Swak, maar nie ’n ramp nie

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

Die ver­wag­te han­dels­ver­slag van Wool­wort­hs* is hier, en dit lyk sleg. We­sens­ver­dien­ste per aan­deel (WVPA) sal na ver­wag­ting 5% tot 10% daal, ter­wyl ek ver­wag het dat dit plat of net ef­fens la­er sou wees. Dit is dus ’n bie­tjie er­ger as wat ver­wag is. Voed­sel­ver­ko­pe is s­wak­ker om­dat som­mi­ge ver­brui­kers goed­ko­per koop; en kle­ding suk­kel steeds, soos die he­le sek­tor plaas­lik, met nu­we toe­tre­ders wat mark­aan­deel oor­neem. Hier­die af­de­ling het ef­fens be­ter ge­vaar as wat ek ver­wag het, aan­ge­sien ek ge­dink het dat meer ko­pers goed­ko­per han­dels­na­me sou koop. Dit wil blyk as­of dit nog nie so baie ge­beur nie. Aus­tra­lie­se ak­ti­wi­tei­te was ge­meng, met Coun­try Ro­ad wat uit­ein­de­lik ’n be­ter twee­de helf­te be­leef het. Dus, swak oor die al­ge­meen, maar nie ’n ramp nie. Wool­ies sal in moei­li­ke e­ko­no­mie­se om­stan­dig­he­de suk­kel. As ’n aan­deel­hou­er ver­wag ek dit, en ek hou my aan­de­le.

R160

Die goeie nuus is dat die maat­skap­py slegs mil­joen

ver­kry, hoe­wel daar ver­wag is dat hy die vol­le R320 mil­joen sou ver­kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.