Af­tree­fonds­struk­tuur: Is aftrede na­tuur­lik en on­ver­my­de­lik?

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur Mark Ha­wes

het men­se nog al­tyd af­ge­tree? Die kort ant­woord op hier­die vraag is nee. Dit lei dan tot die vraag: Wan­neer het ons be­gin af­tree? Is aftrede vol­hou­baar? Maar kom ons kyk eers wat is aftrede. In die al­ge­meen ver­wys aftrede daar­na om for­me­le werk te los en al­le in­kom­ste­skep­pen­de ak­ti­wi­tei­te te staak. Wet­lik ver­wys aftrede na jou be­las­ting­sta­tus en toe­gang tot jou af­trees­paar­geld in­ge­vol­ge die be­skik­ba­re op­sies vir be­leg­ging ná aftrede.

Het men­se dan al­tyd ’n punt bereik waar hul­le op­ge­hou het om ’n ak­tie­we in­kom­ste te ver­dien?

His­to­ries het ons een­vou­dig nie lank ge­noeg ge­le­we om eens die moont­lik­heid te oor­weeg om op te hou werk nie. In die 18de eeu was die le­wens­ver­wag­ting net 35 en dit het tot net meer as 50 ge­styg na­dat A­lex­an­der F­le­ming in 1928 pe­ni­sil­lien uit­ge­vind het. Ge­volg­lik het men­se een­vou­dig tot hul af­ster­we so­veel moont­lik ge­werk.

Daar­by was dit baie moei­lik om te spaar, want e­ko­no­mieë is deur ’n be­staan­s­leef­styl oor­heers; fe­o­da­le leen­stel­sel­soort be­las­ting is ge­bruik om die heer­sers te on­der­hou eer­der as dat dit vir die bur­gers be­nut is, en fi­nan­si­ë­le spaar­stel­sels was ten bes­te e­le­men­têr.

Waar kom aftrede dan van­daan en waar­om op 65? Die per­soon wat al­ge­meen be­skou word as die uit­vin­der van dié soort aftrede is kan­se­lier Ot­to von Bis­marck in 1883, maar sy doel was groot­liks om hom ge­wil­der on­der sy men­se te maak en om die vlaag van toe­ne­men­de Marx­is­me in Eu­ro­pa te keer. Hy het aan­ge­kon­dig dat hy

’n pen­si­oen aan e­nig­ie­mand van 65 of ou­er sou be­taal. Dit was veel ho­ër as die le­wens­ver­wag­ting van die be­vol­king in die 1880’s en daar­om ’n taam­lik vei­li­ge op­sie vir die staats­kas.

Daar­by het die Ny­wer­heids­om­wen­te­ling tot ’n ten­dens van ver­ste­de­li­king ge­lei met men­se wat uit ’n plat­te­land­se le­we na ny­wer­heid- en sa­ke­ste­de ge­gaan het. We­ten­skap­li­ke mo­ti­ve­rings is aan­ge­voer om te sê dat men­se ou­er as 60 van­weë min­der lig­gaam­li­ke ver­mo­ëns min­der pro­duk­tief was – die be­rug­ste daar­van is die be­roem­de dok­ter Wil­li­am O­sler, wat ge­re­ken het dat die ge­mid­del­de wer­ker ná 60 “nut­te­loos” is.

Die i­dee om op ’n se­ke­re ou­der­dom op te hou werk is ’n taam­lik on­lang­se uit­vin­ding. Tog is dit tyd dat die kon­sep aan­ge­pas word om be­ter by van­dag se om­stan­dig­he­de te pas

Die ont­staan van pen­si­oen­fond­se

Aftrede het daar­om ge­wil­der ge­word as ’n e­ko­no­mie­se nood­saak­lik­heid toe men­se lan­ger be­gin leef het, werk­loos­heid ná die Groot De­pres­sie van 1929 pos­ge­vat het, en jong mans ná die Eer­ste en T­wee­de Wê­reld­oor­log te­rug­ge­keer en werk ge­soek het. In 1935, het P­res. Frank­lin D. Roo­se­velt van A­me­ri­ka die Wet op Be­staans­be­vei­li­ging voor­ge­stel waar­vol­gens wer­kers ou­der­doms­ver­se­ke­ring vir hul eie toe­koms moes be­taal. Aftrede het ’n e­ko­no­mies ak­tie­we op­sie ge­word om “be­jaar­des” uit die werk te druk en plek vir nu­we werk­soe­kers te maak, en ont­span­ning is as die be­lo­ning vir ja­re van har­de werk voor­ge­hou.

Suid-a­fri­ka het in 1956 by die af­tree­stel­sel van werk­ge­wer­ge­gron­de af­tree­plan­ne aan­ge­sluit toe die Pen­si­oen­fonds­wet aan­vaar is. Die vas­te­voor­deel­struk­tuur is aan­vank­lik ver­kies. Al is dit ’n fan­tas­tie­se mo­del in bloei­tye, hou dit in e­ko­no­mies moei­li­ke tye ’n be­dui­den­de en moont­lik ver­lam­men­de ri­si­ko vir so­wel werk­ge­wers as werk­ne­mers in.

’n Be­dui­den­de oor­ska­ke­ling na vas­te­by­drae-ske­mas vind se­dert die eeu­wis­se­ling plaas waar af­trees­paar­geld heel­te­mal van die werk­ge­wer ge­skei en gro­ter ver­ant­woor­de­lik­heid na die werk­ne­mer oor­ge­plaas word. Die werk­ge­wer se rol het van ’n pa­ter­na­lis­tie­se een na dié van on­der­steu­nen­de fa­si­li­teer­der ver­an­der. Werk­ne­mers het nou ’n meer sen­tra­le rol om hul eie af­tree-uit­koms­te te be­paal, wat nood­wen­dig met gro­ter ver­ant­woor­de­lik­heid en ri­si­ko ge­paard­gaan. Dis iro­nies dat al het men­se so­wel die tyd as die spaar­geld om ná aftrede ’n ont­span­nings­leef­styl te fi­nan­sier, dit steeds die uit­son­de­ring eer­der as die norm is. Tans kan net 2% van die wer­ken­de be­vol­king dit be­kos­tig om af te tree en hul hui­di­ge leef­styl te be­hou, en net 10% kan dit hoe­ge­naamd be­kos­tig om op te hou werk (af te tree). Die mees­te men­se het nie ’n an­der keu­se as om ’n an­der ma­nier te vind om ’n ak­tie­we in­kom­ste te skep nie. Dit blyk uit die tal­le af­tree­fond­s­le­de wat hul af­tree­be­spa­ring te gel­de maak (so­wat 80%) om so­wel voor as ná aftrede vir in­kom­ste­skep­pen­de ge­leent­he­de voor­sie­ning te maak.

2% Tans kan net van die wer­ken­de be­vol­king dit be­kos­tig om af te tree en hu l hui di­ge leef styl te be­hou, 1 0 % en net kan dit hoe­ge­naamd be­kos­tig om op te hou werk (af te tree).

Ken­nis­ge­gron­de werk

Ge­luk­kig het die aard van werksgeleenthede van ar­beids­ge­gron­de na ken­nis­ge­gron­de werk ont­wik­kel. In ’n land­bou­ge­rig­te e­ko­no­mie is ’n per­soon se waar­de op lig­gaam­li­ke krag ge­grond. Toe ons nie meer goed

’n Werk­lo­se man in 1931 in ’n straat in Ber­lyn, Duits­land, ge­du­ren­de die Groot De­pres­sie, dra ’n plak­kaat wat aan­dui dat hy e­ni­ge soort werk sal aan­vaar aan­ge­sien hy geen by­stand het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.