers maak dit moont­lik.

om in ’n ui­ters me­de­din­gen­de wê­reld voor hul me­de­din­gers te bly, het snel­groei­en­de aan­lyn on­der­ne­mings baie geld no­dig. Nas­pers* se be­leg­ging ver­le­de maand van R960 mil­joen in ta­ke­a­lot, wat die aan­lyn klein­han­de­laars ta­ke­a­lot en Su­per­ba­list, as­ook Mr D Food en Mr D Cou­rier be­sit, gee ta­ke­a­lot die geld wat hy vir uit­brei­ding no­dig het.

“Ons mo­del­le is goed ge­ves­tig, maar dié on­der­ne­mings be­no­dig kon­tant vir uit­brei­ding,” sê Kim Reid, stig­ter en uit­voe­ren­de hoof. “Ons pro­beer nie ’n klein klein­han­de­laar skep nie,” sê hy. “Ons in­ves­teer in ons plat­form en lok nu­we ge­brui­kers.”

Deur meer ge­brui­kers te lok en meer ver­ko­pe te doen, ver­goed maat­skap­pye soos ta­ke­a­lot al hoe meer vir hoë vas­te bo­kos­te en ver­be­ter só hul wins­ge­wend­heid. In dié soort on­der­ne­ming gaan al­les oor groot­te.

“Ons wou geld ver­kry het om vol­hou­baar te wees en ons toe­koms te ver­se­ker, en dié be­leg­ging is pre­sies wat ons no­dig het om ons vol­hou­baar­heid te ver­se­ker,” sê Reid.

Ter­wyl snel­groei­en­de aan­lyn maat­skap­pye dalk baie be­leg­gers­be­lang­stel­ling lok, sê Reid dit verg tyd en moei­te om geld te ver­kry en dit kan mens se aan­dag af­lei en die on­der­ne­ming ont­wrig.

Ta­ke­a­lot.com is in Ju­nie 2011 ge­skep na­dat Reid en die A­me­ri­kaan­se be­leg­gings­maat­skap­py Ti­ger Glo­bal Ma­na­ge­ment die e-han­del­on­der­ne­ming Ta­ke2 in Ok­to­ber 2010 ver­kry het. Ta­ke­a­lot maak nou daar­op aan­spraak dat hy die voor­ste e-klein­han­de­laar in Suid-a­fri­ka en “een van die groot­ste, mees in­no­ve­ren­de e-klein­han­de­laars in A­fri­ka” is.

Dit is Nas­pers se twee­de be­leg­ging in ta­ke­a­lot. Die eer­ste het in 2015 saam met ta­ke­a­lot se sa­me­smel­ting met ka­la­ha­ri ge­skied.

Die saam­ge­stel­de 90% groei­koers is per jaar vol­gens die aan­tal tran­sak­sies en meer as 100% vol­gens die bru­to han­dels­in­kom­ste.

Kim Reid Ta­ke­a­lot se stig­ter en uit­voe­ren­de hoof

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.