Bier­snob

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Duwweltjie -

In­ge­ni­eurs­ver­nuf

’n Groep in­ge­ni­eurs­we­se­pro­fes­so­re word ge­nooi om ’n vlug in ’n nu­we vlieg­tuig mee te maak.

Hul­le sit nog skaars of hul­le word in­ge­lig dat die vlieg­tuig deur hul s­tu­den­te ge­bou is.

Al­mal be­hal­we een vlieg op en haas hul­le hol­der­ste­bol­der om uit te kom.

Die en­ke­le pro­fes­sor wat kalm ag­ter­bly, word toe ge­vra: “Hoe­kom het jy bly sit?”

“Ek het baie ver­troue in my s­tu­den­te. Ek ken hul­le goed en kan jou ver­se­ker hier­die s­tuk ge­mors sal nie eens van die grond af kom nie!”

Ver­fris­sen­de dran­kies

Die uit­voe­ren­de hoof­de van Carls­berg, Hei­ne­ken, Becks en Guin­ness stap in ’n kroeg in.

Die uit­voe­ren­de hoof van Carls­berg be­stel ’n bot­tel Carls­berg.

Die uit­voe­ren­de hoof van Hei­ne­ken be­stel ’n bot­tel Hei­ne­ken.

Die uit­voe­ren­de hoof van Becks be­stel ’n bot­tel Becks.

Die uit­voe­ren­de hoof van Guin­ness be­stel ’n Co­ke son­der ys.

Die an­der draai na hom toe en vra hoe­kom hy dan ’n Co­ke be­stel het. Hy ant­woord: “Nie­mand an­ders d­rink bier nie. Ek wou nie die e­nig­ste een wees nie.”

Ge­se­ën­de per­de

’n Toe­ris uit En­ge­land woon ’n Ier­se per­de­re­sies by en sien hoe ’n pries­ter een van die per­de se­ën. Tot die toe­ris se ver­ba­sing wen dié perd en so ook die vol­gen­de twee per­de wat die pries­ter se­ën.

Toe hy sien die pries­ter se­ën ’n vier­de perd, sit hy al sy geld op dié perd.

On­ge­luk­kig gee die har­de knal van die af­sit­ter­pis­tool die perd ’n hart­aan­val en hy val dood neer voor­dat hy ’n tree kan gee.

La­ter ver­tel die toe­ris die pries­ter van sy ramp­spoe­di­ge wed­den­skap en vra hoe­kom die se­ën wat hy oor die vier­de perd uit­ge­spreek het dan nie ge­werk het nie. “Is jy ’n Pro­tes­tant?” vra die pries­ter. “Ja, ek is,” ant­woord die toe­ris. “Wel,” sê die pries­ter. “Dan sal jy nie die ver­skil ken tus­sen die se­ën en die laas­te ri­tes nie.”

Kort­liks

Vraag: Hoe­veel in­tro­ver­te is no­dig om ’n gloei­lamp te ruil? Ant­woord: Hoe­kom moet dit ’n groep­ak­ti­wi­teit wees?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.