Be­kom­merd dat jy jou kans mis­ge­loop het met Bit­coin, Et­he­reum en hul ma­ters?

Kriptogeldeenhede het al­mal die af­ge­lo­pe maan­de op hol, en ge­niet fe­no­me­na­le groei in pry­se. Maar weet jy ge­noeg oor hier­die ti­pe geld­een­he­de om met oor­tui­ging daar­in te kan be­lê?

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

kriptogeldeenhede is dees­dae hoog in die mo­de met Bit­coin* en Et­he­reum wat die mees­te van die aan­dag kry. Soos ge­woon­lik die ge­val is wan­neer een of an­der ba­te se prys heel­te­mal hand-uit ruk, wil al­mal weet of hul­le moet koop. Hoe hoog kan die prys styg? En in dié ge­val is die vraag selfs een­vou­di­ger – wat op dees aar­de is ’n krip­to­geld­een­heid?

Kom ons be­gin by die be­gin: Wat is kriptogeldeenhede? Een­vou­dig ge­stel is hul­le mun­te wat ge­myn kan word deur in­ge­wik­kel­de wis­kun­di­ge pro­ble­me op te los of, soos wat die mees­te men­se doen, kan jy hul­le op ’n beurs koop. Dié mun­te is ver­han­del­baar of kan ge­bruik word om din­ge in die reg­te wê­reld aan te koop.

Baie men­se sal sê hul­le is vir­tu­e­le geld­een­he­de, maar ek stem nie saam nie. Die wis­sel­val­lig­heid wat ons sien, maak dit veel meer soos ’n kom­mo­di­teit, be­hal­we dat ’n kom­mo­di­teit ge­woon­lik ’n werk­li­ke nut het. Dit is so dat baie men­se dan da­de­lik sal sê dat wê­reld­geld­een­he­de nie deur e­nig­iets ge­rug­steun word nie se­dert lan­de op­ge­hou het om hul geld­een­he­de aan goud te kop­pel.

Dit is waar, maar kom ons kyk na die A­me­ri­kaan­se dol­lar as voor­beeld. Dit word nie ge­steun deur goud nie, maar wel deur die A­me­ri­kaan­se re­ge­ring. En dit is baie be­lang­rik – in so ’n ma­te dat die dol­lar die groot­ste pak­huis van ryk­dom vir in­di­vi­due en lan­de wê­reld­wyd is.

Kriptogeldeenhede het niks wat hul­le steun nie be­hal­we aan­vraag, en dié vraag word bloot aan­ge­dryf deur gie­rig­heid na­ma­te pry­se die hoog­te in­skiet.

Daar is ook aan­ge­voer dat kriptogeldeenhede ’n vei­li­ge ha­we is, maar dit is ver­keerd be­wys toe Noord-ko­rea on­langs ’n kern­wa­pen ge­toets het. Daar­die self­de na­week het Bit­coin in duie ge­stort en 20% in waar­de ver­loor. Meer on­langs het JP Mor­gan se uit­voe­ren­de hoof, Ja­mie Di­mon, ge­sê dat Bit­coin be­drog is, wat die pry­se weer laat val het. Dit is be­slis nie te­ke­nend van ’n vei­li­ge ha­we nie.

Uit­ein­de­lik is kriptogeldeenhede niks nie, maar dit be­te­ken nie dat hul­le nie ver­han­del kan word nie. Ge­nug­tig, eeue ge­le­de het ons see­skul­pe en selfs beer­vel­le as ruil­mid­de­le ge­bruik.

Maar wat doen ’n be­leg­ger as jy al die bo­haai en po­ten­si­ë­le wins­te in ag neem?

Wel, die eer­ste punt is die word “po­ten­si­aal”. Jy kan ’n for­tuin maak deur ’n krip­to­geld­een­heid te koop, maar jy kan ook ’n for­tuin ver­loor, soos wat ons ge­sien met die on­lang­se in­een­stor­ting.

As jy reg­tig een van die kriptogeldeenhede wil koop, stel ek voor dat jy jou by dié twee re­ëls hou:

■ Kry vir jou een van die groot kriptogeldeenhede, en nie ’n ei­en­aar­di­ge een wat nie­mand nog van ge­hoor het nie en wat deur Pa­ris Hil­ton be­mark word nie. Som­mi­ge krip­to-een­he­de v­lieg ter­wyl an­der duik. Om te weet wat­ter een wat­ter een is, is haas on­moont­lik.

■ Be­gin klein. Moe­nie ’n groot per­sen­ta­sie van jou geld in ’n krip­to-een­heid be­lê nie. Be­gin lie­wers met ’n baie klein hoe­veel­heid geld om eers die wa­ter te toets en wees daar­op voor­be­reid om al­les te ver­loor.

As jy steeds to­taal deur­me­kaar is, bly lie­wers op die kant­lyn sit. War­ren Buf­fet is be­kend daar­voor dat hy nooit in e­ni­ge vuur­warm dot-com-aan­de­le be­lê het nie om­dat hy nog nooit hul­le be­sig­heid ver­staan het nie. En hy vaar heel goed.

Dit is so dat jy ’n vlie­ën­de belegging mag mis­loop, maar ons loop sul­ke be­leg­gings ge­du­rig mis. Daar is let­ter­lik hon­derd­dui­sen­de din­ge waar­in ons kan be­lê, maar ons is te­vre­de met ’n do­syn of twee en mis dui­send wat hoog v­lieg.

Ont­hou dat die wê­reld van kriptogeldeenhede met die Wil­de Wes­te ver­ge­lyk kan word. Beur­se word ge­kraak en die krip­to-een­he­de word ge­steel. Ter­self­der­tyd hou re­ge­rings nie van hul­le nie, met C­hi­na wat hul­le on­langs warm ge­wiks het met re­gu­le­ring.

My raad is dat, selfs al is daar geld te maak, die bes­te op­sie is om kriptogeldeenhede te ver­my, ten­sy jy reg­tig erns­ti­ge ri­si­ko aan boord wil neem. Moet ook nie toe­laat dat jy aan­ge­dryf word deur die vrees om ’n ge­leent­heid mis te loop nie – dit ein­dig al­tyd in tra­ne. ■

te­rug­voer@fin­week.co.za

*Die skry­wer be­sit twee Bit­coins wat hy in 2010 ge­myn het.

Kriptogeldeenhede het niks wat hul­le steun nie be­hal­we aan­vraag, en dié vraag word bloot aan­ge­dryf deur gie­rig­heid na­ma­te pry­se

die hoog­te in­skiet.

Ja­mie Di­mon Uit­voe­ren­de hoof van JP Mor­gan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.