Ge­ty be­gin om sta­dig te keer

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

Die on­lang­se ver­la­ging in ren­te­koer­se – die eer­ste ver­la­ging in vyf jaar – was on­ver­wags en, teen slegs 0,25 per­sen­ta­sie­pun­te, boon­op baie be­skeie. Maar dit is ’n be­lang­ri­ke ge­beur­te­nis. Dit was am­per soos die re­ses­sie wat nooit reg­tig ’n groot pro­bleem was nie om­dat die ver­brui­ker so lank onder druk was. Maar die ver­sky­ning van die ge­vrees­de R-woord in die nuus was nie­te­min ’n slag, en dit het die ver­brui­kers­ver­troue swaar ge­tref. Op die­self­de ma­nier bring hier­die ver­la­ging van die koer­se nou ’n ma­te van ver­troue in die e­ko­no­mie te­rug. Die ver­brui­ker bly na­tuur­lik onder druk, dit ly geen twy­fel nie. Maar hier­die koers­ver­la­ging, wat mis­kien deur nog twee la­ter van­jaar ge­volg sal word, help be­slis om die ge­ty sta­dig te be­gin keer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.