Slot­som: Moet spaar vir aftrede SA se groot­ste pri­o­ri­teit wees – of is daar ’n be­ter mo­del?

Sin­ga­poer se Cen­tral Pro­vi­dent Fund stel dié land se men­se in staat om plooi­baar te wees met hoe hul­le hul spaar­geld be­stuur en ge­bruik. Wat kan Suid-a­fri­ka uit so ’n stel­sel leer?

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur An­ne Ca­bot-al­let­z­hau­ser

dink hier­aan: In die so­wat 40 jaar wat men­se in ’n be­roep staan, gaan hul­le meest­al met hul werks­voor­de­le om op ’n ma­nier wat deur ’n an­der par­ty (die raad van trus­tees of die werk­ge­wer) uit­ge­dink is. Dié ma­nier moet op sy beurt werk­ne­mer­be­hoef­tes op­los wat so ver­al­ge­meen is dat dit nie nood­wen­dig elke in­di­vi­du se eie be­hoef­tes ver­teen­woor­dig nie.

Met ver­stek-op­sies ál meer die norm, val be­slui­te oor werk­ne­mer­voor­de­le dik­wels in die “op­ge­stel en ver­geet”ka­te­go­rie van fi­nan­si­ë­le be­trok­ken­heid. Dit is dan ook geen ver­ras­sing nie dat werk­ne­mers nóg e­mo­si­o­neel in die pro­ses be­lê is, nóg fi­nan­si­eel slim­mer an­der­kant uit­kom.

Maar wat as ons die saak heel­te­mal an­ders be­skou – en in die pro­ses ook die moont­li­ke op­los­sings?

Wat as ons aan werk­ne­mers sê: “Ons wil hê jul­le moet in ’n lang­ter­myn-spaar­pro­gram be­trok­ke raak. Dit is goed vir jul­le, jul ge­sin­ne en die e­ko­no­mie. Maar kom ons ver­breed jou ge­leent­he­de wat be­tref hoe jy dié spaar­geld in elke fa­se van jou fi­nan­si­ë­le si­klus kan ge­bruik vir din­ge wat vir jóú ter­saak­lik is.”

Ons glo men­se sal dan meer aan­dag gee. Selfs be­lang­ri­ker: Sou ons ons fo­kus ver­skuif na die ont­wik­ke­ling van ho­ër vlak­ke van fis­ka­le ver­ant­woor­de­lik­heid en fi­nan­si­ë­le ken­nis, moet dit se­ker­lik uit­kring na ’n af­na­me in men­se se af­hank­lik­heid van die re­ge­ring?

In ons wor­ste­ling met dié soort vrae het ons op ’n land af­ge­kom wat pre­sies dié vraag­stuk­ke suk­ses­vol aan­ge­pak het.

Sin­ga­poer: ’n S­pre­ken­de voor­beeld

Sin­ga­poer se be­vol­king lyk dalk wê­rel­de ver­wy­der van die soort be­proe­win­ge waar­mee Suid-a­fri­ka­ners oor die laas­te paar ge­ne­ra­sies te kam­pe ge­had het, maar daar is ’n as­pek van Sin­ga­poer se e­ko­no­mie­se suk­ses­ver­haal wat die moei­te werd is om uit te lig. Net voor­dat Sin­ga­poer in 1959 self­re­ge­ring ver­kry het, het dit ge­lyk asof die land ’n soort­ge­ly­ke plan vir maat­skap­li­ke ver­se­ke­ring of pu­blie­ke on­der­steu­ning in wer­king sou stel as ver­skeie an­der post­ko­lo­ni­a­le wel­syn­stel­sels wat deur re­ge­rings ge­fi­nan­sier word. Maar wys­heid het ge­se­ë­vier en die sie­ning het ont­staan dat die land se be­perk­te staats­hulp­bron­ne el­ders be­ter aan­ge­wend kon word. Af­trees­paar­geld is een­vou­dig nie die groot­ste pri­o­ri­teit vir ’n ont­lui­ken­de e­ko­no­mie se staats­kas nie, het Sin­ga­poer se mi­nis­ter van finansies in 1964 op­ge­merk.

Sin­ga­poer het die be­wus­te be­sluit ge­neem dat dit nie in sy be­lang is om ’n wel­syn­staat te word nie. As so­da­nig was die be­lang­rik­ste be­gin­sel van sy ver­plig­te spaar­voer­tuig, die Cen­tral Pro­vi­dent Fund (CPF), dat “elke per­soon daar­voor ver­ant­woor­de­lik is om te be­paal hoe hy sy toe­koms­ti­ge fi­nan­si­ë­le wel­stand ten bes­te kan ver­se­ker”. Dit het be­te­ken dat, hoe­wel bei­de spaar en be­wa­ring in die fonds ver­plig­tend is vir die in­wo­ners van Sin­ga­poer tot op die ou­der­dom van 55, daar steeds ’n bui­ten­ge­wo­ne hoe­veel­heid vry­heid aan in­di­vi­due ge­gee is wat be­tref hoe hul­le dié fond­se wil aan­wend om hul fi­nan­si­ë­le be­sker­ming te ver­se­ker.

In die CPF kan in­di­vi­due be­sluit of hul­le hul spaar­geld wil ge­bruik vir hul be­hui­sing, ver­de­re op­lei­ding (of dié van hul kin­ders), hul ge­sond­heid (met op­sies vir ba­sie­se me­die­se dek­king, by­ko­men­de hos­pi­taal­dek­king vir ’n nood­ge­val of ver­sor­ging as ver­swak­te be­jaar­des ná aftrede), hul be­leg­gings, hul in­kom­ste­be­sker­ming, ’n aan­vul­ling van an­der ge­sins­le­de se af­tree- of me­die­se dek­king, of, uit­ein­de­lik, ver­se­ke­ring teen lang­le­wend­heid.

Ver­al op­val­lend van die Sin­ga­poer-mo­del is dat dit er­ken­ning gee aan die be­lang­rik­heid om vir aftrede te spaar, maar dat dit nie be­skou word as die e­nig­ste be­lang­ri­ke pri­o­ri­teit vir ’n ont­wik­ke­len­de e­ko­no­mie of die bur­gers van daar­die e­ko­no­mie wat steeds suk­kel om die ba­sie­se nood­saak­lik­he­de te be­kom wat hul­le in staat sal stel om ’n le­wens­vat­ba­re fi­nan­si­ë­le be­staan te voer nie.

Op die oog af lyk dit on­aan­vaar­baar dat ’n ver­plig­te spaar­mo­del 40% van ie­mand se in­kom­ste ver­eis. Neem eg­ter in ag hoe­veel ’n in­di­vi­du reeds aan be­hui­sing, op­voe­ding, me­die­se hulp, aftrede en ri­si­ko­be­sker­ming toe­wys en dit kom op baie meer as 40% uit. Die Sin­ga­poer-mo­del ar­gu­men­teer bloot dat mens ’n baie gro­ter kans staan om in al dié be­hoef­tes te voor­sien as die spaar­ver­eis­tes ge­sa­ment­lik en kos­te­doel­tref­fend be­stuur word.

Van­dag het Sin­ga­poer een van die hoog­ste spaar­koer­se ter wê­reld (24%), ’n kort­kop ag­ter C­hi­na en In­dië; hy het ’n skuld­wan­be­ta­lings­koers wat ge­rui­me tyd reeds be­sten­dig bly op tus­sen 0,12% en 0,15%; en is eer­ste op die rang­lys in die S­ta­te S­treet Cen­ter for Ap­p­lied Re­se­arch se 2014-stu­die oor fi­nan­si­ë­le ge­let­terd­heid.

Die ver­nu­wend­ste as­pek van die SVF is dalk die er­ken­ning dat in­di­vi­due slegs werk­lik by ’n lang­ter­myns­paar­plan be­trek kan word as hul­le die bron­ne in hul spaar­re­ke­ning op stra­te­gie­se pun­te van hul fi­nan­si­ë­le le­wen­si­klus sal kan be­nut. In die loop van men­se se fi­nan­si­ë­le le­wen­si­klus kan hul­le dié fond­se uit­ein­de­lik vir ge­se­lek­teer­de doel­wit­te vir die op­bou van ba­tes en die ont­wik­ke­ling van ka­pi­taal ge­bruik, ter­wyl hul­le ter­self­der­tyd ver­se­ker daar is min­stens re­ser­wes om hul in­kom­ste ná aftrede en me­die­se­fonds­be­hoef­tes te fi­nan­sier.

Sou ’n soort­ge­ly­ke mo­del vir Sui­d­a­fri­ka kon werk?

Is dié stel­sel nood­wen­dig ’n voor­beeld vir Suid-a­fri­ka? Waar­skyn­lik nie in sy hui­di­ge ge­daan­te nie. In die eer­ste plek is dit ’n vol­ko­me staats­ge­ad­mi­nis­treer­de pro­jek. In dié sta­di­um van ons land se ont­wik­ke­ling het die re­ge­ring te veel an­der pri­o­ri­tei­te om so ’n am­bi­si­eu­se pro­jek aan te pak. Niks ver­hin­der eg­ter die p­ri­va­te sek­tor, en ver­al werk­ge­wers, om aan hul werk­ne­mers iets te bied wat met dié “ge­lei­de ar­gi­tek­tuur” vir hul werk­ne­mers se fi­nan­si­ë­le be­plan­ning oor­een­stem nie.

Die feit is dat Suid-a­fri­ka nie ’n pro­bleem met be­jaar­des het nie. Ons de­mo­gra­fie­se pro­fiel ver­skil heel­te­mal van dié van We­ster­se en selfs Oos­ter­se e­ko­no­mieë. Suid-a­fri­ka het ’n jeug­dig­heids­pro­bleem. En ten­sy ons ’n ma­nier kan vind om fa­mi­lies se spaar­geld te her­ont­plooi om die uit­da­ging van so­si­a­le mo­bi­li­teit te pak, sal dit ’n fu­tie­le oe­fe­ning wees om men­se te dwing om hoof­saak­lik daar­op te fo­kus om vir aftrede te spaar.

Sou al­mal eg­ter kon saam­stem dat die gees van als wat dié mo­del pro­beer bereik be­lang­rik is en ons nie vas­haak by po­gings om die be­son­der­he­de van Sin­ga­poer se pro­gram na te boots nie, is daar na ons me­ning baie van die kern van hier­die mo­del wat ons deur ons p­ri­va­te werk­plek­fond­se kan be­gin vas­vang.

Suid-a­fri­ka­ners tree tans af met ’n ver­van­gings­ver­hou­ding van 32%. Die re­de is dat slegs so­wat 8% van werk­ne­mers wat van werk ver­an­der blyk­baar selfs net ’n deel van hul vo­ri­ge spaar­geld be­waar, lui­dens die A­lex­an­der

For­bes Mem­ber Wa­tch Sur­vey van 2015. Tot­dat ons die vraag­stuk­ke uit­stryk oor wat in ons lang­ter­myns­paar­pro­gram ver­plig­tend moet wees, sal dit die norm bly.

Ons kan dié werk­lik­heid só han­teer:

■ Ons kan vra of dit werk­lik die be­lang­rik­ste mik­punt is om ’n ver­van­gings­ver­hou­ding van 75% te ver­se­ker wan­neer daar ver­skeie ma­nie­re is waar­op in­di­vi­due ’n be­sten­di­ge af­tree­om­ge­wing met meer as dié uit­druk­li­ke in­kom­ste kan ver­se­ker.

■ Ons kan men­se se ver­bin­te­nis tot ’n lang­ter­myns­paar­pro­gram ver­leng deur dit vir hul­le moont­lik te maak om naas af­tree­in­kom­ste ook vir an­der nood­saak­lik­he­de op­los­sings te vind.

■ Voor­sie­ning vir nood­ge­val­le kan ge­maak word in ’n spaar­pro­duk wat men­se in staat stel om van hul re­ser­wes te ge­bruik eer­der as om ge­dwing te word om hul fonds te laat uit­be­taal.

■ Wat ons le­de werk­lik no­dig het, is pro­duk­te en op­los­sings wat hul­le leer hoe om op hul fi­nan­si­ë­le reis van punt A tot by punt B te kom. Dit is by­voor­beeld nie ge­noeg om aan men­se op­sies soos huis­le­nings teen hul pen­si­oen­fonds as waar­borg te bied nie. Die eint­li­ke uit­da­ging vir eer­ste­ba­te-ei­e­naars is nie so­seer die fi­nan­sie­ring daar­van nie, maar om te leer hoe om die voort­ge­set­te fi­nan­si­ë­le ver­ant­woor­de­lik­heid van ba­te­be­sit te be­stuur.

Ten slot­te: ’n Doel­tref­fend saam­ge­stel­de voor­de­le­pro­gram kan ’n krag­ti­ge raam­werk wees vir die skep van ’n ge­tei­ken­de fi­nan­si­ë­le be­plan­nings­mid­del wat die be­lan­ge van al­le Suid-a­fri­kaan­se werk­ne­mers dien.

Hoe ver kan ons ons hui­di­ge raam­werk vir werk­ne­mer­voor­de­le wy­sig en hoe na­by kan ons daar­aan kom om iets van Sin­ga­poer se suk­ses­ver­haal ons eie te maak? Ons dink ver­der as wat jy dalk sou re­ken.

In­di­vi­due kan slegs werk­lik by ’n lang­ter­myns­paar­plan be­trek word as hul­le die bron­ne in hul spaar­re­ke­ning op stra­te­gie­se pun­te van hul fi­nan­si­ë­le le­wen­si­klus sal kan be­nut.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.