$973 m

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

Glencore sal vir $973 mil­joen ’n be­he­ren­de be­lang in Chevron se ba­tes in Sui­der-a­fri­ka koop na­dat Chevron se be­mag­ti­gings­ven­no­te hul voor­koop­reg uit­ge­voer en Si­no­pec se plan ge­kel­der het om die be­lang van 75% te koop. Dié ven­no­te sal die be­lang koop en dit dan aan Glencore ver­koop. Si­no­pec se aan­bie­ding van $900 mil­joen vir die be­lang van 75% is in Maart aan­vaar. Die tran­sak­sie sluit Chevron se raf­fi­na­de­ry van 100 000 va­te per dag in Kaap­stad en meer as 800 vul­sta­sies in Suid-a­fri­ka en Botswa­na in, be­rig Bloom­berg. Die maat­skap­py het ook ’n tran­sak­sie van $531 mil­joen aan­ge­kon­dig om ’n gro­ter be­lang in Vol­can Cia, ’n sink­myn­fir­ma in Pe­ru, te koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.