Self­doen: Die vrees om die groot ge­leent­he­de mis te loop

Wan­neer jy be­lê, is dit be­lang­rik om ’n lang­ter­myn­sie­ning te hê en nie mee­ge­sleur te word deur ’n on­ein­di­ge ge­jag na die vol­gen­de groot ding nie.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur Si­mon Bro­wn

iin En­gels praat hul­le van "FOMO" - Fe­ar of mis­sing out. En die mees­te van ons lei daar­aan: Ons is bang ons mis die groot ge­leent­he­de. Dit is in ons na­tuur om pres­ta­sie na te jaag. Van ons mo­tors tot ons ont­byt­vlok­kies wil ons die vin­nig­ste, bes­te, nuut­ste, ge­vor­derd­ste goed hê. Mis­kien is dit om­dat be­mar­kers pre­sies weet wat­ter knop­pies om te druk of mis­kien is dit net ’n aan­ge­bo­re mens­li­ke ken­merk. Wat die re­de ook al is, ons is vrees­be­van­ge ons mis die vol­gen­de ten­dens.

Dit be­te­ken ons is soos ’n hond wat sy eie stert jaag. Ons kan hom nooit werk­lik vang nie, en as ons dit wel sou vang, wat dan? Ons be­gin dit weer jaag. Ons is nooit ge­luk­kig nie. Ons soek al­tyd na die vol­gen­de groot ding.

Dit is dus nie ver­ba­send dat ons ook pres­ta­sie in ons be­leg­gings na­jaag nie. Nie­mand gee oor ’n aan­deel om tot­dat dit skie­lik styg nie. Dan wil al­mal meer weet. Hoe hoog gaan dit styg? Wat is die vol­gen­de groot aan­deel? Is dit te laat om te koop?

Ons gaan ook deur­lo­pend ons be­staan­de be­leg­gings na en ver­ge­lyk hul­le met an­der. En wan­neer ons nu­we be­leg­gings koop, gaan dit mees­al oor pres­ta­sie; nie­mand koop aan die on­der­punt van die pres­ta­sie­ta­bel nie. Ons be­gin al­tyd deur na die top­pres­teer­ders te soek.

Die bo­haai oor pres­ta­sie, en ge­woon­lik kort­ter­myn­pres­ta­sie, is nie goed vir ons nie. Ek het on­langs ’n e-pos van ’n le­ser ge­kry wat ’n beurs­ver­han­del­de fonds (ETF) be­sit en wat on­ge­veer 6% daar­by ge­voeg het se­dert hy dit ge­koop het, maar hy is be­kom­merd om­dat ’n an­der ETF oor die­self­de tyd­perk meer as dub­bel die op­brengs ge­le­wer het. Nou wil hy weet of hy moet oor­ska­kel. Dié vraag sien eg­ter et­li­ke be­lang­ri­ke pun­te oor die hoof.

1. Oor­weeg jou ri­si­ko­vlak

Was dit die be­leg­ger se be­doe­ling om die ETF te koop wat die bes­te op­brengs le­wer? Dit is on­waar­skyn­lik, want dan het dit ’n drie­vou­dig hef­boom­ge­fi­nan­sier­de ETF be­hels wat uit­ge­reik is op die een of an­der beurs of ba­te wat nie­mand van ge­hoor het nie en wat waar­skyn­lik eer­der in­een sal stort as in waar­de toe­neem. Dus moet ons aan­vaar dat ons bin­ne ’n ri­si­ko-ge­rief­so­ne koop waar­mee ons ge­luk­kig is en dat ons waar­skyn­lik nie die ETF met die bes­te op­brengs be­sit nie. En dis al­les goed en wel, want ons moet ri­si­ko hê. Dit is im­mers hoe­kom ons be­lê. Maar ons wil aan be­heer­ba­re ri­si­ko bloot­ge­stel wees, nie die ri­si­ko wat ons ban­krot maak nie.

2. Waar­om het jy ’n be­paal­de ETF ge­koop?

Die vraag is dus waar­om die ETF aan­vank­lik ge­koop is. Ge­woon­lik is die ant­woord om­dat die ver­wag­te op­brengs vuur­warm gaan wees en gou e­nor­me wel­vaart gaan skep. Maar dit is nie die ant­woord nie. ’n ETF word vol­gens ’n rits kri­te­ria ge­kies. Dit kan onder meer in­sluit die mark of ba­tes wat hy dek, sy kos­te, di­ver­si­fi­ka­sie, en of dit bui­te­lands of plaas­lik is. Die mees­te van die tyd be­sit ons nie die ETF wat die bes­te pres­teer nie, maar as ons dit sorg­vul­dig kies, is die pro­duk wat ons be­sit van hoë ge­hal­te en sal sy pres­ta­sie met ver­loop van tyd ver­be­ter.

Ons wil aan be­heer­ba­re ri­si­ko bloot­ge­stel wees, nie die ri­si­ko wat ons ban­krot maak nie.

3. Fo­kus op die lang ter­myn

Tyd is nog ’n be­lang­ri­ke punt. Die ver­ge­ly­kings­tyd­perk van die bo­ge­noem­de le­ser was net-net meer as ses maan­de. En ses maan­de is niks in die lang­ter­myn­wê­reld van be­leg­ging nie. Dis ’n groot kwes­sie: ons koop vir die lang ter­myn, maar meet op kort ter­myn? Ons koop- en meet­doel­ein­des moet oor­een­stem en moet lang ter­myn wees.

4. Moe­nie pa­nie­ke­rig raak as jy die ver­keer­de pro­duk ge­koop het nie

Dit is na­tuur­lik moont­lik dat jy die ver­keer­de ETF ge­koop het, maar dis mak­lik oor­kom­baar. Kyk weer waar­om jy dit aan­vank­lik ge­koop het. Was jy ver­keerd? Het jou re­de­na­sie ver­an­der? Het jou ri­si­ko­p­ro­fiel ver­an­der? Maar jy moet nie pres­ta­sie voort­du­rend na­gaan en jou be­kom­mer dat jy ’n fout be­gaan het as jy nie el­ke dag wen nie.

Na­tuur­lik moet jou por­te­feul­jes pres­teer, an­der­sins kan jy tou op­gooi. Maar jy moet ver­sig­tig te werk gaan en jou be­leg­gings die tyd gun om die ver­lang­de pres­ta­sie te le­wer, en el­ke jaar of so daar­na kyk om se­ker te maak dat hul­le aan jou be­leg­gings­kri­te­ria vol­doen. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.