Le­wens­ver­wag­ting: Die weg na nie-aftrede

Men­se leef al hoe lan­ger. Wat be­te­ken dit vir dié wat geld vir aftrede weg­sit? En kan jy dink dat jy die­self­de werk meer as 70 jaar lank moet doen?

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur De­on Gouws

toe ek in die laat 1980’s met ’n loop­baan by een van die vier groot re­ke­ning­kun­di­ge fir­mas be­gin het, het my nu­we werk­ge­wer in die eer­ste week ’n be­kend­stel­lings­pro­gram ge­re­ël. Een van die aan­bie­dings was deur die hoof van die af­de­ling vir persoonlike fi­nan­si­ë­le be­plan­ning wat só be­gin het: “Oor 40 jaar sal 15% van jul­le dood wees – en hul­le sal die ge­luk­ki­ges wees!”

Hy het na­tuur­lik ver­wys na die werk­li­ke ge­vaar daar­van om lan­ger as mens se geld te leef, ver­al in die kon­teks van ’n groep nuut­ge­kwa­li­fi­seer­de be­roeps­lui met ’n taam­lik groot ge­neigd­heid vir ver­bruik.

Meer as 30 jaar la­ter kan dié waar­sku­wing oor fi­nan­si­ë­le ge­sond­heid van­dag nie méér ge­pas wees nie.

Eer­stens sal ons al­mal waar­skyn­lik selfs lan­ger leef as wat vroe­ër ver­wag is. S­tu­dies toon dat dank­sy ’n ge­son­der leef­styl in die Wes­te en tal­le vor­de­rings op me­die­se gebied, die le­wens­ver­wag­ting die af­ge­lo­pe drie de­ka­des al­leen met so­wat drie tot vyf jaar ge­styg het (die pre­sie­se sy­fer word deur ’n aan­tal fak­to­re be­ïn­vloed, waar­on­der die land waar­in jy woon, en ge­slag).

Trou­ens, as mens die te­o­rieë van die B­rit­se ken­ner van ou­der­doms­ver­skyn­sels Au­brey de G­rey aan­vaar – wat re­ken dat die mees­te be­ken­de doods­oor­sa­ke uit ’n bi­o­lo­gie­se oog­punt óf heel­te­mal uit­ge­ska­kel óf dras­ties ver­traag kan word – le­we daar dalk van­dag men­se wat 1 000 jaar oud sal kan word... dink net wat­ter pen­si­oen­kri­sis dit sal ver­oor­saak!

Die feit dat ons lan­ger leef, is eg­ter nie al wat ons fi­nan­si­ë­le wel­stand op lang ter­myn be­dreig nie. Ons leef ook in ’n tyd waar­in die ver­wag­te op­brengs op ’n reeks be­leg­gingsal­ter­na­tie­we op of na­by al­ge­he­le laag­te­pun­te is. Vol­gens die nou be­ken­de S­hil­ler-sapv-ver­hou­ding (si­klies aan­ge­pas­te prys-ver­dien­ste-ver­hou­ding) ver­han­del aandele teen veel­vou­de wat die af­ge­lo­pe 140 jaar maar twee keer voor­ge­kom het. Dit hou nou ver­band met die werk wat die ge­re­ken­de internasionale be­leg­gings­maat­skap­py GMO doen waar­van die mees on­lang­se voor­spel­lings vir al die groot ba­te­klas­se in die gra­fiek hier­bo aan­ge­dui word.

Die bood­skap is daar­om dat die vol­gen­de de­ka­de of lan­ger nie ’n tyd is waar­in jy veel by­stand deur die mark moet ver­wag om be­te­ke­nis­vol­le wel­vaart te skep nie. Daar­om moet die mees­te van ons ons waar­skyn­lik voor­be­rei op ’n lan­ger loop­baan as wat jy vroe­ër ge­dink het (ten­sy mens na­tuur­lik ge­luk­kig ge­noeg is om reeds ’n aan­sien­li­ke nes­ei­er te hê).

Nog iets wat mens in ag moet neem, is dat baie van ons in die vol­gen­de paar jaar pro­fes­si­o­neel kan uit­sterf, want by­kans elke werks­om­ge­wing word deur teg­no­lo­gie­se voor­uit­gang ont­wrig. Die kans is goed dat jy bin­ne­kort by­voor­beeld as ’n in­houds­mo­ni­tor by ’n lei­den­de so­si­a­le­me­dia-web­werf her­op­ge­lei sal moet word, in plaas van om as “ge­wo­ne” joer­na­lis te werk.

Van joer­na­lis­te ge­praat: Lu­cy Kel­la­way, be­ken­de ru­briek­skry­wer vir die Fi­nan­ci­al Ti­mes, het on­langs aan­ge­kon­dig dat sy haar lo­nen­de werk by die koe­rant ná 31 jaar gaan los om die rol van ’n wis­kun­de­on­der­wy­ser by ’n “uit­da­gen­de” ho­ër­skool in Lon­den te aan­vaar. Daar­by skep sy ook ’n or­ga­ni­sa­sie om an­der be­roeps­lui aan te moe­dig om soos sy die res van hul loop­baan in die klas­ka­mer deur te bring.

Kel­la­way se loop­baan­ver­an­de­ring is ’n baie goeie voor­beeld van iets wat die be­stuurs­ghoe­roe Pe­ter Druc­ker in sy boek Ma­na­ge­ment C­hal­len­ges for the 21st Cen­tu­ry be­spreek. In ’n hoof­stuk ge­ti­teld “Ma­na­ging O­ne­self” raai Druc­ker die le­ser aan om vir die t­wee­de helf­te van die le­we ge­reed te maak en noem die voor­beeld van Max Planck, wat nie een nie maar in werk­lik­heid nog twee loop­ba­ne ge­had het na­dat hy in sy 40’s as ’n baan­bre­ker­we­ten­skap­li­ke af­ge­tree het.

“Soek ’n werk wat jy ge­niet om te doen en jy sal nooit in jou le­we weer hoef te werk nie” – dié aan­ha­ling is al aan Con­fu­ci­us, Mar­cus An­to­ni­us, Markt­wain en tal­le an­der fi­lo­so­we en skry­wers toe­ge­dig. Maar wie ook al dié wy­se woor­de eer­ste ge­sê het, hul­le hou be­slis heel­wat waar­heid in as mens be­wus ge­noeg van jou­self is om be­ter en meer in­ge­lig­te be­slui­te te neem.

Die groot­ste voor­deel daar­van om la­ter in jou le­we die “per­fek­te” werk te vind, is eg­ter dat dit veel be­ter is as om voor­ty­dig af te tree (en die be­dui­den­de fi­nan­si­ë­le ri­si­ko te loop wat daar­mee ge­paard­gaan). Ek pas daar­om die aan­ha­ling só aan: Soek ’n werk wat jy ge­niet om te doen en jy sal nie be­kom­merd hoef te wees wan­neer dit tyd is om af te tree nie! ■

De­on Gouws, CFA, is die be­leg­gings­hoof van C­re­do We­alth.

Die groot­ste voor­deel daar­van om la­ter in jou le­we die “per­fek­te” werk te vind, is eg­ter dat dit veel be­ter is as om voor­ty­dig af te tree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.