’n Baie flou plaas­li­ke vraag

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

Ek het hier al baie te sê ge­had oor die uit­da­gings wat se­ment­pro­du­sen­te in die plaas­li­ke mark in die ge­sig staar. Selfs Sep­ha­ku met sy nu­we en doel­tref­fen­der aan­leg­te – wat dus goed­ko­per is om te be­dryf – toon hoe moei­lik die si­tu­a­sie is. In­kom­ste was plat, met verkope wat so­wat 4% ge­styg het, maar die prys­druk het ge­bly. Dié druk duur voort selfs al het se­ment­in­voer vol­gens Sep­ha­ku ge­du­ren­de die jaar met 53% ge­daal het. Die se­ment­vraag plaas­lik bly swak. Sep­ha­ku is be­kom­merd dat le­nings­oor­een­koms­te dalk ver­breek sal word. “Die skuld­diens­dek­kings­ver­hou­ding kom on­der al hoe meer druk,” sê die maat­skap­py. Hy is be­sig om nu­we voor­waar­des te on­der­han­del, maar selfs al is dit suk­ses­vol, is dit nie ’n be­dryf om in te be­lê nie. PPC het gro­ter pro­ble­me plaas­lik met sy ou­er aan­leg­te, maar sy uit­brei­ding in die res van A­fri­ka en die reg­te-uit­gif­te om die ba­lans­staat te on­der­steun, kan hom uit­ein­de­lik baat. ’n Laas­te punt is dat as se­ment­ver­ko­pe plaas­lik daal – en moe­nie fout maak nie, plaas­li­ke kon­struk­sie­maat­skap­pye suk­kel – sal dit hul nie-suid-a­fri­kaan­se kon­trak­te wees wat hul­le die mees­te sal on­der­steun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.