Pa­s­op vir ‘pro­fes­si­o­ne­le be­re’

Daar is tal­le pes­si­mis­te in die be­leg­gings-wê­reld – die­ge­ne wat voort­du­rend ver­wag dat die in­ter­na­si­o­na­le markte in­een gaan stort. Wat kan ons by hul­le leer?

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur Si­mon Bro­wn

laas na­week het ek ’n pro­fes­si­o­ne­le beer ont­moet. Nee, nie ’n beer wat jy in ’n die­re­tuin sal sien of in die bos sal te­ë­kom nie, maar ’n mark­beer; ie­mand wat dink dat die mark e­ni­ge oom­blik in­een gaan stort en dat dit tot die ein­de van fi­nan­si­ë­le markte sal lei. Meer spe­si­fiek is dit ie­mand wat dit al die af­ge­lo­pe 15 jaar of so dink en daar­oor praat, dus noem ek hul­le “pro­fes­si­o­neel”.

Dit het my aan baie goed laat dink. Eer­stens noem ek hom ’n pro­fes­si­o­ne­le beer om­dat hy al se­dert 2002 daal­sen­ti­men­te toon en om­dat al­les wat hy skryf of sê dit toon. Hy het nog nooit ’n koop-aan­be­ve­ling ge­doen nie, be­hal­we goud – maar meer daar­oor la­ter. Hy be­stee sy he­le le­we as be­leg­ger deur die ein­de van die wê­reld te voorspel, en tot nou toe was hy ver­keerd. Ja, vir ’n oom­blik was hy reg met die 2008-’09 wêreldwye fi­nan­si­ë­le kri­sis, maar hy was net ge­deel­te­lik reg om­dat sa­ke wel ver­be­ter het. En die af­ge­lo­pe agt jaar se­dert die ein­de van dié kri­sis sê hy dat dit maar net die be­gin was en dat selfs gro­ter mar­ki­neen stor­tings op pad is.

Jy kan hier­uit sien dat ek in we­se ’n “pro­fes­si­o­ne­le bul” is om­dat ek nog­al ver­troue in markte het. Ja, hul­le stort wel el­ke dan en wan in­een en die slag van 2008-’09 was erg. Maar met ver­loop van tyd styg markte en ons het baie be­wy­se vir dié stel­ling. As ons dit ’n stap ver­der voer, kan ons sê markte is ont­werp om te styg. In­fla­sie help maat­skap­pye om hul wins te ver­be­ter en der­hal­we hul aan­deel­pry­se. Die ver­loor­der­aan­de­le sin ken/ of ver­laat die mark, ter­wyl die wen­ners tot bo styg. Daar is ’n in­ge­bou­de sy­dig­heid vir markte om met ver­loop van tyd te styg.

Maar dié fei­te bring ons pro­fes­si­o­ne­le beer nie van stryk nie. Hy skryf boe­ke wat ’n groot en ge­wil­li­ge mark het. Hy ver­tel op TV aan die­ge­ne wat wil luis­ter van die don­ker tye wat voor­lê. En hy sê aan al­mal om goud te koop. Maar hy is op die oom­blik heel­te­mal ver­keerd aan­gaan­de goud. Ge­du­ren­de die 2008-’09-kri­sis het goud erg ge­daal om­dat dit al­mal die skrik op die lyf ge­jaag het en al­mal het al­les ver­koop, selfs goud. Ja, goud het uit­ein­de­lik ge­styg en in Au­gus­tus 2011 ’n hoog­te­punt be­reik. Maar as be­leg­ging was goud ten bes­te ma­tig; en dik­wels aak­lig. My kom­men­taar aan hom is dat sou die fi­nan­si­ë­le wê­reld heel­te­mal in­een­stort, sal goud ook nut­te­loos wees. Wie wil die swaar geel me­taal nou met jou rond­dra? Waar­de sal in wa­ter, saad en mis­kien vuur­wa­pens en am­mu­ni­sie wees. Diens­te sal ook nut­tig wees, men­se wat goed kan reg­maak, wat goed kan kweek en goed kan maak. Dit sal al­les vir voed­sel of ver­blyf ge­ruil kan word. Nie­mand sal goud no­dig hê nie.

Die punt wat ek met be­trek­king tot dié ont­moe­ting wil maak, is dat hy maar net een van tal­le pro­fes­si­o­ne­le be­re is. Daar is ’n he­le be­dryf wat uit die wan­hoop voor­spel­lings be­staan. Nou en dan is hul­le reg, soos in 2008'09, maar in die al­ge­meen is hul­le nie. Ons bes­te re­ak­sie is om hul­le toe te laat om vir ons ’n bier of ’n kop­pie kof­fie te koop, na hul sto­rie te luis­ter en dan niks te doen nie. Die pro­fes­si­o­ne­le be­re klink al­tyd vrees­aan­ja­end en is al­tyd oor­tui­gend, maar hul­le is ook al­tyd op lang ter­myn ver­keerd.

Dus, moe­nie jou por­te­feul­je op die ad­vies van ’n pro­fes­si­o­ne­le beer skoei nie. Moe­nie al­les ver­koop en in kon­tant of goud be­lê om­dat ’n pro­fes­si­o­ne­le beer jou bang ge­maak het nie.

Ont­hou, met ver­loop van tyd styg markte en hoe­wel hul­le dik­wels in­een­stort, kon nie­mand nog ooit ’n in­een­stor­ting ak­ku­raat voorspel nie. Deur el­ke dag ’n in­een­stor­ting te voorspel en as dit uit­ein­de­lik ge­beur te sê dat jy reg was, maak jou nie ’n des­kun­di­ge voor­spel­ler nie. Dit maak van jou ’n pro­fes­si­o­ne­le beer. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Moe­nie jou por­te­feul­je op die ad­vies van ’n pro­fes­si­o­ne­le beer skoei nie. Moe­nie al­les ver­koop en in kon­tant of goud be­lê om­dat ’n pro­fes­si­o­ne­le beer jou bang ge­maak het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.