Groot­ou­ers

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Duwweltjie -

Uit­ste­ken­de groot­ou­er­skap

’n Vrou in die su­per­mark let op hoe ’n ou­pa met ’n on­moont­li­ke drie­ja­ri­ge suk­kel. Hy het dui­de­lik sy han­de vol met sy klein­kind, wat oor lek­ker­goed, koe­kies, speel­goed en al­les en nog wat neul.

In­tus­sen werk die ou­pa be­sten­dig sy pad deur die win­kel ter­wyl hy in ’n be­heers­te stem maan: “Kalm nou, Se­an, dis nie meer lank nie . . . kal­meer nou maar.”

Nog ’n uit­bars­ting la­ter hoor sy die ou­pa kalm­pies sê: “Toen­ou maar, Se­an, nog net ’n paar mi­nu­te dan is ons klaar. Vas­byt, ou seun.”

By die kas­re­gis­ter ge­kom be­gin die kind i­tems uit die trol­lie smyt en weer sê die ou­pa in ’n be­heers­te stem­toon: “Se­an, Se­an, ont­span, my maat, moet jou nie ont­stel nie. Oor vyf mi­nu­te is ons by die huis, Se­an, kalm bly.”

Diep be­ïn­druk ver­laat die vrou die win­kel. Op die par­keer­ter­rein het die ou­pa reeds die in­ko­pies in die kat­te­bak ge­laai en stoei hy om die kind in sy stoel­tjie vas te maak.

Aan die be­jaar­de man sê sy: “Dis nie my saak nie, maar jy was won­der­lik daar­bin­ne. Ek weet nie hoe jy dit doen nie. Jy het heel­tyd kalm ge­bly, al was hy hoe las­tig. Se­an is baie be­voor­reg om jou as sy ou­pa te hê.”

“Dan­kie,” sê die man, “maar ek is Se­an. Dié klein twak se naam is Ke­vin.”

S­wye is goud werd

Die groot­ou­ers kom kui­er vir Kers­fees en woon die Kers­diens saam met hul kin­ders by. Half­pad deur die diens leun die ou­pa na sy vrou toe oor en fluis­ter: “Ek het sag­gies ’n wind­jie ge­los. Wat dink jy moet ek doen?”

Die ou­ma ant­woord: “Nuwe bat­te­rye in jou ge­hoor­stuk sit.”

Kort­liks

Die joer­na­lis voer ’n on­der­houd met die 103-ja­ri­ge ou­pa­groot­jie en vra: “En wat sou oom sê is die bes­te ding daar­van om 103 te wees?”

Die ou man se een­vou­di­ge ant­woord: “Geen por­tuur­groep­druk nie.” ___________________________________________ V: Hoe laat jy twee blin­des op­hou ba­klei? A: Skree net: “My geld is op die ou met die mes!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.