V­lieg hoog

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Mark - Plek -

Se­dert ek be­gin be­lê het, sê ek dat lug­diens­te ’n aak­li­ge bedryf is, en dat mens nooit in hul­le moet be­lê nie. In dié tyd het Comair my in die stil­lig­heid ver­keerd be­wys, soos blyk uit sy jong­ste re­sul­ta­te met WVPA op 67c teen­oor 36,5c voor­heen. Wat vir Comair die ver­skil maak, is sy nie-lug­vaart­be­dry­wig­he­de (spy­se­nie­ring, op­lei­ding en si­t­ruim­tes, on­der meer) wat nou 20% van sy in­kom­ste uit­maak en ’n goeie grond­slag bied en ook min­der wis­sel­val­lig is as lug­diens­wins­te. Laas­ge­noem­de is uit­ge­le­wer aan o­lie­prys- en wis­sel­koers­be­we­gings. Die een ne­ga­tie­we e­le­ment is dat die plaas­li­ke lug­vaart­mark vol­gens hom met 2,3% ge­groei het, maar sy ge­tal sit­plek­ke met 2% toe­ge­neem het, wat op ’n ma­te van ver­lies aan mark­aan­deel dui. Dit is waar­skyn­lik weens nuwe la­e­kos­te-o­pe­ra­teurs wat die mark be­tree het. Met die SAL wat moont­lik sy plaas­li­ke roe­tes sal ver­min­der, kan dit eg­ter by­ko­men­de groei­moont­lik­he­de be­te­ken, want ’n ge­brek aan Bbp-groei ver­hin­der ’n re­ë­le toe­na­me in sit­plek­ke in die bedryf. Ek bly nog­tans ver­sig­tig vir lug­vaarton­der­ne­mings en ver­my die sek­tor steeds.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.