Duw­wel­tjie

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

Die drie ta­ke

’n Ko­ning is ge­reed om af­stand te doen van sy troon. Hy roep sy drie seuns en sê: “Jul­le word elk­een voor ’n toets ge­stel; die eer­ste een wat sy op­drag suk­ses­vol uit­voer, sal ko­ning word.”

Aan sy oud­ste seun, ’n dap­per en waag­hal­si­ge man van groot aan­sien, sê hy: “Bring vir my jou ou­ma se ring, die sma­ra­gring wat ja­re ge­le­de aan die bo­dem van die storm­ag­ti­ge Noord­see in die wrak van die Wind­bre­ker ver­lo­re ge­gaan het.”

“Soos u wens, Va­der,” sê die oud­ste seun en ver­trek on­mid­del­lik, vas­be­slo­te om ko­ning te word.

Aan sy mid­del­ste seun, knap en self­vol­daan, sê die ko­ning: “Jou taak is om jou ou­pa­groot­jie se skild met ons fa­mi­lie­wa­pen daar­op uit die do­de­li­ke oer­wou­de van In­dië te­rug te bring, waar dit op ’n lang ver­ge­te slag­veld ag­ter­ge­bly het.”

“Ek doen dit on­mid­del­lik, Va­der,” sê die twee­de oud­ste seun en haas hom daar weg.

Die ko­ning draai toe na sy jong­ste seun, in­tel­li­gent maar sag­moe­dig ver­ge­le­ke met sy twee oud­ste broers. “Wat wil u hê moet ek doen, Va­der?” vra die jong man.

“Bring vir my ’n bier, ek het nog nooit van daar­die twee skar­min­kels ge­hou nie.”

E­ko­no­mie­se pro­ble­me

Die wê­reld­lei­ers Wla­di­mir en Do­nald neem ’n blaas­kans ty­dens ’n uit­ge­rek­te spits­be­raad en Wla­di­mir sê vir Do­nald, “Do­nald, jy weet, ek het ’n groot pro­bleem en ek weet nie wat om daar­om­trent te doen nie. Ek het 100 lyf­wag­te en een van hul­le is ’n ver­raai­er. Ek weet nie wat­ter een nie.”

“Dis nog niks,” sê Do­nald. “Ek sit met 100 e­ko­no­me na wie ek al e­wig moet luis­ter voor e­ni­ge be­leids­be­sluit, en net een van hul­le ver­tel die waar­heid.”

“Dit klink soos die­self­de si­tu­a­sie,” sê Vla­di­mir.

“Ja,” ant­woord Do­nald. “Maar in my ge­val is dit nooit die­self­de ene nie!”

Kort­liks

My leu­se in die le­we is om al­tyd 100% te gee.

Dit maak dit wel nog­al moei­lik om bloed te skenk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.