Bly ver weg

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Mark - Plek -

Implats se re­sul­ta­te was pyn­lik. Ek sou dink dat die mark dit ver­wag het, maar blyk­baar het dit nie. Die aan­deel is af­ver­koop na­dat Implats ’n ver­lies van 137c in WVPA vir die jaar aan­ge­te­ken het, ná ’n be­skeie Wvpa-wins van 123c vir die vo­ri­ge jaar. Die ver­lies is ver­er­ger deur ’n e­nor­me waar­de­da­ling van R10,2 mil­jard of­skoon die ba­lans­staat or­dent­lik lyk, met bru­to kon­tant van R7,8 mil­jard. Die groot ding is eg­ter die op­mer­king dat ’n her­struk­tu­re­rings­oor­sig aan die gang is vir ’n te­rug­keer na wins­ge­wend­heid in ’n “nuwe nor­ma­le prys­om­ge­wing”. Die prys­om­ge­wing waar­na ver­wys word, is pla­ti­num on­der $1 000 per ons en dit lyk nie as­of dit vol­hou­baar styg nie. Teen ’n wis­sel­koers van by­voor­beeld R13,50/$ kom dit op so­wat R13 500 per ons neer. Dit ter­wyl sy kos­te per ons R22 691 is! Ek het voor­heen ge­skryf dat be­leg­gers die he­le pla­ti­num­sek­tor moet ver­my en dié twee sy­fers is die re­de. Ek kan nie sien dat hul­le sal ont­moet ten­sy iets in­gry­pend ge­beur soos dat ’n groot pla­ti­num­maat­skap­py toe­maak nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.