Sa­me­stel­ling van ’n uit­ste­ken­de aan­de­le­soe­ker

Coro­na­ti­on se To­ny Gib­son ver­dui­de­lik hoe die mark­te oor die de­ka­des ver­an­der het en ge­sels oor wat die toe­koms vir die plaas­li­ke ba­te­be­stuurs­be­dryf in­hou.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

met meer as drie de­ka­des se er­va­ring, word ba­te­be­stuur­der To­ny Gib­son waar­skyn­lik ver­al deur die ou­er ge­ne­ra­sie ont­hou as ie­mand wat in die 1990’s kon­se­kwent suk­ses be­haal het met die uit­soek van aan­de­le. Hy het sy loop­baan in die mid­del van die 1980’s be­gin by die voor­ma­li­ge UAL, was ’n pi­o­nier van die voor­ma­li­ge Syf­rets se ef­fek­te­trust­be­dryf in die laat 1980’s, ’n stig­ters­lid van Coro­na­ti­on in 1993 en het se­der­tien ver­skeie pro­mi­nen­te po­si­sies in die maat­skap­py ge­had. Hy be­stuur nou Coro­na­ti­on se fonds van fond­se-por­te­feul­je.

Le­on Kok het ver­le­de maand met hom ge­sels. Hier is ’n uit­trek­sel uit hul­le ge­sprek:

Jy is, saam met BOE se Chris Lo­gan, be­kend daar­voor dat jul­le die jong be­dryf se s­ter- por­te­feul­je­be­stuur­ders was en kwar­taal vir kwar­taal om do­mi­nan­sie ge­veg het. Nie een van jul­le twee het ooit ’n voet ver­keerd ge­sit nie!

Om eer­lik te wees, in ver­ge­ly­king met van­dag, was die om­ge­wing min of meer soos die “Wil­de Wes­te”. Soos die spreek­woord sê: “Jy moet nooit ge­luk en ge­ni­a­li­teit ver­war nie.” Was ek ‘n bril­jan­te aan­deel­uit­soe­ker? Nee. Ek was ge­luk­kig om in die reg­te aan­de­le be­lê te wees op die reg­te tyd.

Laat ek dit vin­nig na van­dag toe bring. Ek sou waar­skyn­lik nie van­dag die­self­de pos by Coro­na­ti­on kry nie, om­dat my CV nie goed ge­noeg sou wees nie. Baie van die­ge­ne wat die be­dryf nou be­tree, is sker­per as wat ek was – slim­mer en vaar­di­ger.

Wat was van jou vroeë aan­deel­wen­ners?

My groot­ste suk­ses was se­ker T­ren­cor, wat ek voor an­der kol­le­gas in die be­dryf ge­ï­den­ti­fi­seer het. An­der sluit in me­di­um­ka­pi­ta­li­sa­sie-aan­de­le wat des­tyds suk­ses­vol was, soos Hu­da­co, Del­ta E­lec­tric en Foschi­ni. Ver­der het myn­aan­de­le in die 1980’s 75% van die in­deks be­slaan. Ek het meest­al myn­aan­de­le ver­my. Wat jy nié be­sit nie, is ook be­lang­rik!

Met ons kli­ën­te se af­tree­fonds, kon ek ook aan­voel dat in­fla­sie be­sig was om ’n tyd­perk van lang­du­ri­ge af­na­me te be­tree ná die sty­ging in die vroeë 1980’s. Ek het ’n klomp koop­op­sies op lang­ter­myn- Suid-a­fri­kaan­se ef­fek­te ge­koop en dit het baie goed ge­vaar.

Wat is die ei­en­skap­pe van ’n goeie aan­deel­uit­soe­ker?

’n Sa­me­stel­ling van din­ge. Ui­ter­aard moet mens fi­nan­si­eel sy­fer­vaar­dig en a­na­li­ties wees. Maar jy moet ook per­spek­tief hê en be­leg­gings­ge­skie­de­nis ver­staan. Jy sal na­tuur­lik in s­taat moet wees om die slag­ga­te langs die pad te kan han­teer. Hoe meer jy in jou na­vor­sing glo, hoe meer sal jy in s­taat wees om die slag­ga­te baas te raak.

Aan die an­der kant moet mens baie aan­pas­baar wees. As mens dog­ma­ties is, is daar ’n groot ver­skil tus­sen oor­tui­ging en hard­kop­pig­heid. Dit is be­lang­rik dat jy, wan­neer jy die skrif aan die muur sien, in s­taat moet wees om dit te her­ken en te sê: “Ek is ver­keerd.”

’n Nu­we di­men­sie wat be­lang­rik ge­word het by Coro­na­ti­on is om psi­go­lo­gies sterk te wees – en ’n kon­struk­tie­we by­drae te le­wer. As ’n aan­soe­ker sy psi­go­me­trie­se toets dop, neem ons hom nie ver­der nie. Jy moet ook ’n span­spe­ler wees; as jy nie is nie, kan dit de­struk­tief wees.

Wat was jou erg­ste nag­mer­ries?

Daar was twee spe­si­fie­kes. Die eer­ste een was vroeg in Coro­na­ti­on se be­staan, toe ons be­lê was in JCI ge­grond op on­vol­doen­de mo­del­le­ring. Ons her­in­ner ons­self steeds aan daar­die bit­ter les.

Die twee­de een was toe ons geld in ’n skans­fonds ge­plaas het wat mis­luk het. In re­tro­spek, moes ek ’n deeg­li­ker om­sig­tig­heids­on­der­soek na die fonds­be­stuur­der ge­doen het. Dit was ’n laag­te­punt in my loop­baan, want dit was ge­heel en al my skuld.

Som­mi­ge men­se sou aan­voer dat Suid-a­fri­ka in die vol­gen­de 10 tot 20 jaar op ’n skerp da­ling af­stuur. Wat is jou me­ning?

Ons lyk op die oom­blik nie goed nie. As ie­mand dink dat ’n nu­we pre­si­dent in 2019 gaan oor­vat en din­ge oor­nag gaan reg­ruk, sal ek daar­die me­ning ten sterk­ste uit­daag. Ons het diep struk­tu­re­le pro­ble­me wat reg­ge­maak moet word. Met ’n 20 jaar-ho­ri­son is daar na­tuur­lik hoop. Maar dit sal lei­er­skap met vi­sie ver­eis, as­ook ’n denk­skuif by die be­vol­king wat pro­duk­ti­wi­teit be­tref, en ’n wil om te slaag.

Wat is die toe­koms­blik vir die plaas­li­ke ba­te­be­stuurs­be­dryf?

Wat my waar­skyn­lik die mees­te pla is dat die wê­reld nog nie die pro­ble­me op­ge­los het wat die fi­nan­si­ë­le in­een­stor­ting ne­ge jaar ge­le­de ver­oor­saak het nie. Mens het nou ’n he­le ge­slag men­se in die be­dryf wat slegs ’n ren­te­koers­om­ge­wing van na­by aan 0% ken. Dit is ’n ge­vaar­li­ke si­tu­a­sie.

Die moont­li­ke te­rug­keer van in­fla­sie is spe­si­fiek ’n kri­tie­ke saak vir be­leg­gers. Dit is deels om­dat “vrien­de­li­ke” in­fla­sie tot oor­ge­rust­heid by be­leg­gers lei. Daar­die oor­ge­rust­heid het selfs meer in­ge­gra­we ge­word in die am­per ne­ge jaar se­dert die fi­nan­si­ë­le kri­sis. Ge­volg­lik is be­leg­gers nie heel­te­mal se­ker hoe om ri­si­ko te tak­seer nie.

Sen­tra­le ban­kiers kan en sal ge­reeld fou­te maak. Nie om­dat hul­le goed vals­lik doen nie, maar eer­der om­dat hul­le skyn­baar blind is vir die bor­rel­skep­pen­de uit­wer­king wat hul­le on­der­skeie be­leid ge­du­ren­de die af­ge­lo­pe twee de­ka­des ge­had het. Soos ons weet kan bor­rels wat bars be­leg­gings­mark­te én die reg­te ekonomie ver­nie­tig. ■ Ba­te­be­stuur­der by Coro­na­ti­on

To­ny Gib­son

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.