Waar­om ge­skie­de­nis be­lang­rik is vir en­tre­pre­neurs

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur Jo­han Fou­rie

Om te be­gryp hoe­kom se­ke­re maat­skap­pye en stra­te­gieë ge­slaag (of mis­luk) het, is dit be­lang­rik om die tyd en kon­teks waar­in hul­le tot­stand ge­kom het, goed te ver­staan.

ek do­seer e­ko­no­mie­se ge­skie­de­nis aan die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch en moet dik­wels aan sa­ke­stu­den­te (wat ge­woon­lik baie min be­lang­stel in die ge­skie­de­nis) ver­dui­de­lik hoe­kom die ver­le­de vir hul­le saak moet maak. Daar is ba­sies twee re­des waar­om e­ko­no­mie­se ge­skie­de­nis be­lang­rik is.

Eer­stens ver­klaar die ge­skie­de­nis die he­de. Dit sal on­ge­loof­lik moei­lik wees om op­voe­ding, werk­loos­heid en on­ge­lyk­heid in Suid-a­fri­ka te ver­staan – of selfs net te be­gin reg­stel – son­der be­grip van die his­to­rie­se oor­sprong. Plaas­li­ke werk­loos­heid is by­voor­beeld ’n pro­bleem van die 1970’s, toe lo­ne veel vin­ni­ger as pro­duk­ti­wi­teit be­gin toe­neem het – die ge­volg van swart on­der­wys van lae ge­hal­te en die mo­bi­li­se­ring van swart vak­bon­de.ter­wyl Suid-a­fri­ka ’n ka­pi­taal­ge­brek het, het die mees­te maat­skap­pye in re­ak­sie be­sluit op ka­pi­taal­in­ten­si­fi­se­ring, wat die loon­ga­ping tus­sen ge­skool­de en on­ge­skool­de ar­beid ver­der ver­groot het. On­ge­lyk­heid het ver­er­ger.

E­ko­no­mie­se ge­skie­de­nis maak ver­der saak om­dat dit soort­ge­lyk is aan die he­de. Ben Ber­nan­ke, voor­sit­ter van die A­me­ri­kaan­se Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad ty­dens die Groot Re­ses­sie van 2007, het in 1994 ’n re­fe­raat oor die “Ma­kro­e­ko­no­mie van die Groot De­pres­sie” van die vroeë 1930’s ge­skryf.toe fi­nan­si­ë­le mark­te in 2007 in­een­ge­stort het, was Ber­nan­ke dus baie be­wus van wat om nié te doen nie. Ge­volg­lik kon hy maat­staw­we – soos kwan­ti­ta­tie­we ver­rui­ming – in­stel om die ver­er­ge­ren­de kri­sis te ver­lig.

Sakegeskiedenis word al hoe ge­wil­der, ver­al by Har­vard Bu­si­ness S­chool. Ge­val­le­stu­dies wat deur Har­vard-sa­ke­ge­skied­kun­di­ges ge­skryf word, vorm dik­wels die kern van ge­val­le­stu­dies wat deur sa­ke­sko­le wê­reld­wyd ge­bruik word.

Soos Ge­of­frey Jo­nes, fa­kul­teits­hoof van die Bu­si­ness His­to­ry I­ni­ti­a­ti­ve, sê: “In die hui­di­ge on­stui­mi­ge tyd is dit be­lang­ri­ker as ooit te­vo­re dat sa­ke­prak­ti­syns en be­leids­be­pa­lers ’n kri­tie­se en goeie be­grip van die ver­le­de moet hê.”

Sa­ke­ge­skied­kun­di­ges gee nie net in sa­ke­sko­le on­der­rig nie, maar ook in de­par­te­men­te van be­stuur, finansies, en­tre­pre­neur­skap, re­ke­ning­kun­de en e­ko­no­mie.

P­lek­ke soos Har­vard in­ves­teer in sakegeskiedenis van­weë in­tel­lek­tu­e­le eer­lik­heid. Andrew God­ley, di­rek­teur van die sen­trum vir en­tre­pre­neur­skap aan Hen­ley Bu­si­ness S­chool, het in 2015 vir my ge­sê: “Byna al­le Mba-vak­ke word met ge­val­le­stu­dies on­der­rig. Ge­val­le­stu­dies is per de­fi­ni­sie his­to­ries. Hul­le word ge­reg­ver­dig as in­stru­men­te om stu­den­te oor ’n be­paal­de te­ma (soos di­ver­si­fi­se­ring­stra­te­gieë) te help leer.

“Maar om­dat hul­le per de­fi­ni­sie his­to­ries is, hang e­ni­ge suk­ses­vol­le in­ter­pre­ta­sie van die ge­val­le­stu­die (en ge­volg­lik e­ni­ge suk­ses­vol­le leer­uit­koms) af van die stu­den­te se be­grip van die his­to­rie­se kon­teks van daar­die be­paal­de maat­skap­py se be­sluit­ne­mers. Om uit­druk­lik te er­ken dat die kon­teks saak maak en dat die kon­teks ver­an­der, lei dus tot die ver­de­re er­ken­ning dat Mba-stu­den­te

’n soort grond­slag in sa­ke­ge­skie­de­nis­me­to­des moet hê om ge­val­le­stu­dies reg te in­ter­pre­teer (en daar­uit te leer).”

Kon­teks is ver­al in die ont­wik­ke­len­de wê­reld be­lang­rik. Soos Al­do Mu­sac­chio van Har­vard sê, ont­lui­ken­de mark­te het spe­si­fie­ke “in­sti­tu­si­o­ne­le leem­tes” wat en­tre­pre­neurs moet oor­kom om suk­ses­vol te wees. Dit kan e­nig­iets van ’n swak on­der­wys­stel­sel tot on­buig­sa­me ar­beids­mark­re­gu­la­sies wees. Die ma­nier waar­op on­der­ne­mings op dié leem­tes re­a­geer, be­paal wat­ter soort maat­skap­py ge­ves­tig word.

Ons het ver­al plaas­lik ’n erns­ti­ge ge­brek aan be­grip van hoe in­sti­tu­si­o­ne­le leem­tes tot in­heem­se on­der­ne­mings ge­lei het. An­ton Ehlers, ge­skied­kun­di­ge aan die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch, het ge­skryf oor Pep S­to­res se pro­jek vir swart e­ko­no­mie­se be­mag­ti­ging in die 1970’s. In 1973 is ’n af­son­der­li­ke maat­skap­py, Pep S­to­res Pen­in­su­la Be­perk, ge­skep en die mees­te aandele is teen 50 sent elk aan le­de van die bruin ge­meen­skap ver­koop, ter­wyl Pep S­to­res, die moe­der­maat­skap­py, ’n min­der­heid aandele be­sit het.toe die groeps­ge­bie­de­wet in 1991 her­roep is, is aandele in Pep S­to­res, of kon­tant van R35 per aan­deel, aan bruin aan­deel­hou­ers aan­ge­bied – ’n sty­ging van 7 000% oor 18 jaar en ’n merk­waar­di­ge suk­ses­ver­haal. En ’n be­lang­ri­ke plaas­li­ke “ge­val­le­stu­die”.

Veel meer kan eg­ter ge­doen word. Wat was

“In die hui­di­ge on­stui­mi­ge tyd is dit be­lang­ri­ker as ooit te­vo­re dat sa­ke­prak­ti­syns en be­leids­be­pa­lers ’n kri­tie­se en goeie be­grip van die ver­le­de moet hê.”

die in­sti­tu­si­o­ne­le leem­tes wat tot maat­skap­pye soos SAB, Dis­co­ve­ry en Black Li­ke Me ge­lei het? Ons moet die ge­skie­de­nis van o­pen­ba­re nuts­maat­skap­pye, nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies en ban­ke ver­staan (Ehlers het ook die ge­skie­de­nis van Bo­land Bank en Ca­pi­tec ge­pu­bli­seer).

Die ont­lui­king van A­fri­ka-ka­pi­ta­lis­me in die ko­men­de de­ka­des sal ’n groot poel vaar­di­ge be­stuur­ders ver­eis wat die plaas­li­ke kom­plek­si­tei­te en internasionale aan­bod­ket­tings ver­staan. Mag dié be­stuur­ders, wat in A­fri­ka se top sa­ke­sko­le op­ge­lei word, les­se uit ons eie ge­skie­de­nis en kon­teks be­nut. My uit­da­ging aan die land se voor­ste sa­ke­sko­le: Moe­dig ver­han­de­lings oor die ge­skie­de­nis van plaas­li­ke on­der­ne­mings aan; stel ’n kur­sus in sakegeskiedenis in; stel ’n per­ma­nen­te pro­fes­sor aan om die ge­skie­de­nis van A­fri­ka­on­der­ne­mings na te vors; en skep ’n ar­gief van sakegeskiedenis om die do­ku­men­te te be­skerm wat toe­koms­ti­ge ge­ne­ra­sies no­dig sal hê om ons hui­di­ge suk­ses­se en mis­luk­kings te ver­staan. (Wat is by­voor­beeld die les­se uit die mis­luk­king van Mx­it? Wat ’n fan­tas­tie­se ge­val­le­stu­die!)

Dis nie mak­lik om met die tyd- en hulp­bron­be­per­kin­ge van he­den­daag­se sa­ke­sko­le aan dié uit­da­gings te vol­doen nie.tog moet ons har­der pro­beer as ons die vol­gen­de ge­ne­ra­sie sa­ke­lui met die me­de­din­gings­voor­deel van kon­teks wil op­lei. Soos S­te­phen Mihm, pro­fes­sor in ge­skie­de­nis aan die U­ni­ver­si­teit van Ge­or­gia, sê: “Sakegeskiedenis – of die ge­skie­de­nis van ka­pi­ta­lis­me – is nie ’n we­ten­skap nie. Dis ’n ma­nier om na die wê­reld te kyk wat die ge­mors van mens­li­ke e­ko­no­mie­se ak­ti­wi­teit er­ken ter­wyl dit ’n ver­dui­de­li­king bied van so­wel die her­ha­len­de pa­tro­ne van die ver­le­de as die u­nie­ke fak­to­re wat tot die he­de ge­lei het. Ge­skie­de­nis kweek by sa­ke­skool­stu­den­te ’n er­ken­ning dat die he­de niks meer as die voor­punt van die ver­le­de is nie.” ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Jo­han Fou­rie is me­de­pro­fes­sor in e­ko­no­mie aan die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.