Waar­om SA ag­ter­os is in die wê­reld se ont­wik­ke­ling van slim­ste­de

In­ter­net­kon­nek­ti­wi­teit word toe­ne­mend be­skou as ’n nuts­diens, maar Suid-a­fri­kaan­se ste­de suk­kel om by te bly.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhound - Kol­skoot slim­ste­de Deur Jes­si­ca Hub­bard

stads­be­plan­ners in so­wel ont­lui­ken­de as ont­wik­kel­de e­ko­no­mieë ge­bruik al hoe meer teg­no­lo­gie om lo­gis­tie­ke pro­ble­me op te los en al­ge­he­le be­woon­baar­heid te ver­be­ter. In snel­ont­wik­ke­len­de ste­de, soos Jo­han­nes­burg en Nai­ro­bi, werk be­plan­ners met vin­ni­ge ver­ste­de­li­king, ver­ou­de­ren­de in­fra­struk­tuur en ’n groei­en­de mid­del­klas wat pro­bleem­vrye diens­le­we­ring ver­eis.

Met vin­ni­ge in­ter­net­ver­bin­dings nou ’n nood­saak­li­ke ken­merk van e­ni­ge slim­sta­d­ont­wik­ke­ling (dit word al hoe meer die vier­de nuts­diens ná wa­ter, gas en e­lek­tri­si­teit) is dit nie ver­ba­send nie dat baie stads­ont­wik­ke­laars en -be­plan­ners die kon­sep van slim­ste­de im­ple­men­teer. Slim­ste­de be­nut ’n breë, ge­so­fis­ti­keer­de net­werk van ge­kop­pel­de toe­stel­le (die In­ter­net van Dinge) om ’n stad of ge­meen­skap se ba­tes be­ter te ko­ör­di­neer en te be­stuur.

Plaas­lik is daar on­ge­twy­feld groei­en­de be­lang­stel­ling in die kon­sep as ’n ma­nier om om­ge­wings­vol­hou­baar­heid te be­vor­der, bur­ger­li­ke doel­tref­fend­heid en diens­le­we­ring te ver­groot, en om goed­ko­per kon­nek­ti­wi­teit aan meer men­se te bied.

Ja­c­ques du Toit, uit­voe­ren­de hoof van die plaas­li­ke ver­skaf­fer van in­ter­net- en kom­mu­ni­ka­sie­teg­no­lo­gie (IKT) Vox Te­le­com, sê in Suid-a­fri­ka loop be­plan­de ge­meen­skap­pe in werk­lik­heid voor daar­mee om werk­lik ge­ïn­te­greer­de sli­m­ont­wik­ke­lings te word – en nie Jo­han­nes­burg, Dur­ban of Kaap­stad, soos mens sou ver­wag het nie.

“Ter­wyl die kon­sep van slim­ste­de ge­wil­der word in Suid-a­fri­ka, is plaas­li­ke ste­de nog ver ag­ter ste­de in Amerika, Eu­ro­pa en Du­bai,” sê hy. “Be­staan­de stel­sels is ’n groot pro­bleem, en dit is waar­om ons dink dat die eer­ste plaas­li­ke slim­stad nie Jo­han­nes­burg of Kaap­stad sal wees nie. Dié groot ste­de­li­ke ge­bie­de is oor ’n tyd­perk ge­bou met ge­slo­te stel­sels wat nie ont­werp is om met me­kaar ver­bind te wees en te kom­mu­ni­keer nie.”

Vol­gens Du Toit word die be­lo­wend­ste slim­sta­dom­ge­wings aan­ge­dryf deur ont­wik­ke­laars, wat stra­te­gie­se ven­noot­skap­pe met Ikt-ver­skaf­fers sluit om bre­ë­band­in­ter­net­toe­gang aan be­plan­de ge­meen­skap­pe met ge­meng­de ge­bruik, en ook aan groot win­kel­sen­trums, te bied.

“Met van meet af aan ’n bre­ë­band­ver­bin­ding van 100 M­bps en Wi-fi-kon­nek­ti­wi­teit het el­ke huis in een van dié be­plan­de ge­meen­skap­pe die po­ten­si­aal om ’n slim­huis te wees, met in­ge­bou­de se­ku­ri­teit en ver­maak net die be­gin,” sê hy.

“Dit word dan na die gro­ter ge­meen­skap uit­ge­brei – o­wer­he­de kan teg­no­lo­gie ge­bruik om die ge­bruik van straat­lig­te en af­val­ver­wy­de­ring be­ter te be­stuur en wa­ter­ver­mor­sing te ver­min­der, ter­wyl in­wo­ners mak­li­ker par­keer­plek kan kry.”

Hy sê die land se “u­nie­ke pro­ble­me” ver­eis van be­lang­heb­ben­des om van bin­ne na bui­te te bou, met ge­kop­pel­de hui­se in veel­vul­di­ge slim­ge­meen­skap­pe wat uit­ein­de­lik ge­kom­bi­neer word om slim­sta­dom­ge­wings te vorm.

Lang­ter­myn­vi­sie, lei­ding

Ster­ker ven­noot­skap­pe en ge­ko­ör­di­neer­de lei­ding is no­dig om plaas­li­ke ste­de werk­lik in die rig­ting van die In­ter­net van Dinge en pro­bleem­vrye kon­nek­ti­wi­teit te laat vor­der.

Art­hur Gold­stuck, be­stu­ren­de di­rek­teur van die teg­no­lo­gie­kon­sul­tant­groep Wor­ld Wi­de Worx, sê om ’n slim­stad te skep, is lei­ding, vi­sie en ’n dui­de­li­ke stra­te­gie vir al­le be­lang­heb­ben­des no­dig.

“Die pri­mê­re pro­bleem is nou dat geen ko­ör­di­ne­ren­de lig­gaam of ge­ko­ör­di­neer­de stel re­gu­la­sies be­staan wat die in­stel­ling daar­van rig nie,” sê hy. “Mens sien met ve­sel­net­wer­ke dat ver­skil­len­de maat­skap­pye die­self­de sy­paad­jies oop­kap, wat ’n ab­sur­di­teit is wat ver­oor­saak word deur die ge­brek aan ’n re­gu­la­to­rie­se raam­werk vir die in­stel­ling van dié soort in­fra­struk­tuur be­staan.”

Weens dié broks­ge­wy­se be­na­de­ring tot stads­ont­wik­ke­ling meen Gold­stuck dat ons nou net “be­gin­ner­bou­blok­ke” vir slim­ste­de het.

“Net soos wat dorp- en stads­be­plan­ning so­wel ’n we­ten­skap as ’n kuns is met pro­jek­be­stuur as kern daar­van, be­no­dig slim­ste­de ’n ver­sig­ti­ge, staps­ge­wy­se pro­ses. Dis nie iets wat luk­raak saam­ge­gooi kan word nie,

“Net soos wat dor­pen stads­be­plan­ning so­wel ’n we­ten­skap as ’n kuns is met pro­jek­be­stuur as kern daar­van, be­no­dig slim­ste­de ’n ver­sig­ti­ge, staps­ge­wy­se pro­ses.”

Art­hur Gold­stuck Be­stu­ren­de di­rek­teur van Wor­ld Wi­de Worx

Ja­c­ques du Toit Uit­voe­ren­de hoof van Vox Te­le­com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.