Dol be­dry­wig

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Eie Mening Markplek -

Da­ta­tec-aan­de­le het op 4 Sep­tem­ber her­stel na­dat die groep die ver­koop van sy We­st­con­com­stor-on­der­ne­ming vir $630 mil­joen in Noord-a­me­ri­ka en La­tyns-a­me­ri­ka af­ge­han­del het. Hy sê hy sal tot $500 mil­joen van die op­brengs aan aan­deel­hou­ers uit­keer in die vorm van ’n spe­si­a­le di­vi­dend en/of aan­deel­te­rug­ko­pe. Die teg­no­lo­gie­maat­skap­py be­oog om die oor­bly­wen­de $130 mil­joen vir be­dryfs­ka­pi­taal as­ook fi­nan­sie­ring vir uit­brei­dings te ge­bruik, het Te­chcen­tral be­rig.

Die on­der­ne­ming is deur Syn­nex, ’n Ka­li­for­nie­se teg­no­lo­gie­voor­sie­nings­ket­ting­maat­skap­py met on­ge­veer 110 000 werk­ne­mers ge­koop. Da­ta­tec kan tot so­veel as $200 mil­joen meer as ’n kon­tant­ver­dien­ste kry af­han­gen­de daar­van of We­st­con-com­stor tus­sen nou en Maart 2018 aan se­ke­re pres­ta­sie­tei­kens vol­doen, al­dus Te­chcen­tral.

Die uit­voe­ren­de hoof, Jens Mon­ta­na­na, het aan Bu­si­ness Day ge­sê die groep be­oog an­der tran­sak­sies aan die koop- so­wel as die ver­koops­kant. Da­ta­tec, wat ook die It-diens­te­ver­skaf­fer, Lo­gi­ca­lis en die teg­no­lo­gie­kon­sult­maat­skap­py, A­na­ly­sys Ma­son, be­sit, het die mees­te van die We­st­con-on­der­ne­ming in Eu­ro­pa, die Mid­de­oos­te, A­fri­ka en A­sië-pa­si­fie­se streek be­hou.

Hoe om dit te ver­han­del:

Da­ta­tec het in Sep­tem­ber 2015 uit sy lang­ter­myn­bul­ten­dens ge­breek na­dat hy ’n hoog­te­punt van 8 100c per aan­deel be­reik het. Hy ver­han­del steeds bui­te sy bul­ten­dens, en sal bo­kant 6 850c per aan­deel moet ver­han­del om dié ten­dens te her­vat en om vo­ri­ge hoog­te­pun­te te toets – met die eer­ste tei­ken op 8 100c. Bo­kant dié vlak kan wins­te tot 10 840 per aan­deel volg. ’n Vol­hou­baar­der koop­ge­leent­heid kan in werk­lik­heid bo­kant 6 850c per aan­deel ont­staan. In­dien Da­ta­tec nie deur dié vlak ver­han­del nie, be­te­ken dit dat hy steeds sal daal. Da­ta­tec het in die eer­ste week van Sep­tem­ber ’n op­waart­se ven­ster ge­vorm en om­dat ven­sters dik­wels ge­sluit word, is ’n te­rug­sak­king op han­de. Steun bo­kant 5 400c per aan­deel sal die kan­se dat Da­ta­tec sy vo­ri­ge op­waart­se ten­dens her­vat, ver­be­ter. An­der­sins moet jy nie lank koop as Da­ta­tec be­ne­de 5 400c per aan­deel daal nie – dit kan weer steun op 4 100c per aan­deel toets. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Da­ta­tec sal tot $500 mil­joen van die op­brengs van die We­st­con-com­stor­tran­sak­sie as spe­si­a­le di­vi­dend en/ of aan­deel­te­rug­ko­pe uit­keer.

Jens Mon­ta­na­na Uit­voe­ren­de hoof van Da­ta­tec

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.