Na­tuur­ram­pe: Ver­se­ke­raars moet aan­pas of weg­ge­waai word

Oor die af­ge­lo­pe paar jaar het ver­se­ke­rings­fir­mas ’n dra­ma­tie­se toe­na­me in ei­se er­vaar met ei­en­dom­me en sa­ke wat deur ’n toe­ne­men­de aan­tal bran­de, storms en oor­stro­mings be­ska­dig word. Hoe kan die bedryf by dié nuwe re­a­li­teit aan­pas?

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur Ma­ri­am Isa

daar is bit­ter min men­se in die wê­reld­wye ver­se­ke­rings­be­dryf wat kli­maats­ver­an­de­ring sal ont­ken. Die toe­ne­men­de voor­koms van ui­ter­ste weers­om­stan­dig­he­de die af­ge­lo­pe paar jaar het ’n erns­ti­ge im­pak op hul net­to wins. Meer as vier de­ka­des ge­le­de reeds het die Duit­se ver­se­ke­rings­reus Mu­nich Re ge­waar­sku oor die e­ko­no­mie­se im­pak van aard­ver­war­ming, toe hy ge­merk het dat wê­reld­wye weer­ver­wan­te ska­de­ver­goe­ding styg, ver­al weens oor­stro­mings.

Se­dert­dien is be­wy­se van dié nei­ging oor­wel­di­gend, hoe­wel daar vrae is of die oor­saak na­tuur­lik of mens­ge­maak is.

In De­sem­ber ver­le­de jaar het C­li­ma­te­wi­se, ’n ko­a­li­sie van in­ter­na­si­o­na­le ver­se­ke­raars, ma­ke­laars en be­dryfs­diens­ver­skaf­fers, ge­sê dat weers­ver­wan­te ram­pe die wê­reld­e­ko­no­mie ver­le­de jaar $170 mil­jard ge­kos het – ’n vyf­vou­di­ge sty­ging se­dert die 1980’s en veel ho­ër as die be­raam­de $103 mil­jard van ska­de die vo­ri­ge jaar. Oor die­self­de jaar het die “be­sker­mings­ga­ping” – die ver­skil tus­sen die kos­te van na­tuur­ram­pe en die ver­se­ker­de be­drag – vier­vou­dig tot $100 mil­jard ge­styg. C­li­ma­te­wi­se – wat deur die Cam­brid­ge In­s­ti­tu­te for Sus­tai­na­bi­li­ty Le­a­ders­hip ge­stig is – raam dat die fre­kwen­sie van weer­ver­wan­te ram­pe soos oor­stro­mings, wind­storms en droog­tes se­dert die 1950’s ses­vou­dig toe­ge­neem het.

Mu­nich Re, wat deel van die ko­a­li­sie is, het daar­op ge­wys dat daar ver­le­de jaar ’n “bui­ten­ge­wo­ne” aan­tal oor­stro­mings was, wat vir 34% van die e­ko­no­mie­se ver­lie­se wê­reld­wyd ver­ant­woor­de­lik was, in ver­ge­ly­king met ge­mid­deld 21% die af­ge­lo­pe de­ka­de. Suid-a­fri­ka was geen uit­son­de­ring nie, met oor­stro­mings in Gau­teng ver­ant­woor­de­lik vir R700 mil­joen van mark­ver­lie­se, vol­gens Pie­ter Vis­ser, ’n rampont­le­der by Aon Suid-a­fri­ka. Die ska­de weens bran­de en storms in die Wes-kaap was veel er­ger. Dit het tus­sen R4 mil­jard en R5 mil­jard be­loop en die he­le bedryf in die land ge­raak, vol­gens Ma­ria P­hi­lip­pi­des, ver­se­ke­rings­li­ti­ga­sie­pro­ku­reur by Nor­ton Ro­se Ful­l­brig­ht. Dit volg op drie jaar se erns­ti­ge ei­se vir skie­li­ke storms, ver­al in die mo­tor­be­dryf.

Die kos­te van ui­ter­ste weers­toe­stan­de gaan van­jaar waar­skyn­lik selfs ho­ër wees, met ver­lie­se weens drie on­ge­ë­we­naar­de or­ka­ne – Har­vey, Ir­ma en Ma­ria – moont­lik tot $300 mil­jard, vol­gens Joel My­ers, stig­ter van Accu­we­at­her Inc in A­me­ri­ka.

’n Na­vor­sing­do­ku­ment deur die Lon­don S­chool of E­co­no­mi­cs se Grant­ham Re­se­arch In­s­ti­tu­te, het ver­le­de jaar voor­spel dat ’n toe­na­me van 2.5°C in tem­pe­ra­tuur wê­reld­wyd, so­wat $2,5 dui­send mil­jard van die wê­reld se fi­nan­si­ë­le ba­tes in ge­vaar kan stel.

Deel van die pro­bleem is dat ste­de en dor­pe in kwes­ba­re lig­gings aan die kus steeds groei ter­wyl be­vol­kings styg en bou­kos­te toe­neem.

Die vraag is: Wat moet ver­se­ke­raars en die al­ge­me­ne pu­bliek oor hier­die skrik­wek­ken­de sce­na­rio’s doen? C­li­ma­te­wi­se sê die bedryf se tra­di­si­o­ne­le re­ak­sie op sty­gen­de ver­se­ke­rings­ri­si­ko’s – die ver­ho­ging van pre­mies of die ver­min­de­ring van dek­king – sal nie die e­ko­no­mie­se ge­vol­ge ta­kel nie, en die bedryf se rol as die sa­me­le­wing se “ri­si­ko­be­stuur­der” is in ge­vaar. Ver­se­ke­raars be­lê baie in die ver­be­te­ring van hul mo­del­le­ring van ri­si­ko weens kli­maats­ver­an­de­ring, maar tot dus­ver is die mo­del­le slegs be­skryf as ’n be­we­ging “in die reg­te rig­ting”.

Ten spy­te van die noue mo­ni­te­ring van we­ten­skap­li­ke ver­slae en weer­sten­den­se is die sek­tor nog be­sig om uit te werk hoe om pre­mie­pry­se te be­re­ken om die ri­si­ko’s te weer­spie­ël. Ce­res, ’n A­me­ri­kaan­se lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie wat meer vol­hou­ba­re sa­ke­prak­ty­ke voor­staan, be­raam dat meer as twee der­des van ei­en­doms- en on­ge­val­le­ver­se­ke­raars in die land nie ri­si­ko’s vir kli­maats­ver­an­de­ring in hul on­der­ne­mings­ri­si­ko­be­stuur in aan­mer­king neem nie, en dit sluit in pro­duk­te en diens­te. Som­mi­ge be­lang­heb­ben­des in die ver­se­ke­rings­be­dryf glo eg­ter dat die bedryf die voor­tou kan neem om be­leid­ma­kers in die o­pen­ba­re én pri­va­te sek­tor aan te moe­dig om be­ter voor te be­rei vir kli­maats­ver­an­de­ring. Deel van die prak­tie­se be­na­de­ring wat tans ge­volg word, be­hels die “ri­si­ko­ver­min­de­ring” van ver­se­ker­de ei­en­dom deur ei­e­naars aan te moe­dig om wa­ter­af­loop van hul hui­se weg te lei, toe­rus­ting te in­stal­leer om ri­ool­ver­stop­ping te voor­kom en ge­boue meer brand­be­stand te maak. Hier­die prak­ty­ke sal sta­tis­tie­se ri­si­ko’s ver­min­der, tot voor­deel van die net­to wins van ver­se­ke­raars en ei­end­oms­ei­e­naars.

C­li­ma­te­wi­se be­veel aan dat die bedryf sy ge­raam­de $30 dui­send mil­jard van be­leg­gings ge­bruik om die weer­stand van die sa­me­le­wing en fi­nan­si­ë­le mark­te te fi­nan­sier teen oor­stro­mings, storms en hit­te­gol­we deur die on­der­steu­ning van weer­stand­s­im­pak­ef­fek­te, groen ef­fek­te en weer­stands­ver­be­te­ren­de in­fra­struk­tuur. Die ko­a­li­sie be­pleit ook ’n weer­stands­be­oor­de­ling­stel­sel om ba­te­be­stuur­ders en be­leid­ma­kers te help om hier­die fak­tor as ’n oor­we­ging in hul be­leg­gings­por­te­feul­jes te in­te­greer.

Som­mi­ge ver­se­ke­raars, soos Mu­nich Re, ont­wik­kel nuwe kli­maat­ver­an­de­rings­ver­wan­te pro­duk­te. Een hier­van is “pa­ra­me­trie­se” weer­ver­se­ke­ring vir mil­joe­ne men­se wat in ont­wik­ke­len­de lan­de woon, wat die min­ste op­ge­was­se is teen na­tuur­ram­pe. Mu­nich Re, saam met Al­li­anz en Han­no­ver Re, is die on­der­steu­ners van die M­ün­chenkli­maats­ver­an­de­rings­i­ni­si­a­tief, ’n o­pen­ba­re-pri­va­te in­no­va­sie­la­bo­ra­to­ri­um wat nuwe i­dees ont­wik­kel en toets vir ui­ter­ste weers­om­stan­dig­he­de as ge­volg van kli­maats­ver­an­de­ring. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Ma­ri­am Isa is ’n vry­skut­joer­na­lis wat in 2000 na Suid-a­fri­ka ge­kom het as die hoof­fi­nan­si­ë­le kor­re­spon­dent vir die Reu­ters-nuus­a­gent­skap na­dat sy in die Mid­de-oos­te, B­rit­tan­je en S­we­de ge­werk en on­der­wer­pe van oor­log tot o­lie, as­ook po­li­tiek en e­ko­no­mie ge­dek het. Sy het haar in 2007 as e­ko­no­mie-re­dak­teur by Bu­si­ness Day aan­ge­sluit en het in 2014 be­dank om oor ’n bre­ër reeks on­der­wer­pe vir ver­skeie pu­bli­ka­sies in Suid-a­fri­ka en B­rit­tan­je te skryf.

Orkaan Ir­ma tref Mi­a­mi, Flo­ri­da, in Sep­tem­ber. Ir­ma het na ra­ming ska­de van tot $65 mil­jard aan ei­en­dom aan­ge­rig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.