In­fra­struk­tuur­po­li­tiek

In­fra­struk­tuur­pro­jek­te het die po­ten­si­aal om ’n land se e­ko­no­mie­se toe­koms te ver­an­der. Die re­ge­ring se rol is om pro­jek­te te i­den­ti­fi­seer wat tot breed­ge­ba­seer­de e­ko­no­mie­se ontwikkeling sal lei. Maar ge­beur dit tans?

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

wat­ter ti­pe in­fra­struk­tuur sal die bes­te vir Suid-a­fri­ka se toe­koms wees? Die ant­woord hang na­tuur­lik af van jou be­skou­ing. As jy in Gau­teng leef en werk, sal jou ant­woord waar­skyn­lik wees dat die Gautrein-net­werk uit­ge­brei moet word. Of as jy in Kaap­stad bly, sal jy waar­skyn­lik be­leg­gings in wa­ter­ont­sou­tings­aan­leg­te ver­kies. Jou be­roep mag dalk ook ’n rol speel. As jy ’n myn­wer­ker is, is dit on­waar­skyn­lik dat jy die uit­brei­ding van her­nieu­ba­re e­ner­gie sal steun. ’n Op­ge­lei­de sag­te­wa­re-in­ge­ni­eur? Dan sal jy waar­skyn­lik groot be­leg­gings in te­le­kom­mu­ni­ka­siein­fra­struk­tuur ver­kies.

’n Be­lang­ri­ke, maar dik­wels on­der­waar­deer­de, re­ge­rings­rol is om die ti­pe in­fra­struk­tuur te kies wat die land se toe­koms­ti­ge ont­wik­ke­lings­pad sal be­paal. Dié keu­se is eg­ter nooit neu­traal nie: vir el­ke be­sluit is daar wen­ners en ver­loor­ders. Kies die re­ge­ring om ’n nuwe steen­kool­aan­ge­dre­we krag­aan­leg te bou, sal dit die ei­e­naars van steen­kool­my­ne en –wer­kers tot voor­deel strek. Maar in­dien die kos­te van al­ter­na­tie­we bron­ne dras­ties val, is dit krag­ge­brui­kers wat aan die kort­ste end trek. Kies om ’n ho­ë­spoed­trein­net­werk oor die land heen te bou (dalk ’n hi­per­lus!), dan sal ge­brui­kers van hier­die net­werk – waar­skyn­lik hoë of mid­del­in­kom­ste-suid-a­fri­ka­ners – voor­deel trek, ter­wyl lang­af­stand­bus­diens­te, taxi-o­pe­ra­teurs en huur­mo­tors gaan af­tjop. Die re­ge­ring se werk, min­stens in te­o­rie, is om pro­jek­te te kies wat die voor­de­le sal mak­si­ma­li­seer en die kos­te sal mi­ni­ma­li­seer.

Maar sa­ke is nooit so een­vou­dig nie. ’n Na­vor­sings­do­ku­ment wat bin­ne­kort in die Eu­ro­pe­an Re­view of E­co­no­mic His­to­ry sal ver­skyn, ge­skryf deur Al­fon­so Her­ranz-lon­can en my­self, on­der­soek die in­fra­struk­tuur in die Kaap­ko­lo­nie wat ty­dens die twee­de helf­te van die 19de eeu ge­bou is. Voor die ont­dek­king van di­a­man­te in 1867 was die paar spoor­ly­ne wat be­staan het (in en rond­om Kaap­stad) in pri­va­te be­sit en groot­liks nie­wins­ge­wend. Maar die ont­dek­king van di­a­man­te en die storm­loop na die my­ne het be­te­ken dat die aan­vraag vir vin­ni­ge, be­kos­tig­ba­re ver­voer na die bin­ne­land eks­po­nen­si­eel toe­ge­neem het. Die Kaap­se re­ge­ring moes op­tree.

En die re­ge­ring het. Hy het die paar be­staan­de spoor­ly­ne ge­koop en toe met die pro­ses be­gin om Kaap­stad en Kim­ber­ley met me­kaar te ver­bind. Dit is in 1885 af­ge­han­del. Die aan­slui­ting met die flo­re­ren­de di­a­mant­streek het groot e­ko­no­mie­se voor­de­le te­weeg­ge­bring: ons re­ken dat die spoor­lyn ver­ant­woor­de­lik kon wees vir 22% tot 25% van die toe­na­me in in­kom­ste per ca­pi­ta in die Kaap ty­dens die di­a­mant­ont­gin­nings­tyd­perk (1873-1905). Dit is ’n mas­sie­we deel vir ’n en­ke­le belegging en ’n dui­de­li­ke aan­dui­ding van die trans­for­me­ren­de krag van spoor­weë ty­dens die eer­ste era van glo­ba­li­sa­sie.

Maar dié voor­de­le is nie deur al­mal in ge­ly­ke ma­te ge­niet nie. Ver­ras­send ge­noeg het die re­ge­ring self ’n skra­le 3,7% op­brengs op sy ka­pi­taal ge­kry. As ’n pri­va­te maat­skap­py die spoor­weë ge­bou het, sou daar waar­skyn­lik baie min­der sy­spo­re ge­bou wees. Soos die S­tel­len­bos­se Phd-stu­dent A­bel G­wain­de­pi nou toon, het die re­ge­ring groot skuld aan­ge­gaan om dié in­fra­struk­tuur te bou, en hoe­wel dit voor­deel ge­trek het deur doe­a­ne en ak­syns en an­der ta­rie­we, het die ei­e­naars van die di­a­mant­vel­de die mees­te daar­by baat ge­vind. Die trein­spoor tus­sen Kaap­stad en Kim­ber­ley kon nou die ma­sji­ne­rie en kos ver­voer wat no­dig was om Kim­ber­ley se groei­en­de be­vol­king te voed. Die Wes-kaap se graan­boe­re, wat die my­ne van kos voor­sien het, het ook baat ge­vind. Dit was dus nie heel­te­mal toe­val­lig dat dié twee groe­pe, die myn­ei­e­naars en die Wes-kaap­se boe­re, ’n po­li­tie­ke al­li­an­sie in die Kaap­se par­le­ment ge­vorm het nie.

Nie net myn­ei­e­naars en die Kaap­se boe­re is be­voor­deel nie. ’n Ge­de­tail­leer­de ver­slag toon dat al­le in­wo­ners van die Kaap­ko­lo­nie van trei­ne ge­bruik ge­maak het. Maar op die ou ein­de was dit die be­las­ting­be­ta­lers wat die skuld moes be­taal wat aan­ge­gaan is, en dik­wels was dié be­las­ting­be­ta­lers oor die he­le ko­lo­nie heen ver­sprei (ver van die reg­streek­se voor­deel van die spoor­weg) en ná een­wor­ding in 1910, die res van die land. En die spoor­weg was so ge­leë dat die­ge­ne met min­der po­li­tie­ke in­vloed, soos die boe­re in Ba­soe­toe­land (wat graan baie na­der aan die di­a­mant­vel­de ge­pro­du­seer het), aan die ag­ter­ste speen ge­suig het. Hier is ’n uit­trek­sel uit ’n sen­de­lings­ver­slag van 1886, die jaar na­dat die spoor­lyn vol­tooi is: “Ba­soe­toe­land, moet ons er­ken, is ’n arm land . . . Ver­le­de jaar se geil oes het geen af­set ge­vind nie, om­dat, se­dert die trein­spoor ge­bou is, ko­lo­ni­a­le en bui­te­land­se graan ramp­spoe­dig met plaas­li­ke pro­duk­sie mee­ge­ding het.”

Die 19de eeu­se Kaap­se trein­spoor het ’n be­lang­ri­ke by­drae tot e­ko­no­mie­se groei ge­le­wer, maar dit het on­be­doeld ook ver­sprei­dings­ge­vol­ge ge­had; par­ty het meer voor­deel ge­trek as an­der, en par­ty het selfs ge­ly weens sy kon­struk­sie.

Wat is die les­se te leer vir van­dag? Po­li­tiek be­paal die in­fra­struk­tuur wat ge­bou word, en in­fra­struk­tuur be­paal die rig­ting van e­ko­no­mie­se ontwikkeling. Die sleu­tel­vraag is dus: Bou ons die soort in­fra­struk­tuur wat Suid-a­fri­ka op ’n pad van breed­ge­ba­seer­de e­ko­no­mie­se ontwikkeling sal plaas, of word die keu­se van in­fra­struk­tuur be­paal deur die self­be­lang van die­ge­ne met die be­sluit­ne­mings­mag, baie soos Ce­cil John R­ho­des en sy tra­wan­te ty­dens die laas­te deel van die 19de eeu?

An­ders ge­stel, wan­neer ons ’n nuwe krag­op­wek­kings­ge­rief kies of ’n te­le­kom­mu­ni­ka­sie­li­sen­sie, oor­weeg ons die voor­de­le vir die ge­meen­skap as ge­heel of die voor­de­le van ’n spe­si­fie­ke be­lan­ge­groep? ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Jo­han Fou­rie is me­de­pro­fes­sor in e­ko­no­mie aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Po­li­tiek be­paal die in­fra­struk­tuur wat ge­bou word. En in­fra­struk­tuur be­paal die rig­ting van e­ko­no­mie­se ontwikkeling.

Die trein­sta­sie in Ad­der­ley­straat, Kaap­stad in 1910. Die trein- spoor tus­sen Kaap­stad en Kim­ber­ley is in 1885 vol­tooi en het tot groot e­ko­no­mie­se voor­de­le ge­lei vir som­mi­ges.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.