Waar­om neem po­pu­lis­me wê­reld­wyd toe?

On­lang­se na­vor­sing toon dat e­ko­no­mie­se toe­stan­de ’n be­dui­den­de im­pak kan hê op op in­di­vi­due se po­li­tie­ke sen­ti­ment. Hier­die be­vin­din­ge kan be­lang­ri­ke im­pli­ka­sies vir Suid-a­fri­ka in­hou.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur Jo­han Fou­rie

hier is ’n ge­dag­te-eks­pe­ri­ment: Si­bu­si­so en T­hu­la­ni be­sit elk­een ’n maat­skap­py wat teen me­kaar mee­ding. In elk van die vol­gen­de sce­na­rio’s troef Si­bu­si­so se maat­skap­py T­hu­la­ni s’n. Wat­ter van die vier be­skou jy as on­reg­ver­di­ge me­de­din­ging?

1. Si­bu­si­so werk hard, spaar en in­ves­teer sy wins, en skep nu­we teg­nie­ke en pro­duk­te, ter­wyl T­hu­la­ni se pro­duk­te min ver­an­der en hy mark­aan­deel ver­loor.

2. Si­bu­si­so kry ’n ver­skaf­fer van in­set­te van ho­ër ge­hal­te in A­me­ri­ka wat sy pro­duk­te ver­be­ter. Hy rok­kel ge­volg­lik mark­aan­deel by T­hu­la­ni af.

3. Si­bu­si­so kon­trak­teer som­mi­ge diens­te na Bangla­desj uit waar wer­kers in skof­te van 12 uur in ge­vaar­li­ke toe­stan­de vir baie lae lo­ne werk.

4. Si­bu­si­so bring Bangla­desji-wer­kers na Suida­fri­ka met ty­de­li­ke kon­trak­te en laat hul­le vir min­der as mi­ni­mum lo­ne werk.

Uit ’n e­ko­no­mie­se oog­punt het al die sce­na­rio’s die­self­de ge­volg: Daar is wen­ners en ver­loor­ders. Maar men­se reageer in die al­ge­meen baie ver­skil­lend op hul­le. Die mees­te men­se is te­vre­de met sce­na­rio’s 1 en 2 – selfs al ver­loor ie­mand (T­hu­la­ni en sy werk­ne­mers), is dit die ge­volg van wat as bil­li­ke me­de­din­ging deur Si­bu­si­so be­skou word. Sce­na­rio’s 3 en 4 skep pro­ble­me: Wan­neer Si­bu­si­so plaas­li­ke wet­ge­wing “oor­tree” (selfs al is dit in die an­der land wet­tig), word sy me­de­din­gings­voor­deel, en by im­pli­ka­sie in­ter­na­si­o­na­le han­del, as on­bil­lik be­skou.

Da­ni Ro­drik, e­ko­noom aan die Har­var­d­u­ni­ver­si­teit, ge­bruik dié voor­beeld in ’n nu­we om­stre­de Na­ti­o­nal Bu­reau of E­co­no­mic Re­se­arch (N­ber)-kon­sep­ver­slag om te re­de­neer dat glo­ba­li­se­ring wat te vin­nig plaas­vind (die toe­ne­men­de ge­bruik van sce­na­rio’s 3 en 4), die on­der­lig­gen­de oor­saak van die toe­na­me in po­pu­lis­me in die ont­wik­kel­de wê­reld is. Die “ver­loor­ders” van­weë glo­ba­li­se­ring meen dat bui­te­lan­ders – in die bui­te­land of as im­mi­gran­te in hul land – on­bil­lik be­voor­deel word en werks­ge­leent­he­de steel. Hul­le kies po­pu­lis­tie­se po­li­tiek om só die vin­nig glo­ba­li­se­ren­de wê­reld te “straf”.

E­ko­no­me weet dat vry­han­del al­tyd wen­ners en ver­loor­ders skep en dat die wen­ners om­trent al­tyd meer kry as wat die ver­loor­ders ver­loor. As die wen­ners die ver­loor­ders per­fek kon ver­goed, sou ’n vry­han­del­wê­reld vir al­mal be­ter ge­wees het.

Ro­drik meen eg­ter dat sul­ke ver­goe­ding nie al­tyd mak­lik is nie en sel­de plaas­vind. Af­ge­sien van Eu­ro­pa, waar ’n uit­voe­ri­ge maat­skap­li­ke vei­lig­heids­net ge­ïn­sti­tu­si­o­na­li­seer is om “ver­loor­ders” te on­der­steun, bied die mees­te lan­de nie vol­doen­de ver­goe­ding vir dié wat onder die ge­vol­ge van oop gren­se ly nie.

Oop gren­se het be­slis tot ge­wel­di­ge wê­reld­wye voor­deel ge­lei, ver­al vir die ar­mes van C­hi­na en In­dië. Maar in el­ke land was daar ver­loor­ders, soos wat die han­dels­te­o­rie voor­spel.

Men­se dink hul­le gaan ag­ter­uit, nie om­dat hul­le sleg vaar met mark­me­de­din­ging nie, maar om­dat die reëls on­reg­ver­dig is en an­der deur ’n ge­ma­ni­pu­leer­de speel­veld be­voor­deel, sê Ro­drik.

Baie nu­we stu­dies steun dié be­we­ring. Da­vid Au­to en me­de­skry­wers het ver­le­de jaar in ’n ver­slag ge­wys dat die han­del­skok van C­hi­na se aan­slui­ting by die Wê­reld­han­dels­or­ga­ni­sa­sie (WHO) die po­li­tie­ke po­la­ri­se­ring in A­me­ri­ka ver­er­ger het: Dis­trik­te wat deur die skok ge­raak is, het po­li­tiek ver­der na regs of links be­weeg.

I­ta­lo Calon­to­ne en Pie­ro S­ta­nig wys in ’n ont­le­ding van die B­rex­it-stem dat stre­ke met gro­ter in­voer­pe­ne­tra­sie uit C­hi­na ’n gro­ter per­sen­ta­sie ver­laat­stem­me ge­had het. Hul­le het die stu­die in 15 Eu­ro­pe­se lan­de her­haal, wat soort­ge­ly­ke po­li­tie­ke ge­vol­ge ná C­hi­na se toe­tre­de tot die WHO o­ral in Eu­ro­pa toon. Lui­gi Guiso en sy me­de­skry­wers ge­bruik Eu­ro­pe­se pei­lings­da­ta van­jaar in ’n kon­sep­ver­slag om ’n nog meer pre­sie­se ge­volg­trek­king te maak: hoe meer men­se aan me­de­din­ging deur in­voer en im­mi­gran­te bloot­ge­stel is (hoe gro­ter hul e­ko­no­mie­se on­se­ker­heid is), hoe meer stem hul­le vir po­pu­lis­tie­se par­tye.

Ro­drik het ’n mo­del ge­skep om po­pu­lis­tie­se toe­na­me na so­wel links as regs te ver­klaar. Daar­vol­gens is daar d­rie groe­pe in die sa­me­le­wing: die e­li­te, die meer­der­heid en die min­der­heid. “Die e­li­te word deur hul wel­vaart van die res van die sa­me­le­wing ge­skei. Die min­der­heid word deur be­paal­de i­den­ti­teits­mer­kers (et­ni­si­teit, gods­diens, im­mi­gran­te­sta­tus) ge­skei. Ge­volg­lik is daar twee skei­dings: ’n et­no-na­si­o­na­le of kul­tu­re­le skei­ding en ’n skei­ding van in­kom­ste of maat­skap­li­ke klas,” sê Ro­drik. “Wat dalk na ’n ras­sis­tie­se of xe­no­fo­bie­se voor­val lyk, kan uit e­ko­no­mie­se angs­tig­heid en ont­wrig­ting spruit.”

Po­pu­lis­te wat die i­den­ti­teitskei­ding be­klem­toon, tei­ken bui­te­lan­ders en min­der­he­de – wat tot reg­se po­pu­lis­me lei. Dié wat die in­kom­ste­skei­ding be­klem­toon, tei­ken die wel­va­ren­des en groot maat­skap­pye – wat link­se po­pu­lis­me ver­oor­saak. Die baie im­mi­gran­te in Wes-eu­ro­pa het by­voor­beeld tot die ont­lui­king van reg­se po­pu­lis­me ge­lei, ter­wyl La­tyns-a­me­ri­ka weens groot ver­skil­le tus­sen ry­kes en ar­mes meer link­se po­pu­lis­me on­der­vind.

Dié be­vin­din­ge het be­lang­ri­ke im­pli­ka­sies vir Suid-a­fri­ka. Dié land het in 1995 by die WHO aan­ge­sluit, sy ge­kom­pli­seer­de ta­rief­stel­sel ver­een­vou­dig, en sy gren­se vir bui­te­land­se me­de­din­ging oop­ge­stel. Daar was baie wen­ners dank­sy goed­ko­per in­voer, ver­al ver­brui­kers, maar som­mi­ge maat­skap­pye en be­dry­we het ge­suk­kel, wat tot werks­ver­lie­se ge­lei het wat dik­wels in se­ke­re stre­ke ge­kon­sen­treerd was.

Al het Suid-a­fri­ka ’n in­druk­wek­kend om­vat­ten­de maat­skap­li­ke vei­lig­heids­net vir ’n mid­del­in­kom­ste­land, kon hy nie al die ver­loor­ders ver­goed nie, ver­al nie met die wê­reld­wye fi­nan­si­ë­le kri­sis in 2007 waar­deur werk­loos­heid ver­er­ger het nie. Dis nie toe­val­lig dat die eer­ste groot­skaal­se xe­no­fo­bie­se aan­val­le in 2008 voor­ge­kom het (wat Ro­drik reg­se po­pu­lis­me sou noem) en dat die ANC in 2009 met die ver­kie­sing van Ja­cob Zu­ma as pre­si­dent na links ge­skuif het nie.

Selfs al skep glo­ba­li­se­ring meer wen­ners as ver­loor­ders, kan die ver­loor­ders meen dat die stel­sel ge­ma­ni­pu­leer word en te­rug­kap deur vir po­pu­lis­tie­ser par­tye te stem. Ter­wyl Suid-a­fri­ka in nog ’n re­ses­sie ver­val, kan dit be­dui­den­de ge­vol­ge vir die ANC se ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie in De­sem­ber, en die na­si­o­na­le ver­kie­sing in 2019, in­hou. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Jo­han Fou­rie is ’n me­de­pro­fes­sor in e­ko­no­mie aan die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch.

Pro-b­rex­it en an­ti-im­mi­gra­sie-ak­ti­vis­te op 31 Maart in Lon­den ty­dens 'n by­een­koms om B­ri­tan­je se uit­tre­de uit die Eu­ro­pe­se U­nie te vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.