Het uit­da­gings Kom­mer oor in­lig­tings­vloei

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

Eoh-aan­de­le het tot hul laag­ste vlak in d­rie jaar ge­val teen 9 600c ná ’n hoog­te­punt van meer as 16 000c ver­le­de jaar. Op hui­di­ge vlak­ke ver­han­del die aan­deel teen ’n goed­koop his­to­rie­se prys-tot-ver­dien­ste-ver­hou­ding (PV) van on­ge­veer 13,5 maal, maar die maat­skap­py het uit­da­gings ra­ken­de sy groei­stra­te­gie. His­to­ries het EOH or­ga­nies en met ag­gres­sie­we ver­kry­gings ge­groei, met die ge­bruik van sy aan­de­le om be­sig­he­de te koop. Die pro­bleem is nou twee­vou­dig. Goed­ko­per aan­de­le be­te­ken min­der waar­de vir geld as jy be­sig­he­de koop. T­wee­dens, met sy groot­te is ver­de­re groei moei­li­ker om te be­haal, om­dat hy groot tran­sak­sies no­dig het om wins te maak, en hoe gro­ter die tran­sak­sie, hoe ho­ër die ri­si­ko’s. Die re­sul­ta­te moet in die mid­del van Sep­tem­ber ver­skyn, en ek sal wag om te sien hoe hul­le lyk voor­dat ek be­sluit om te koop of te ver­koop. MTN het uit­ein­de­lik ’n werk­li­ke han­dels­ver­slag uit­ge­reik met be­son­der­he­de van sy ver­wag­te WVPA. Dié sy­fer sal na ver­wag­ting tus­sen 210c en 230c wees. Dit is la­er as wat die mark ver­wag het en ver onder die 746c van die 2015-boek­jaar, die laas­te jaar voor­dat die Ni­ge­rie­se pro­bleem die te­le­kom­mu­ni­ka­sie­reus oorweldig het. Teen so­wat 12 000c het die­ge­ne wat van die maat­skap­py hou ’n goeie in­tree­prys. Soos ek voor­heen ge­sê het, hou ek nie van die mo­del nie; MTN moet in ’n da­ta­maat­skap­py om­skep word, en dit sal ’n pyn­li­ke pro­ses wees. Be­lang­ri­ker is dat ek ge­hoop het dat ’n nu­we be­stuur aan­deel­hou­ers be­ter sal han­teer ten op­sig­te van be­lang­ri­ke in­lig­ting. Maar die eer­ste Sens-han­dels­ver­slag skep die ver­moe­de dat die ou be­na­de­ring steeds aan­we­sig is, naam­lik dat min­der be­ter is. Dit is baie sleg vir aan­deel­hou­ers. Ons het ’n vrye vloei van in­lig­ting no­dig om be­hoor­li­ke, in­ge­lig­te be­slui­te te neem. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

'n Reeks ont­plof­fings by Ang­lo A­me­ri­can se Kum­ba Ko­lo­me­lays­ter­ert­s­myn na­by Post­mas­burg in die Noord-kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.