Ui­teet in die Moe­der­stad mak­lik met dié toe­pas­sing

P­leks daar­van om een re­stau­rant na ’n an­der te bel om ’n eet­plek te vind, kan uit­e­ters in Kaap­stad nou met ’n toe­pas­sing, Fe­as­t­fox, vas­stel wat­ter plek­ke ’n ta­fel oop het. S­tu­art Mur­less, wat saam met sy me­de­stig­ters daar­in ge­slaag het om meer as R2 mil­jo

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur Ti­mothy Rang­on­go

net meer as ’n jaar ge­le­de het S­tu­art Mur­less, ’n voor­ma­li­ge ge­ok­trooi­eer­de re­ken­mees­ter, en sy me­de­stig­ters be­gin werk aan Fe­as­t­fox, ’n ui­teet-toe­pas­sing wat jou in staat stel om plek by ’n re­stau­rant te be­spreek deur vir jou te wys wat­ter een na­by jou op daar­die oom­blik ’n ta­fel oop het. Dié toe­pas­sing is in Ju­lie van­jaar be­kend­ge­stel en bied tans 80 re­stau­ran­te – al­mal in Kaap­stad – om van te kies, on­der meer Mon­di­all, Reu­ben’s en die hoog aan­ge­skre­we No­bu. Daar is op Kaap­stad be­sluit van­weë sy hoë kon­sen­tra­sie eet­plek­ke en ak­tie­we uit­eet­kul­tuur, sê Mur­less. Die lang­ter­myn­doel­wit is eg­ter om na an­der groot ste­de wê­reld­wyd uit te brei. Die naam is ge­ïn­spi­reer deur ’n dier so slim soos ’n jak­kals, wat ’n fees­maal en spe­si­a­le aan­bie­dings vir uit­e­ters kan uit­snuf­fel.

Hoe het jul­le die mark se be­hoef­te aan dié soort diens be­paal?

Ons het tal­le pei­lings ge­doen om die mark­per­sep­sie van dié toe­pas­sing in Suid-a­fri­ka toets. Dit wat men­se ge­sê het hul­le wil hê, het ons a­nek­do­tie­se ge­tui­e­nis be­ves­tig. Ons het ge­kyk na hoe ons te werk gaan en die meer kwa­li­ta­tie­we din­ge het uit ons on­der­hou­de met ver­brui­kers ge­kom.

Wat be­hels jul sa­ke­mo­del?

Die mo­del is dat ons die ge­brui­ker niks vra nie. Die toe­pas­sing kan vol­ko­me gra­tis af­ge­laai en ge­bruik word. Daar word nie geld aan die ge­brui­ker se kant ge­maak nie. Aan die re­stau­rant se kant vra ons wel ’n klein vas­te be­drag vir el­ke kli­ënt wat ons in­bring.

Hoe­veel ge­brui­kers het die toe­pas­sing tot dus­ver af­ge­laai en ge­bruik dit ak­tief?

Dit is so­wat 2 000 keer af­ge­laai.

Ons is nog net twee maan­de aan die gang, maar sien reeds po­si­tie­we te­kens wat groot ge­brui­kers be­tref. Ons het par­ty ge­brui­kers wat die toe­pas­sing al tus­sen ses en agt keer ge­bruik het, by­na op ’n week­lik­se ba­sis. Dis reg­tig po­si­tief. Ons merk ’n hoë ver­hou­ding van men­se wat die toe­pas­sing een keer en daar­na her­haal­de­lik ge­bruik.

Ver­tel ons van jul eer­ste be­spre­king.

Dit was die eer­ste heel­te­mal on­af­hank­li­ke be­spre­king, waar ons glad nie die per­soon ge­ken het nie – ie­mand wat ab­so­luut geen ban­de met ons ge­had het nie. Die be­spre­king was by No­bu, een van ons uit­eet­ven­no­te. Dit was po­si­tief om te sien men­se wat goeie re­stau­ran­te waar­deer, is gre­tig om Fe­as­t­fox as deel van die ui­teet-er­va­ring te ge­bruik.

Daar is ’n klomp werk­lik won­der­li­ke

on­der­ne­mings wat

op die ge­bied van voor­af­be­plan­de ui­teet werk. Maar

nie­mand is juis aan

die spon­ta­ne kant

nie, wat ’n baie gro­ter ge­leent­heid is.

Hoe het jul­le fi­nan­sie­ring ge­kry om Fe­as­t­fox te be­gin?

Da­niel Petz, een van die me­de­stig­ters, het die voor­tou ge­neem met die vind van fi­nan­sie­ring. Hy woon in A­me­ri­ka en is be­sig met ’n MBA by S­tan­ford. Om hom daar te hê, het baie deu­re oop­ge­maak en ons toe­gang tot ver­skeie net­wer­ke ge­gee. Dit was werk­lik fan­tas­ties om daar­die fi­nan­sie­ring te kon kry; dit het ’n groot ver­skil ge­maak. Ons het ’n re­de­li­ke stan­daar­door­een­koms van vier blad­sye ge­naamd SAFE ge­bruik (“Sim­ple A­greement for a Fu­tu­re E­qui­ty”). Voor­dat ons fi­nan­sie­ring ge­vind het, moes ons die on­der­ne­ming self fi­nan­sier.

Ons sit met so­wat R2,3 mil­joen wat ons in­ge­sa­mel het en pro­beer om al­les aan sa­ke­ont­wik­ke­ling te be­stee. Bin­ne die vol­gen­de paar maan­de gaan ons meer op be­mar­king kon­sen­treer.

Wat­ter voor- en nadele het die Safe-oor­een­koms?

Ho­pe voor­de­le. Dit is baie mak­lik ver­staan­baar. Die fi­nan­siers kry nie in dié sta­di­um aan­de­le in die on­der­ne­ming nie. Hul­le kry ’n reg om na aan­de­le oor te ska­kel wan­neer mens ’n eer­ste aan­de­le­ge­ba­seer­de fonds­in­sa­me­ling doen. Die voor­deel om vroeg be­trok­ke te raak, is dat hul­le teen ’n be­perk­te waar­da­sie waar­op oor­een­ge­kom is, kan oor­ska­kel. Dit neem die regs- en

re­gu­la­to­rie­se las weg wat mens in dié vroeë sta­di­um het, wat baie sin maak. Dit maak nie sin om ’n groot deel van als wat jy in­sa­mel aan pro­ku­reurs­gel­de te be­stee wan­neer jy in so ’n vroeë sta­di­um is nie.

Wat was van die groot­ste pro­ble­me wat jul­le moes oor­kom?

Een van die moei­lik­ste din­ge was om be­leg­gers, ver­al A­me­ri­kaan­se be­leg­gers, te oor­tuig om in ’n Suid-a­fri­kaan­se be­gin­ner­maat­skap­py te be­lê vóór be­kend­stel­ling, en wat boon­op in Suid-a­fri­ka be­kend­ge­stel sou word.teg­no­lo­gie in die re­stau­rant­be­dryf is nie tans juis ge­sog en op­win­dend nie. So die ou­ens stel tans mees­al be­lang in an­der nuwe soor­te teg­no­lo­gie, soos vir­tu­e­le werk­lik­heid. Da­niel het met tal­le men­se ver­ga­der en kon ou­ens vind wat die vi­sie ge­deel en by die kon­sep in­ge­koop het. Dit was moei­lik, maar die eind­re­sul­taat was po­si­tief.

Aan­vank­lik was dit ook moei­lik om re­stau­rant­ven­no­te te kry. Ons het ’n vroeë weer­ga­we van die toe­pas­sing ge­had wat glad nie so spog­ge­rig ge­lyk het soos nou nie. Ons het slegs ’n paar re­stau­ran­te ge­had wat al in daar­die sta­di­um aan­ge­sluit het. Ons het nie ’n vas­te da­tum vir die be­kend­stel­ling ge­had nie. Dit is nog­al moei­lik wan­neer jy vier of vyf re­stau­ran­te op jou lys het en as jy met ’n vol­gen­de een gaan gesels merk hy op hoe min na­me jy het. Dan sê hul­le, “Kom na my toe te­rug wan­neer jy nog ’n paar het.” Ons het eg­ter ’n keer­punt be­reik waar re­stau­ran­te ons nou be­gin na­der.

Hoe straf is die me­de­din­ging in jul sek­tor en wat on­der­skei jul pro­duk/ diens van an­der?

In Suid-a­fri­ka is daar nie reg­tig me­de­din­ging nie. In­ter­na­si­o­naal wel, maar ook net ge­deel­te­lik. Ons is op die ge­bied van re­stau­rant­teg­no­lo­gie be­dry­wig en daar is baie ou­ens wat die voor­af be­plan­de ding doen, soos O­pen­ta­ble. Ons kon nie­mand vind wat werk­lik met spon­ta­ne be­spre­kings werk nie en ons dink dit is ’n won­der­li­ke ter­rein vir ons. Ons het met men­se be­gin gesels en na a­nek­do­tie­se ge­tui­e­nis be­gin kyk. Die mees­te van jou mo­der­ne uit­e­ters be­sluit spon­taan om te gaan ui­teet. So, daar is ’n klomp werk­lik won­der­li­ke on­der­ne­mings wat op die ge­bied van ’n voor­af be­plan­de ui­teet werk. Maar nie­mand is juis aan die spon­ta­ne kant nie, wat ’n baie gro­ter ge­leent­heid is, min­stens na ons me­ning. Ek dink nie dit gaan al­tyd so wees nie, maar ho­pe­lik het ons ’n ef­fen­se voor­sprong.

Hoe­veel men­se het jul­le tans in diens?

Wat die stig­ters­le­de be­tref is daar vier van ons.

Daar­by het ons twee men­se aan die sa­ke­ont­wik­ke­lings­kant wat met die re­stau­ran­te werk, en ons het ’n deur­lo­pen­de in­tern­skaps­pro­gram. Drie in­ter­na­si­o­na­le leer­ling­werk­ne­mers, twee van I­ta­lië en een van Oos­ten­ryk, het pas by ons klaar­ge­maak. Ons leer­ling­werk­ne­mers los pro­ble­me op wat in die reg­te le­we voor­kom en op hul spe­si­fie­ke be­lang­stel­lings en loop­baan­as­pi­ra­sies ge­grond is, soos om vir ’n nuwe pro­jek ’n be­mar­king­stra­te­gie te skep. ’n Nuwe groep plaas­li­ke en in­ter­na­si­o­na­le leer­ling­werk­ne­mers be­gin bin­ne­kort. Dié jong­men­se bring on­ge­loof­li­ke skep­pen­de i­dees na die ta­fel en voeg aan­sien­li­ke waar­de tot ons kul­tuur toe. Om in ’n be­gin­ne­ron­der­ne­ming te werk, gee aan hul­le prak­tie­se er­va­ring wat hul­le nooit in ’n groot maat­skap­py sal kry nie.

Wat is die bes­te sa­ke­ad­vies wat jul­le ooit ont­vang het?

Om be­slui­te op grond van da­ta eer­der as in­tu­ï­tie­we aan­voe­ling te neem. Dit is nie al­tyd mak­lik nie, maar ons pro­beer so­ver moont­lik om ons be­slui­te op da­ta te grond eer­der as op die in­tu­ï­tie­we ge­voel van die per­soon met die mees­te in­vloed.

Wat was on­ver­wags?

Die mees­te din­ge was on­ver­wags. My teg­nie­se ken­nis en vaar­dig­he­de is be­perk, so dan is baie din­ge on­ver­wags. Wat my ver­al be­ïn­druk het, is hoe­veel da­ta en in­sig­te jy kan ge­ne­reer as jy ie­mand met daar­die vaar­dig­he­de het – soos een van die me­de­stig­ters, wat ’n ag­ter­grond in da­ta­we­ten­skap en ma­sjien­leer het. So ie­mand waar­deer die po­ten­si­aal van da­ta, wat ek dink on­ge­loof­lik is. Ek was glad nie voor­heen daar­aan bloot­ge­stel nie.

Hoe bly jul­le ge­mo­ti­veerd?

Ek dink een van die groot­ste dryf­ve­re is as jy iets op­bou wat jou eie is. Dit is vir ons be­lang­rik dat elk­een wat vir Fe­as­t­fox werk, of moont­lik gaan werk, ’n aan­deel in die be­sig­heid moet hê. El­ke per­ma­nen­te werk­ne­mer moet een­vou­dig ’n be­lang hê. Dit is baie mak­li­ker om ge­mo­ti­veerd te bly as jy din­ge aan jou eie bas voel en jy vir jou­self iets op lang ter­myn op­bou.

Wat­ter raad het jy vir voor­ne­men­de en­tre­pre­neurs wat daar­aan dink om iets aan te pak?

Ek dink dit is ui­ters be­lang­rik om, waar moont­lik, el­ke aan­na­me wat hul­le na hul mo­del bring, gron­dig te toets voor­dat hul­le ho­pe tyd, geld en moei­te daar­aan wy om iets op te bou.

S­tu­art Mur­less Me­de­stig­ter van Fe­as­t­fox

Mon­di­all in die V&A Wa­ter­front is een van 80 re­stau­ran­te op die Fe­as­t­fox-toe­pas­sing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.