Kom­mer oor be­snoei­ings

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

Die JSE se aan­kon­di­ging dat hy tot 60 van sy per­so­neel­le­de gaan af­dank, is sleg­te nuus. Dit is nooit goed om te hoor dat men­se hul werk ver­loor nie. Die twee­de helf­te van sy on­der­ne­ming van kos­te­be­snoei­ing is ’n “ver­min­de­ring van die JSE se teg­no­lo­gie­se uit­ga­wes met ’n mi­ni­mum van R70 mil­joen oor ’n tyd­perk van twee jaar” en dit kan ’n bron van kom­mer wees.

Ek het al voor­heen ge­sê dat die JSE groot teg­nie­se uit­da­gings met sy ma­ke­laars­han­de­laars­re­ke­ning-stel­sel (Mhr-stel­sel) het en dat hy die stel­sel moet mo­der­ni­seer, ver­al om­dat teg­no­lo­gie die ge­bied is waar nu­we beur­se teen die ou­es kan mee­ding. Min­der be­ste­ding aan teg­no­lo­gie kan daar­toe lei dat hy al hoe ver­der ag­ter raak by die teg­no­lo­gie­stel­sels van die nu­we beur­se. Die gro­ter prent­jie is dat vo­lu­mes op die JSE van­jaar heel­wat la­er is, en dit be­na­deel sy in­kom­ste. Dit maak dit ook moei­li­ker vir nu­we toe­tre­ders om kri­tie­ke mas­sa te ver­kry. My be­kom­mer­nis is dat ek nie glo ons mark is werk­lik groot ge­noeg vir vier beur­se nie, en hoe­wel die JSE son­der twy­fel sal oor­leef, kan die dae van mak­li­ke wins­te ver­by wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.