Koop nou as jy hom wil hê

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Mark - Plek -

EOH se re­sul­ta­te toon in­kom­ste van 21% ho­ër ter­wyl we­sens­ver­dien­ste per aan­deel (WVPA) en die di­vi­dend met net 16% toe­ge­neem het. Dit is ver­keerd om, want WVPA en di­vi­den­de moet vin­ni­ger as in­kom­ste styg. Dis ver­al vreemd om­dat die be­dryfs­mar­ges gro­ter is. Maar ’n paar klein goed­jies het seer­ge­maak, soos wis­sel­koers­be­we­gings wat wins van R36 mil­joen in ’n ver­lies van R44 mil­joen ver­an­der het. In die ge­heel ste­wi­ge re­sul­ta­te, maar om deur ver­kry­gings te groei raak moei­li­ker na­ma­te die maat­skap­py gro­ter word. Die dae van Wvpa-groei van 30% is waar­skyn­lik ver­by; Wvpa-groei het ge­lei­de­lik la­er ge­neig; dit was 25% vir die vol­jaar van 2016, 29% in 2015, 31,7% in 2014 en­so­voorts. Teen net on­der R100 is die historiese prys-ver­dien­ste­ver­hou­ding (PV) steeds so­wat 11 en dié wat ge­wag het om toe te tree kry ’n uit­ste­ken­de koop­prys, hoe­wel EOH se toe­koms­ti­ge op­brengs­te meer be­skeie sal wees.

EOH se hoof­kan­toor in Jo­han­nes­burg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.