Die re­dak­teur sê

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - JANA MA­RAIS

vir ’n bie­tjie af­lei­ding van die saai daaglikse nuus­vloei op die oom­blik, gaan ons op van­dees­week se voorbladstorie ’n bie­tjie in die toe­koms rond­rits in die jong­ste e­lek­trie­se mo­tors. Die groei­en­de ge­wild­heid van bat­te­ry-aan­ge­dre­we voer­tuie kan in die toe­koms ’n op­skud­ding ver­oor­saak in ver­skeie sek­to­re, ver­al in die myn­bou. G­len­co­re skat dat 30% van al­le nu­we voer­tuie wat in 2030 wê­reld­wyd ver­koop sal word, e­lek­tries sal wees, teen­oor ’n sy­fer van so­wat 1% ver­le­de jaar.

As ’n be­lang­ri­ke spe­ler in die ko­per-, nik­kel- en ko­balt­mark – kom­mo­di­tei­te wat na ver­wag­ting groot voor­deel sal trek uit ’n op­le­wing in e­lek­trie­se voer­tuie – kan mens ver­staan waar­om die S­wit­ser­se fir­ma so op­ge­won­de is oor die ver­wag­te op­koms van e­lek­trie­se voer­tuie. (Sien blad­sy 37.)

Tog sal dit tot be­leg­gers se voor­deel wees om skep­ties te wees oor voor­spel­lings deur maatskappye wat self by nu­we ten­den­se kan baat.

Die pla­ti­num­be­dryf, wat die op­koms van wa­ter­stof­brand­stof­sel-aan­ge­dre­we voer­tuie on­der­steun, om­dat dit meer pla­ti­num ver­eis as bat­te­ry-aan­ge­dre­we e­lek­trie­se voer­tuie (BEV’S), ver­wag by­voor­beeld dat net 5% van nu­we voer­tuig­ver­ko­pe teen 2025 BEV’S sal wees. RMB Mor­gan S­tan­ley ver­wag eg­ter ’n Bev-mark­aan­deel van on­ge­veer 9% teen 2025 en 16% teen 2030. Soos die No­bel­prys­wen­ner Niels Bohr dit ge­stel het: voor­spel­ling is baie moei­lik, ver­al as dit gaan oor die toe­koms.

Mi­cro­soft­stig­ter en mil­jar­dê­r­fi­lan­troop Bill Ga­tes, wat in sy boek Bu­si­ness @ the S­peed of T­houg­ht in 1999 die voor­koms van on­der meer die slim­foon, so­si­a­le me­dia, aan­lyn wer­wing en di­rek­te be­ta­lings voorspel het, het ver­le­de jaar die voor­spel­ling ge­maak dat wind, son of an­der her­nu­ba­re hulp­bron­ne bin­ne die vol­gen­de 15 jaar die krag vir die groot­ste deel van die wê­reld sal le­wer. Ga­tes het in sy jaar­lik­se b­rief vroe­ër van­jaar ge­sê hy ver­wag ’n deur­braak vir skoon e­ner­gie teen 2030 wat die le­wens van mil­joe­ne men­se sal ver­an­der.

Ga­tes, wat sy stu­dies aan Har­vard laat vaar het om Mi­cro­soft te be­gin, het in Ja­nu­a­rie aan s­tu­den­te by die Co­lum­bia-u­ni­ver­si­teit ge­sê daar is drie be­lo­wen­de rig­tings waar­in hy ’n loop­baan sou oor­weeg as hy van­dag be­gin het: kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie, die e­ner­gie­sek­tor en bi­o­teg­no­lo­gie.

As ons Ga­tes moet glo, sal die op­koms van skoon e­ner­gie die slim­ste keu­se wees. Om die spe­si­fie­ke kom­mo­di­teit­s­wen­ners en -ver­loor­ders te kies, kan eg­ter baie moei­li­ker wees.

Fei­te van die saak

In ons voorbladstorie oor beurs­ver­han­del­de fond­se in die uit­ga­we van fin­week van 7-20 Sep­tem­ber, het ons ’n fo­to van Mi­ke Bro­wn, uit­voe­ren­de hoof van Ned­bank, ge­pu­bli­seer in plaas van Mi­ke Bro­wn, uit­voe­ren­de hoof van etf­sa. Ons vra om ver­sko­ning vir e­ni­ge on­ge­rief. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.