Sal hy la­ter weer pro­beer?

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

Syg­nia het die voor­waar­des aan­ge­kon­dig van sy reg­te-uit­gif­te om vir die Deut­sche Bank X-trac­kers te be­taal. Die goeie nuus is dat die maat­skap­py slegs R160 mil­joen ver­kry, ter­wyl daar ver­wag is dat hy die vol­le R320 mil­joen sou ver­kry. Die sleg­te nuus is dat die nu­we aan­de­le teen 900c uit­ge­reik word, aan­ge­sien die Syg­nia-aan­deel­prys tot dus­ver van­jaar met so­wat 37% ge­daal het. Die 900c is net 60c bo die no­te­rings­prys van 840c in Ok­to­ber 2015. Hy sou ver­kies­lik die geld wou ver­kry het teen ’n veel ho­ër aan­deel­prys, so­dat die nu­we aan­de­le teen sê maar 1 500c uit­ge­reik kon word. Maar ’n la­er aan­deel­prys be­te­ken ’n la­er uit­gif­te­prys, en om ver­wa­te­ring tot ’n mi­ni­mum te be­perk, ver­kry die maat­skap­py slegs die helf­te van die geld. Dit laat die vraag ont­staan of hy la­ter sal te­rug­keer na die mark as die aan­deel­prys ho­ër is om die res van die geld te ver­kry. Mis­kien sal hy dit doen vir die veel­be­spro­ke uit­brei­ding in die Ver­e­nig­de Ko­nink­ryk?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.