Ge­duld dra vrug­te

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Mark - Plek -

Aspen se re­sul­ta­te wys dat ge­duld mis­kien ’n be­leg­ger se groot­ste deug is. Ek het al voor­heen ge­skryf oor hoe die bes pres­te­ren­de aan­de­le on­der druk kan ver­keer of ja­re lank niks doen nie. Dit be­proef be­leg­gers se ge­duld. Aspen is nog nie uit die moei­lik­heid nie, maar sy on­lang­se re­sul­ta­te was ho­pe be­ter as in vo­ri­ge ja­re. En al het hy nog baie skuld, funk­si­o­neer die on­der­ne­ming doel­tref­fen­der. Waar hy op ’n vlak van so­wat R310 ver­han­del, is die aan­deel bil­lik ge­waar­deer met ’n historiese PV van 23 keer. Aan­deel­hou­ers wat se­dert die hoog­te­punt van R440 vroeg in 2015 aan hom vas­hou is waar­skyn­lik nog nie te­vre­de nie, maar die aan­deel het in Ja­nu­a­rie 2012 vir die eer­ste keer R100 ge­haal. Dus was EOH vir lang­ter­myn­aan­deel­hou­ers steeds ’n goeie belegging.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.