Moet jy jou huis­le­ning se ren­te­koers vas­sluit?

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Voorblad -

Die hoof­oog­merk met ’n vas­te koers is om die ren­te­koers op ’n ver­band­le­ning vir ’n be­paal­de tyd­perk tot ’n se­ke­re vlak te be­perk. Die vlak van die vas­te koers ver­skil vol­gens die tyd­perk waar­voor dit vas­ge­sluit word, as­ook die le­nings­be­drag en die le­ning-tot-waar­de-verhouding.

Vol­gens Ab­sa is die voor­deel van ’n vas­te koers dat die ver­band­le­ning­koers nie sal styg wan­neer ren­te­koer­se styg nie. Dit help huis­hou­dings om die ne­ga­tie­we uit­wer­king te han­teer van ren­te­koer­se wat vin­nig styg, en maak dit vir hul­le moont­lik om met die te­rug­be­ta­lings op hul ver­band­le­ning by te hou en keer dus dat ban­ke ei­en­dom­me te­rug­neem.

Die na­deel is eg­ter dat ’n vas­te ver­band­le­ning­koers moont­lik vir ’n ge­deel­te van die vas­te koers se kon­trak­ter­myn bo die ver­an­der­li­ke koers sal wees en dat kli­ën­te vir die vol­le tyd­perk van die kon­trak­ter­myn vas­ge­sluit is.

“E­ko­no­mie­se voor­spel­lings is dik­wels nie ak­ku­raat nie en help mens sel­de om die ri­si­ko’s vir ’n huis­le­ning van 20 jaar te ver­staan. Pleks van om die mark te pro­beer voor­spel of voor ’n ren­te­koers­ver­ho­ging te pro­beer uit­oor­lê, kan vas­te koer­se waar­de­vol­le in­stru­men­te wees om se­ker­heid te help skep,” sê E­wald Kel­ler­man, Ab­sa se hoof vir kli­ën­tin­ter­ak­sie met huis­le­nings.

Kel­ler­man sê die on­lang­se koers­ver­la­ging van 25 ba­sis­pun­te en ver­wag­te koers­ver­la­ging in Sep­tem­ber word reeds by vas­te koer­se in­ge­re­ken, wat die kos­te ver­min­der. As daar eg­ter ver­wag is dat ren­te­koer­se sou styg, sou le­ning­koer­se duur­der ge­wees het. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.