12,6%

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

Die sen­traal-regse bond­ge­noot­skap on­der lei­ding van die Chris­ten-de­mo­kra­te van An­ge­la Mer­kel, Duit­se kan­se­lier, het op 24 Sep­tem­ber 33% van die stem­me in Duits­land se fe­de­ra­le ver­kie­sing ge­kry – sy swak­ste uit­slag se­dert 1949, maar ge­noeg om die groot­ste groep in die par­le­ment te bly. Mer­kel sal in die ko­men­de we­ke moei­li­ke on­der­han­de­lings moet voer om ’n re­ge­ren­de ko­a­li­sie te pro­beer saam­stel wat druk deur ver­reg­se groe­pe kan weer­staan, be­rig The Gu­ar­di­an. Die So­si­aal­de­mo­kra­te, Mer­kel se re­ge­rings­ven­no­te se­dert 2013, het met 21% ook hul swak­ste uit­slag ná die Twee­de Wê­reld­oor­log ge­kry. Die regse po­pu­lis­tie­se en eu­ro­skep­tie­se po­li­tie­ke par­ty Al­ter­na­tief vir Duits­land (AFD) het 12,6% ge­kry. Dis die eer­ste keer in by­na ses de­ka­des dat ’n o­pen­lik na­si­o­na­lis­tie­se par­ty in die Bun­de­stag sal wees, lui die be­rig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.