Nou weer op die reg­te pad

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

Na ’n lang tyd­perk van ag­ter­uit­gang het Mr Price ui­t­ein­de­lik ’n po­si­tie­we han­dels­ver­slag uit­ge­reik wat toon dat al­ge­he­le ver­ko­pe in die­self­de win­kels, mi­nus in­fla­sie, po­si­tief was. ’n Mens moet er­ken dat die po­si­tie­we sy­fers slegs lae en­kel­sy­fers was, maar dit is nie­te­min ’n stap in die reg­te rig­ting. Die maat­skap­py sê dat hy be­sig is om ver­lo­re mark­aan­deel te her­win. Al­hoe­wel een goeie han­dels­ver­slag nie be­te­ken die blom­tyd­perk is te­rug nie, is dit die eer­ste po­si­tie­we ont­wik­ke­ling in ge­rui­me tyd vir hier­die groep en dui dit aan hul­le kry hul koop­stra­te­gie reg. Ek het ook geen ver­sko­nings ra­ken­de die weer ge­sien nie, nog­al ’n aan­ge­na­me ver­an­de­ring vir aan­deel­hou­ers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.