In ont­lui­ken­de mark­te is ver­an­de­ring die e­nig­ste kon­stan­te

Die jaar 2017 is ’n on­stui­mi­ge jaar vir Suid-a­fri­ka. Maar die land is nie al­leen nie.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur Tu­mis­ho Gra­ter

daar word dik­wels ge­sê dat ver­an­de­ring die­self­de uit­wer­king as ’n va­kan­sie kan hê, maar as die tal­le ver­wik­ke­lin­ge wat die af­ge­lo­pe paar maan­de in Suid-a­fri­ka plaas­ge­vind het in ag ge­neem word, sal baie suk­kel om saam te stem. Dit het waar­skyn­lik eer­der die teen­oor­ge­stel­de uit­wer­king ge­had. Die land het in die eer­ste helf­te van 2017 tal­le ver­an­de­rin­ge be­leef en dit was nie al­tyd ten goe­de nie. Baie van die po­si­ti­wi­teit en hoop wat be­leg­gers (en lands­bur­gers) aan die be­gin van die jaar ge­had het, het in die niet ver­dwyn. Die jaar het die be­lof­te van be­ter e­ko­no­mie­se groei in­ge­hou, ge­paard met ’n af­na­me in die toe­ne­men­de werk­loos­heid­sy­fer.

In ste­de was daar tal­le af­gra­de­rings in die eer­ste helf­te van die jaar, as­ook ’n steeds suk­ke­len­de e­ko­no­mie en ’n in­een­stor­ting van sa­ke­ver­troue (wat op die oom­blik op sy swak­ste se­dert 2009 se re­ses­sie is). Daar­be­ne­wens het die al­om ver­an­de­ren­de po­li­tie­ke to­neel baie on­se­ker­heid ge­skep, aan­ge­vuur deur ver­dag­te ver­an­de­rings in lei­er­skap. Boon­op het ver­an­de­rings in re­gu­la­sies vrae laat ont­staan oor po­li­tie­ke en e­ko­no­mie­se be­leid.

Hoe­kom het bin­ne­land­se fi­nan­si­ë­le ba­tes skaars op dié vloed van sleg­te nuus ge­re­a­geer?

Die ant­woord is on­ge­luk­kig nie te vin­de in plaas­li­ke vor­de­ring nie, maar eer­der die steun wat die land van ek­ster­ne fak­to­re ge­kry het.

Selfs al het die A­me­ri­kaan­se Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad (Fed) sy mo­ne­tê­re be­leid stram­mer ge­maak, is die sen­tra­le bank steeds re­ak­tief. Dit het bui­te­land­se ap­tyt vir hoë-op­brengs-ont­lui­ken­de­mark­ba­tes ver­sterk (soos die rand en Suid-a­fri­kaan­se ef­fek­te). Dít, ge­paard met A­me­ri­kaan­se pre­si­dent, Do­nald Trump, se be­lof­tes aan­gaan­de fis­ka­le sti­mu­lus, wat hy maar traag is om te be­werk­stel­lig, het die dol­lar s­wak­ker ge­hou en het ont­lui­ken­de mark­te ’n om­ge­wing ge­bied waar­in hul­le kan ge­dy. Dit is be­lang­rik om te ont­hou dat dié on­der­steu­nen­de ag­ter­grond waar­skyn­lik nie lank sal duur nie en dat dit Suid-a­fri­ka se steeds bro­se e­ko­no­mie sal bloot­stel aan fak­to­re soos die ver­lang­sa­ming in C­hi­na se si­klie­se huis­mark en die ge­volg­li­ke s­wak­ker kom­mo­di­teits­pry­se.

Be­ne­wens dié ek­ster­ne fak­to­re, be­skaam die hoop nie dat ’n ver­an­de­ring in lei­er­skap (óf deur die ver­vol­ging van pre­si­dent Ja­cob Zu­ma óf ’n na­si­o­na­le ver­kie­sing) die e­ko­no­mie­se on­der­pres­te­ring van die af­ge­lo­pe klomp ja­re sal om­keer. Die sce­na­rio van be­ter toe­koms­ti­ge e­ko­no­mie­se be­stuur is ook ge­deel­te­lik deur be­leg­gers in be­re­ke­ning ge­bring.

Al is ont­lui­ken­de mark­te hoe een­ders, kan hul­le nie met die­self­de kwas ge­skil­der word nie. Per slot van re­ke­ning is dit waar­de­vol om ver­ge­ly­kings tus­sen lan­de te tref wat soort­ge­ly­ke ken­mer­ke o­pen­baar. Kom ons neem die voor­beeld van die “Bro­se Vyf” ekonomieë – Tur­kye, Brasilië, In­dië, Suid-a­fri­ka en In­do­ne­sië. (Die term “Bro­se Vyf” is in 2013 ge­skep deur ’n ont­le­der van Mor­gan S­tan­ley om ont­lui­ken­de­mark-ekonomieë te ver­teen­woor­dig wat te af­hank­lik van bui­te­land­se be­leg­gings ge­word het om hul groei te fi­nan­sier.)

Be­ne­wens die vyf lan­de se kwes­baar­heid vir stram­mer glo­ba­le kre­diet (en ver­al deur die Fed), het al vyf ook groot te­kor­te op hul lo­pen­de re­ke­nings ge­had. Dus kan die groe­pe­ring help om te wys hoe ver­an­de­ring in lei­er­skap tot be­leids­ver­an­de­ring lei en ge­volg­lik die lan­de in twee ver­skil­len­de ka­te­go­rieë ver­deel (met die uit­son­de­ring van Tur­kye).

Die sterk­ste her­vor­mings­mo­men­tum was in In­dië en In­do­ne­sië, en dié ekonomieë vor­der goed. In In­do­ne­sië het die re­ge­ring reeds her­vor­mings be­gin in­stel om die be­leg­gings­kli­maat te ver­be­ter en groei te ver­hoog. Dit sluit in die uit­brei­ding van be­leg­ging in o­pen­ba­re in­fra­struk­tuur, ver­min­de­ring van die vlak­ke van staats­re­gu­la­sies en die oop­stel van nu­we ge­bie­de van die e­ko­no­mie vir pri­va­te be­leg­gings. Die re­ge­ring se stra­te­gie is om be­las­tin­gin­vor­de­ring te ver­sterk en die be­las­ting­ba­sis te ver­breed om by­ko­men­de in­kom­ste te skep om vir be­lang­ri­ke staats­be­leg­gings te be­taal.

Brasilië en Suid-a­fri­ka se sta­di­ge (en soms af­we­si­ge) her­vor­mings­a­gen­da het dié twee lan­de in ’n an­der po­si­sie ge­plaas. Na die ver­vol­ging van die voor­ma­li­ge Bra­si­li­aan­se pre­si­dent Dil­ma Rous­seff ver­le­de jaar, het die hoop op po­li­tie­ke ver­an­de­ring ge­help om die e­kwi­teits­mark en op­ti­mis­me in die land te laat styg en die land uit sy erg­ste re­ses­sie se­dert die 1930's te lig. Die ver­wag­tin­ge en die hoop op trans­for­ma­sie wat in Brasilië waar­ge­neem is, is soort­ge­lyk aan die po­si­sie waar­in Suid-a­fri­ka hom van­dag be­vind. ’n Mens kan sê dat die voor­beeld te een­vou­dig is en som­mi­ge fun­da­men­te­le so­si­a­le, po­li­tie­ke en e­ko­no­mie­se ver­skil­le tus­sen die lan­de bui­te re­ke­ning laat. Dit is so, maar die be­lang­ri­ke te­ma van hoe lei­er­skap en ’n ver­bin­te­nis tot her­vor­ming die lot­ge­val­le van ’n land kan ver­an­der, is ’n les wat hier ge­leer kan word.

Ter­wyl die mees­te ont­lui­ken­de mark­te steeds in ’n po­si­tie­we rig­ting be­weeg wat po­li­tiek be­tref, is ou­to­kra­te, pseu­do-dik­ta­tors en kor­rup­sie be­stand­de­le wat dié ekonomieë moei­lik maak om te ont­leed. On­lang­se ge­beu­re in Brasilië (waar pre­si­dent Mi­chel Te­mer daar­van be­skul­dig is dat hy om­koop­geld aan­vaar het) het ge­toon hoe on­voor­spel­baar po­li­tiek ge­dre­we oor­pres­ta­sie is en dat dit vin­nig en skerp kan om­swaai. Die po­li­tiek is in­ge­wik­keld, en po­li­tie­ke ri­si­ko is nie u­niek aan Suid-a­fri­ka nie. Dit is waar van tal­le an­der ont­lui­ken­de mark­te. Ver­kie­sings en an­der po­li­tie­ke ge­beu­re, e­ko­no­mie­se kri­sis­se en ver­an­de­ren­de hou­dings van die ge­meen­skap kan die bes­te plan­ne om­ver­werp in ont­lui­ken­de én ge­vor­der­de ekonomieë. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Tu­mis­ho Gra­ter is ’n e­ko­no­mie­stra­teeg by No­va­re Ac­tu­a­ries and Con­sul­tants.

Die al­om ver­an­de­ren­de po­li­tie­ke to­neel het on­se­ker­heid ge­skep, aan­ge­vuur deur ver­dag­te ver­an­de­rings in lei­er­skap.

Dil­ma Rous­seff Voor­ma­li­ge pre­si­dent van Brasilië

Ja­cob Zu­ma Pre­si­dent van Suid A­fri­ka

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.