Mi­kro-op­los­sings: Die ont­werp van pen­si­oen­pro­duk­te wat ge­skik­ter vir ons ge­meen­skap is

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur Nt­ha­bi­seng Mo­le­ko

Die mees­te af­trees­paar­pro­duk­te is ge­mik op men­se met ’n ge­reel­de in­kom­ste en wat in die for­me­le e­ko­no­mie werk, wat die oor­gro­te meer­der­heid van Suid-a­fri­ka­ners uit­sluit. Hier­die kwes­sie moet aan­ge­pak word om die las op die staat te ver­lig en om die wel­stand van die land se toe­ne­men­de aan­tal pen­si­oen­trek­kers te ver­be­ter.

e­ko­no­mie­se ra­mings toon dat die om­vang van die in­for­me­le e­ko­no­mie on­ge­veer 7% tot 12% van ons al­ge­he­le e­ko­no­mie is. Die­ge­ne in die in­for­me­le e­ko­no­mie het ge­woon­lik nie toe­gang tot fi­nan­si­ë­le mark­te nie. Dit be­hels nie net toe­gang tot ba­sie­se fi­nan­si­ë­le diens­te nie, maar het be­trek­king op pro­duk­te wat op lang ter­myn die sta­bi­li­teit van huis­hou­dings tot voor­deel sal strek.

S­ta­tis­tie­ke Suid-a­fri­ka skryf by­kans een vyf­de van to­ta­le in­diens­ne­ming toe aan werk in die in­for­me­le sek­tor se 2,4 mil­joen werk­ge­leent­he­de. Eien­skap­pe van wer­kers in dié sek­tor sluit in on­ge­reel­de in­kom­ste­stro­me, be­perk­te fi­nan­si­ë­le ge­let­terd­heids­vlak­ke en be­perk­te, in­dien e­ni­ge, toe­gang tot pen­si­oen- of voor­sorg­fond­se.

Die hui­di­ge pen­si­oen­las en kon­tan­toor­pla­sings wat die staat doen, is 3% van die BBP en was R128 mil­jard in 2016. Baie hier­van is ou­der­doms­toe­la­es, die hoog­ste by­dra­en­de fak­tor teen R53 mil­jard of by­kans die helf­te van die staat se ver­plig­ting. Dit het die af­ge­lo­pe ne­ge jaar be­dui­dend toe­ge­neem, van R21 mil­jard in 2008. Een­vou­dig ge­stel, al hoe meer huis­hou­dings wat af­tree-ou­der­dom bereik se pen­si­oen word nou deur die staat be­taal. Dit is on­vol­hou­baar in ’n om­ge­wing van lae groei, hoë werk­loos­heid en fis­ka­le kon­so­li­da­sie.

Be­spa­rings­uit­da­gings

Ons weet dat die ge­mid­del­de Suid-a­fri­kaan­se huis­hou­ding nie spaar nie, met die hui­di­ge spaar­koers van 16%, wat van ’n hoog­te­punt van 37% in 1980 ge­daal het. Huis­hou­dings spaar te min geld vir hul aftrede, maar dit kan ook op ’n sis­te­mie­se pro­bleem wys. Is daar ge­skik­te fi­nan­si­ë­le pro­duk­te om uit­ge­stel­de ver­bruik in die Suid-a­fri­kaan­se kon­teks te ab­sor­beer? Dit is ’n re­le­van­te vraag vir al­le A­fri­ka-e­ko­no­mieë wat ’n kom­bi­na­sie van for­me­le en in­for­me­le wer­kers in hul e­ko­no­mies ak­tie­we be­vol­kings het. In par­ty A­fri­ka-e­ko­no­mieë is die­ge­ne in in­for­me­le werk die oor­gro­te meer­der­heid.

Die mees­te wer­kers spaar nie, en die be­drae wat die­ge­ne wat wel spaar, is boon­op on­toe­rei­kend vir aftrede. S­ta­tis­tie­ke van Old Mu­tu­al toon dat die­self­de hoe­veel­heid men­se vir aftrede spaar as wat vir be­graf­nis­uit­ga­wes spaar. Dit dui op moont­li­ke sis­te­mie­se kwes­sies wan­neer ons na die struk­tuur van die e­ko­no­mie kyk. Fi­nan­si­ë­le ge­let­terd­heid en die vlak van be­stee­ba­re in­kom­ste is reg­streek­se be­pa­lers van be­spa­ring­by­dra­es.

Maar as ons na die aan­bod­kant van die mark kyk, moet mens won­der of daar pro­duk­te is wat ’n huis­wer­ker, vei­lig­heids­wag of sei­soens­ge­bon­de plaas­wer­ker kan ge­bruik om op lang ter­myn vir aftrede te spaar. Plaas fi­nan­si­ë­le­diens­te-maat­skap­pye ge­noeg na­druk op die ont­wik­ke­ling van buig­sa­me en re­le­van­te spaar­pro­duk­te vir aftrede? Daar is be­slis niks soort­ge­lyk aan be­graf­nis­po­lis­se wat ont­wik­kel is en sterk be­mark word aan mid­del- en lae-in­kom­s­te­huis­hou­dings nie, met die fo­kus op graf­ste­ne, doodskis­te en lug­tyd of krui­de­niers­wa­re wan­neer ’n ge­lief­de sterf nie.

Die be­staan­de pro­duk­te strek van voor­sorg- of pen­si­oen­fond­se wat ge­skik is vir men­se wat in die for­me­le e­ko­no­mie werk tot af­tree-an­nu­ï­tei­te met hul be­las­ting­voor­de­le. Dit laat lae-in­kom­s­te­huis­hou­dings of die mas­sa men­se in in­for­me­le werk bui­te re­ke­ning. Dit is die­self­de in­di­vi­due wat op me­di­um- tot lang ter­myn staat­steun soek en die fis­kus en toe­koms­ti­ge ge­slag­te be­swaar.

Wie se pro­bleem is dit om die on­ge­bank­tes son­der spaar­geld te help?

Die hui­di­ge pen­si­oen­las en kon­tan­toor­pla­sings wat die staat doen, is 3% van BBP en was R128 mil­jard in 2016. Baie hier­van is ou­der­doms­toe­la­es,

Die fi­nan­si­ë­le­diens­te-sek­tor moet dit oor­weeg om mi­kro-pen­si­oe­ne aan te bied om toe­gang tot fi­nan­si­ë­le pro­duk­te te skep vir die­ge­ne wat nie in die for­me­le e­ko­no­mie in­ge­sluit word nie, as­ook lae-in­kom­s­te­huis­hou­dings in die for­me­le sek­tor. Dit is ge­woon­lik pen­si­oe­ne wat saam­ge­stel is vir in­di­vi­due met on­ge­reel­de in­kom­ste, klein be­drae en wat ge­mik is op men­se met be­perk­te fi­nan­si­ë­le ge­let­terd­heid wat selfs min­der ge­leent­he­de het om toe­gang tot kon­ven­si­o­ne­le fi­nan­si­ë­le pro­duk­te te kry om vir aftrede te spaar.

Die rol van die staat in hier­die ver­band is om nie net ’n be­vor­der­li­ke om­ge­wing te skep nie, maar ook be­leid wat die ont­wik­ke­ling van mi­kro-pen­si­oe­ne aan­spoor. Dit is stel­lig die staat wat uit­ein­de­lik vir men­se wat nie spaar nie, sal moet be­taal. Dit sal waar­skyn­lik ge­fi­nan­sier word deur die nie-by­dra­en­de sek­tor van pen­si­oen­ske­mas wat in die vol­gen­de 30 tot 50 jaar ver­de­re druk op die fis­kus sal plaas. Teen die heer­sen­de kos­te van kon­tan­toor­pla­sings van R128 mil­jard, hou pro­jek­sies van hoe dit kan styg met al hoe swak­ker groei, gro­ter werk­loos­heids­druk en toe­ne­men­de on­ge­lyk­heid niks goed in om fis­ka­le druk op lang ter­myn te ba­lan­seer nie.

Ons het ook on­toe­rei­ken­de be­spa­rings om be­leg­gings te fi­nan­sier (of ’n hup­stoot te gee) wat no­dig is om al­ge­he­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.