R12 mil­jard

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

Sa­sol sal R12 mil­jard se skuld af­skryf wat ver­band hou met sy In­za­lo-swart­be­mag­ti­gings­tran­sak­sie wat in 2008 aan­ge­kon­dig is, na­dat die o­lie­prys­da­ling sy aan­deel­prys ge­knou het, be­rig Reu­ters. Sa­sol sê hy ver­wag geen uit­ke­ring van Sa­sol-aan­de­le aan die meer as 250 000 deel­ne­mers aan In­za­lo nie. In­za­lo-aan­deel­hou­ers het R2,1 mil­jard se di­vi­den­de ont­vang, ter­wyl R5,1 mil­jard se di­vi­den­de vir skuld­be­ta­lings ge­bruik is. Sa­sol se kom­plek­se nuwe ske­ma van R21 mil­jard sal tot 2028 duur. Die fir­ma sal dit fi­nan­sier en dit sal nie van die aan­deel­prys af­hank­lik wees nie, be­rig Reu­ters. B­rent-ru­o­lie het op 26 Sep­tem­ber teen by­na $60 per vat ver­han­del, die hoog­ste in twee jaar. Tra­fi­gu­ra, een van die wê­reld se groot­ste kom­mo­di­teits­han­de­laars, waar­sku teen ’n o­lie­te­kort om­dat “die vraag teen ein­de 2018 al 2 mil­joen tot 4 mil­joen va­te per dag meer as die aan­bod sal wees om­dat e­ner­gie­fir­mas die laas­te ja­re weens die o­lie­prys­da­ling $1 dui­send mil­jard se be­ste­ding aan nuwe pro­duk­sie ge­staak het,” be­rig ft.com. An­der han­de­laars meen eg­ter dat ’n her­op­le­wing van A­me­ri­kaan­se ska­lie­pro­duk­sie die prys laag sal hou en dat dit teen tus­sen $40 en $60 per vat sal ver­han­del, be­rig hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.