Vind aan­klank by mil­len­ni­ërs: Ou be­dryf be­no­dig nu­we i­dees

Die plaas­li­ke fi­nan­si­ë­le­diens­te­be­dryf, hoe­wel ge­wel­dig ge­vor­derd, moet vir ’n nu­we ge­ne­ra­sie, en die bre­ër be­vol­king in die land, voor­sie­ning maak.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

wat baie men­se nie weet ra­ken­de die mis­luk­king van Ko­dak as ’n maat­skap­py nie, is dat dit nie so­seer die skuif na di­gi­ta­le ka­me­ras mis­ge­loop het nie. Dit is eer­der dat dit so na­by was, maar steeds die be­we­ging na die deel van fo­to’s op aan­lyn plat­forms mis­ge­loop het. Toe Ko­dak die web­ge­gron­de fo­to­deel­tuis­te O­fo­to in 2011 ge­koop het, was aan­lyn de­ling as ’n nu­we nei­ging be­sig om kop uit te steek. Maar in plaas daar­van om sy po­ten­si­aal te ont­sluit, het Ko­dak pro­beer om die web­tuis­te te ge­bruik om sy tra­di­si­o­ne­le fo­to­druk­be­sig­heid woe­ma te gee. Die re­sul­taat was ramp­spoe­dig.

Ko­dak het O­fo­to in 2012 aan S­hut­terf­ly vir min­der as $25 mil­joen ver­koop, ter­wyl Fa­ce­book in die­self­de maand $1 mil­jard be­taal het vir In­sta­gram, ’n fo­to­deel­web­werf wat 18 maan­de van­te­vo­re deur ’n jong voor­ma­li­ge in­ge­ni­eur van Google ge­skep is. Die les is dat e­ni­ge be­sig­heid of be­dryf wat nie by ’n nu­we ten­dens en ver­an­de­ren­de kli­ën­te­ba­sis aan­pas nie, in duie sal stort, maak nie saak hoe sterk en suk­ses­vol dit op daar­die ge­ge­we tyd is nie.

Die plaas­li­ke sce­na­rio

Van die 17 wê­reld- ont­wik­ke­len­de­mark­e­ko­no­mieë is Suida­fri­ka laas­te wat s­paar be­tref, met slegs 15% van die BBP. Om die land se Na­si­o­na­le Ont­wik­ke­lings­plan suk­ses­vol in wer­king te stel, is ’n spaar­koers van so­wat 30% van BBP no­dig – dit kom neer op ’n hui­di­ge te­kort van so­wat

R15 mil­jard per maand.

Tog het Suid-a­fri­ka, ge­sien teen dié ag­ter­grond, een van die mees ge­so­fis­ti­keer­de fi­nan­si­ë­le­diens­be­dry­we wê­reld­wyd met ’n for­me­le pen­si­oen­fonds­sek­tor wat meer as R3 dui­send mil­jard in ba­tes be­dryf. Daar is meer Suida­fri­kaan­se fonds­be­stuur­ders on­der die wê­reld se top-500 groot­ste be­stuur­ders as Ne­der­land, Bel­gië, Por­tu­gal, Noor­weë, S­we­de, De­ne­mar­ke, Fin­land, Rus­land, Oos­ten­ryk, Hong­kong en al die Suid-a­me­ri­kaan­se lan­de ge­kom­bi­neer.

Maar die on­der­lig­gen­de kli­ën­te­ba­sis is aan’t ver­an­der en Suid-a­fri­ka se ba­te­be­stuurs­be­dryf moet drin­gend ver­der as sy tra­di­si­o­ne­le en ver­ou­de­ren­de kli­ën­te­ba­sis soek om te be­paal hoe om raad te gee en pro­duk­te te skep wat meer van be­lang is vir ’n jon­ger ge­slag.

Ver­skil­len­de roe­tes kan ge­volg word om hier­die nu­we ont­lui­ken­de mil­len­ni­ër-mark te tei­ken. ’n Maat­skap­py kan dit op sy eie pro­beer doen deur ’n nu­we tei­ken­mark uit te kerf as deel van ’n al­ge­me­ne sa­ke­stra­te­gie. Of, be­lang­heb­bers in die sek­tor kan as ’n kollektiewe ge­heel meer ken­nis en begrip aan­dryf deur ge­sa­ment­li­ke po­gings en ge­deel­de ken­nis, deur te fo­kus op vier sleu­tel­ge­bie­de: on­der­rig, ver­een­vou­di­ging, toe­gank­lik­heid en aan­spo­rings.

Fi­nan­si­ë­le ge­let­terd­heid op pri­mê­re, oor­gangs-, ter­si­ê­re en pro­fes­si­o­ne­le vlak is kern­be­lang­rik. Na­vor­sing het be­vind dat slegs 24% van mil­len­ni­ërs ba­sie­se fi­nan­si­ë­le ken­nis het, maar slegs 27% soek pro­fes­si­o­ne­le raad. In Suid-a­fri­ka het 51% van jong men­se tus­sen die ou­der­dom­me van 20 en 24 nie ’n ma­triek­ser­ti­fi­kaat nie. Fi­nan­si­ë­le on­der­rig en ba­sie­se fi­nan­si­ë­le kun­dig­heid is nood­saak­lik om ’n begrip van die be­lang van toe­koms­ti­ge fi­nan­si­ë­le be­plan­ning te kweek.

Die ver­een­vou­di­ging van pro­duk­te kan baie help om mil­len­ni­ërs te be­trek. Suid-a­fri­ka se af­tree­be­dryf is een van die ont­wik­keld­ste wê­reld­wyd. Maar ja­re se ont­wik­ke­ling het ge­lei tot ’n ge­so­fis­ti­keer­de, maar nie nood­wen­dig een­vou­di­ge mark, nie. Om fi­nan­si­ë­le on­der­rig om te ska­kel na aan­lyn ad­vies vir jon­ger men­se, bied ’n be­lang­ri­ke ge­leent­heid.

Om ’n be­dryfswye “stan­daard­pro­duk” te skep kan help om s­paar te ver­een­vou­dig. “S­tan­daard” be­te­ken nie swak­ker gehalte nie, maar lie­wers ’n gids tot wat die mees­te men­se as ’n mi­ni­mum moet be­skou.

Die ge­bruik van sel­fo­ne is ge­ves­tig en wyd ver­spreid, en is re­la­tief vin­nig in Suid-a­fri­ka aan­vaar. Mo­bie­le teg­no­lo­gie kan meer uit­ge­breid ge­bruik word vir fi­nan­si­ë­le raad en on­der­rig en ’n gro­ter ge­hoor be­reik.

Meer as e­ni­ge an­der ge­ne­ra­sie, is mil­len­ni­ërs baie erns­tig oor ge­sond­heid- en wel­syn-sa­ke. Hul­le eet slim­mer, oe­fen meer (en ge­reel­der), ge­bruik aan­lyn bron­ne om ge­son­der kos te vind en hou tred van al­les wat hul­le doen. Om aan­spo­rings te ge­bruik kan ’n krag­ti­ge en meer ef­fek­tie­we ma­nier wees om jon­ger men­se te be­trek.

Die nood­saak vir die be­dryf om meer in voe­ling te wees met die vol­gen­de ge­slag kli­ënt is nie slegs om sy oor­le­wing te ver­se­ker nie. Dit gaan oor die ver­se­ke­ring van fi­nan­si­ë­le sta­bi­li­teit vir een van die groot­ste ge­slag­te in die ge­skie­de­nis.

Die Suid-a­fri­kaan­se be­dryf moet ook meer be­trok­ken­heid oor de­mo­gra­fie­se en ge­slags­ly­ne heen oor­weeg. Slegs 29% van ge­ser­ti­fi­seer­de fi­nan­si­ë­le be­plan­ners in Suid-a­fri­ka is vroue en slegs 15% is swart, al­dus Global Com­pa­ra­tor Re­se­arch.

Be­ne­wens die ge­stoei met ge­ne­ra­sie­ver­an­de­rings, moet Suid-a­fri­ka ook vas­stel hoe om aan­klank te vind by ’n baie uit­een­lo­pen­de mark waar pro­duk­te tra­di­si­o­neel deur ’n re­de­lik nou seg­ment ont­wik­kel is. Stok­vels is by­voor­beeld een van die ti­pes spaar­ske­mas wat die lang­ste in Suid-a­fri­ka in be­dryf is. Doen die fi­nan­si­ë­le-ad­vies- en ba­te­be­stuurs­be­dryf ge­noeg om bui­te sy tra­di­si­o­ne­le pro­duk­aan­bod te ont­wik­kel?

Suid-a­fri­ka­ners werk oor die al­ge­meen goed as ’n een­heid saam en het groot suk­ses be­haal om vin­nig nu­we be­na­de­rings te aan­vaar om van fo­kus te ver­an­der na­ma­te die be­hoef­te ont­staan. Daar is ’n groot saak op so­si­a­le vlak uit te maak om se­ker te maak dat raad en pro­duk­te aan die vol­gen­de ge­slag ge­bied kan word wat vir hul­le aan­lok­lik is. Hul­le is im­mers ons toe­koms. ■

Ke­vin Lings is S­tan­lib se hoof­e­ko­noom.

E­ni­ge be­sig­heid of be­dryf wat nie aan­pas by ’n nu­we ten­dens en ver­an­de­ren­de kli­ën­te­ba­sis nie, sal in duie stort, maak nie saak hoe sterk en suk­ses­vol dit op daar­die ge­ge­we tyd is

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.