Eie me­ning: Pal­ling­hurst, South32

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur Mox­i­ma Ga­ma

Die ge­di­ver­si­fi­seer­de myn groep, South32, wat ver­le­de jaar ge­stig is na­dat BHP van sy nie-kern­ba­tes ont­slae ge­raak het, het ’n goeie lo­pie op die JSE ge­had en het oor die af­ge­lo­pe jaar ’n op­brengs van 44% vir aan­deel­hou­ers ge­had. Dit maak dit een van die top pr es­ter en­de ge­di­ver­si­fi­seer­de myn­maat­skap­pye oor die tyd­perk op die J SE.

Die maat­skap­py se aan­deel­prys het eg­ter te­rug­ge­sak na­dat hy die staak van on­der­grond­se be­dry­wig­he­de by die A p pi n steen­kool­myn in Aus­tra­lië aan­ge­kon­dig het weens kom­mer oor vei­lig­heid. Ap­pin, wat deel is van sy gro­ter Il­la­war­ra Me­tal­lur­gi­cal Co­alon­der­ne­ming en wat aan die ein­de van Ju­nie ge­sluit is, sal na ver­wag­ting lank ge­sluit bly, het die maat­skap­py vroe­ër van­dees­maand ge­sê. Die maat­skap­py sal by­ge­werk­te pro­duk­sie­sy­fers gee wan­neer hy sy re­sul­ta­te op 24 Au­gus­tus be­kend­maak.

South32, wat in Aus­tra­lië ge­se­tel is, myn me­tal­lur­gie­se steen­kool­wa tin staal ver­vaar­di­ging ge­bruik w or­den ter­mie­se steen­kool vir ge­bruik in krag­sen­tra­les, a­lu­mi­ni­um, man­gaan, nik­kel, sil­wer, lood en sink.

Die uit­voe­ren­de hoof, Gra­ham Kerr, het ty­dens ’n on­lang­se aan­bie­ding in Lon­den ge­sê dit word al hoe moei­li­ker vir ge­no­teer­de myn­maat­skap­pye om ter­mie­se steen­kool te pro­du­seer weens teen­kan­ting van be­leg­gers en dat die groep nies y ter­mie­se-steen­kool werk­saam­he­de in Suid-a­fri­ka gaan uit­brei nie, het The Aus­tra­li­an be­rig.

“Ons glo steeds aan me­tal­lur­gie­se steen­kool. Dit het ’n rol om te speel en dit kry nie die on­guns­ti­ge teen­re­ak­sie van be­leg­gers soos in die ge­val van e­ner­gie­s­tee nkool nie,” het Kerr vol­gens die koe­rant ge­sê. South32 be­plan om sy on­e­del me­taal werk­saam­he­de oor die vol­gen­de vyf tot tien jaar uit te b­rei, om ho­pe­lik ko­per ook in te sluit, al­dus Kerr.

Hoe om dit te ver­han­del: South32 ver­han­del se­dert Fe­bru­a­rie tus­sen 2 300 sent per aan­deel en 3 165 sent per aan­deel. Dit het ’n dub­bel­on­der­punt (ge­vorm by 2 445 sent per aan­deel) bo­kant 2 740 sent per aan­deel be­ves­tig. As South32 voort­gaan om bo­kant dié vlak te ver­han­del, koop op prys­sty­ging. Die boon­ste tei­ken sal 3 165 sent per aan­deel wees. An­der­sins sal die af­waart­se nei­ging deur 2 445 sent per aan­deel ’n ver­koop­sein ont­lok, met die on­der­ste doel­wit by 2 445 sent en moont­lik tot by be­lang­ri­ke steun by 2 300 sent per aan­deel. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Gra­ham Kerr Uit­voe­ren­de hoof van South32

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.