Is SA ge­reed vir e­tie­se kol­lig wat sker­per skyn?

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kolskoot Tegnologie -

’n Nu­we A­me­ri­kaan­se fin­teg-be­gin­ner­maat­skap­py meet maat­skap­pye se pres­ta­sie vol­gens hoe hul­le die pla­neet, hul werk­ne­mers en die ge­meen­skap­pe waar­in hul­le sa­ke doen, be­han­del. Hoe sal kor­po­ra­tie­we Suid-a­fri­ka on­der dié loep lyk?

oe die Me­de­din­gings­kom­mis­sie aan­ge­kon­dig het dat hy ’n klomp plaas­li­ke en in­ter­na­si­o­na­le ban­ke van wis­sel­koers­be­drog gaan aan­kla, het die o­pen­ba­re woe­de kook­punt be­reik.

daar heel­wat toorn en woe­de van 140 ka­rak­ters op ’n slag was, het ek wel ge­sien dat ’n aan­tal Suid-a­fri­kaan­se ban­ke nié be­trok­ke was nie. Ek het ge­won­der of e­ni­ge van dié woe­den­de Suid-a­fri­ka­ners be­reid sou wees om van bank te ver­an­der weens dié be­we­rings. Ek het ge­wag om te sien of daar e­ni­ge ver­brui­kers­ak­ti­vis­me teen die ban­ke sou wees. Ek wag steeds.

Dit is waar­om ek on­langs aan­dag­tig ge­lees het oor Aspi­ra­ti­on, ’n A­me­ri­kaan­se fin­teg-be­gin­ner­maat­skap­py. Een van Aspi­ra­ti­on se me­de­stig­ters is And­rei C­her­ny, ’n voor­ma­li­ge toe­spraak­skry­wer van oud­pre­si­dent Bill C­lin­ton. Aspi­ra­ti­on het ’n diens by sy mo­bie­le bank­toe­pas­sings ge­voeg wat ’n kli­ënt se be­ste­dings­pa­troon sal na­spoor en dan ’n maan­de­lik­se ver­slag saam­stel oor die maat­skap­li­ke im­pak van kli­ën­te se ver­brui­kers­keu­ses.

Aspi­ra­ti­on meet maat­skap­pye se pres­ta­sie vol­gens hoe hul­le die pla­neet, hul werk­ne­mers en die ge­meen­skap­pe waar­in hul­le sa­ke doen, be­han­del. Dit word ge­doen deur 75 000 da­ta­pun­te van by­kans 5 000 maat­skap­pye na te spoor en deur kwes­sies soos di­ver­si­teit, werk­ne­mers se ver­goe­ding, e­ner­gie­doel­tref­fend­heid en die kool­stof­voet­spoor in re­ke­ning te bring.

C­her­ny sê die i­dee is om ver­brui­kers te be­mag­tig om te be­sef hoe om die mag van hul beur­sies ten vol­le te be­nut. “Dink net as jy dié ver­brui­ker­sen­ti­ment be­wa­pen en dit in jou sak steek,” het hy ge­sê, en ook die slag­spreuk “geld praat” her­haal.

Maar “geld praat” kan net so­wel deur be­stuur­ders van maat­skap­pye ge­bruik word wat ge­meen­skap­pe ver­trap om hul op­tre­de te reg­ver­dig. Die kwes­sie is nie of geld praat nie, maar eer­der wat dit sê.

En dit is wat Aspi­ra­ti­on se maat­skap­lik-e­tie­se ver­slag­doe­ning so in­te­res­sant maak. In­dien dit as ’n stan­daard aan­vaar sou word, sal maat­skap­pye wat by­voor­beeld tok­sie­se af­val in plaas­li­ke stro­me en ri­vie­re stort, goed daar­oor moet na­dink.

Daar is niks soos ’n woe­de­bui wat op so­si­a­le me­dia teen jou maat­skap­py ge­rig is en wat daar­na deur die hoof­stroom­me­dia op­ge­volg word om ’n stok in jou ge­luks­wiel te steek nie.

’n Paar dae na­dat ek van Aspi­ra­ti­on ge­lees het, lees ek van ’n Mei­dag­be­to­ging in die A­me­ri­kaan­se stad Port­land wat ge­staak moes word na­dat be­to­gers blik­kies Pep­si na po­li­sie­le­de ge­gooi het. Dít was deels ’n ge­spot met ’n on­lang­se ad­ver­ten­sie waar Ken­dall Jen­ner ’n span­nings­vol­le oom­blik ont­lont het deur ’n Pep­si aan ’n po­li­sie­lid te gee. Die ad­ver­ten­sie is op so­si­a­le me­dia ver­doem en Pep­si is daar­van be­skul­dig dat hy die #Blackli­ves­mat­ter­pro­tes­be­we­gings mis­bruik het om koel­drank te pro­beer ver­koop. Die o­pen­ba­re sen­ti­ment teen Pep­si het seer­ge­maak waar dit in 2017 die mees­te saak maak – ver­ko­pe het ge­tui­mel.

En moet sy groot­ste me­de­din­ger, Co­ca-co­la, nie ook on­der die loep kom en sý maat­skap­li­ke en e­tie­se ge­brui­ke on­der­soek word nie?

Kom ons be­gin met al die plas­tiek­bot­tels wat in ons o­se­a­ne rond­dryf. Daar word voor­spel dat die plas­tiek wat in ons o­se­a­ne rond­dryf teen 2050 meer as al die vis in die see sal weeg – voor­waar vrees­aan­ja­end.

Co­ke se bot­te­leer­aan­leg­te ge­bruik na wat be­rig word meer as 300 mil­jard li­ter wa­ter per jaar. Sy to­ta­le wa­ter-voetaf­druk wat no­dig is om die sui­ker­riet te kweek en an­der be­stand­de­le te be­kom, is glo 100 keer meer. Dit is net sy im­pak op die pla­neet; ons praat nog nie eens van die ge­sond­heids­pro­ble­me vir ver­brui­kers nie, iets wat ’n las op die staat plaas en in baie ge­val­le ge­lei het tot ’n sui­ker­be­las­ting, soos Suid-a­fri­ka tans be­sig is om op te stel.

Ek het be­gin won­der of kor­po­ra­tie­we Suid-a­fri­ka e­nig­sins ge­reed is vir dié soort e­tie­se en maat­skap­li­ke on­der­soe­ke? Ek dek die me­de­dings­o­wer­he­de al by­kans 12 jaar, en ek meen hul­le is ge­du­ren­de die a­part­heids­ja­re op­ge­stel met o­li­go­po­lies en sa­me­span­ning in ge­dag­te, en nie ter be­vor­der­de­ring van wa­re me­de­din­ging nie.

Ek kry die ar­me Suid-a­fri­kaan­se ver­brui­kers wat be­wus is van hul e­tie­se en maat­skap­li­ke voetaf­druk dus jam­mer aan­ge­sien hul­le min al­ter­na­tie­we het.

Hul mo­tors se uit­laat­stel­sels word ver­vaar­dig van pla­ti­num van my­ne waar wer­kers oor loon­ver­ho­gings ver­moor is. Hul e­lek­tri­si­teit is af­koms­tig van E­s­kom, ’n maat­skap­py waar kor­rup­sie­skan­da­le al­le­daags is en skoon, her­nieu­ba­re e­ner­gie die laas­te al­ter­na­tief is. Hul­le koop ’n brood, dan moet hul­le kies tus­sen voor­ma­li­ge le­de van ’n kar­tel. Wan­neer hul­le hul Tv-li­sen­sie koop, stel hul­le hul bloot aan al­ler­han­de maat­skap­li­ke eu­wels, waar­van die SAUK se mens­li­ke­hulp­bron-mis­brui­ke maar een is.

Dit is dui­de­lik dat kor­po­ra­tie­we Suid-a­fri­ka nie ge­reed vir dié soort be­trag­ting is nie, wat be­te­ken dat ons as lands­bur­gers dit juis drin­gend no­dig het. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Co­ke se bot­te­leer­aan­leg­te 3 0 0 geb ruik na be­rig wo rd meer as

li­ter wa­ter per jaar.

And­rei C­her­ny Me­de­stig­ter en hoof van Aspi­ra­ti­on

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.