Fi­nan­si­ë­le af­rig­ting: Les­se van my ne­gen­tig­ja­ri­ge ma

An­ne Ca­bot-al­let­z­hau­ser het ver­le­de jaar ’n maand saam met haar ma be­stee en waar­de­vol­le insig ver­kry in hoe die fi­nan­si­ë­le­diens­te­be­dryf pro­ble­me wat vroue, be­jaar­des en fi­nan­si­eel on­in­ge­lig­tes in die ge­sig staar, moet ta­kel.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

ver­le­de No­vem­ber het ek ’n drin­gen­de op­roep ge­kry om te­rug te keer “huis toe”. “Huis” is in hier­die ge­val ’n plek waar ek in werk­lik­heid nog nooit ge­leef het nie en in ’n land waar ek in werk­lik­heid vir am­per 40 jaar nie ge­bly het nie. Nie­te­min, dit is waar my ma bly, en waar mens se ma bly is by wyse van spre­ke op ’n spe­si­a­le ma­nier maar al­tyd “huis”.

Ná ’n week in die hos­pi­taal, wat in­sluit ’n koors van 40 gra­de wat vier dae ge­duur het, was haar ge­heue heel­te­mal in sy peet­jie in. Om al­les te kroon, op die jeug­di­ge ou­der­dom van 90 jaar oud, het sy die dras­tie­se stap ge­doen om haar saam­leef­maat van die af­ge­lo­pe 15 jaar die trek­pas te gee. Voor die koors het sy al be­sluit dat die le­we te kort is om met ’n man (hy was 10 jaar jon­ger as sy) op­ge­skeep te sit wat een­vou­dig “te af­hank­lik van haar was, te chau­vi­nis­ties en te dik­ta­to­ri­aal wat haar le­wen­styl be­tref”.

Die po­bleem was eg­ter dat dit die­self­de man was wat die af­ge­lo­pe 15 jaar haar geld­sa­ke han­teer het. Met hom weg en my ma se ge­heue ook, moes ie­mand gaan sit en haar fi­nan­si­ë­le le­we heel­te­mal her­bou om te ver­staan pre­sies wat nou moet ge­beur.

In die vier we­ke wat dit ge­neem het om hier­die on­ge­loof­li­ke kraai­nes te ont­ra­fel, was ek die een wat die mees kri­tie­ke les­se ge­leer het. Hoe goed ver­staan die wê­reld fi­nan­si­ë­le ad­vies wat die kwes­baar­ste seg­men­te van die mark die mees­te be­no­dig, ten spy­te van die ont­sag­li­ke kos­te van uit­ge­brei­de fi­nan­si­ë­le sorg?

HIER VOLG DIE OP­VOE­DING VAN AN­NE:

hê. Uit die aard van die saak het sy, die oom­blik toe ek haar pro­beer dwing het om my a­gen­da te volg, af­ge­sluit. Wat reg­tig van my ver­eis is, was een­vou­dig om te luis­ter, son­der om te oor­deel, so­dat ek dui­de­lik kon ver­staan waar­aan sy die mees­te waar­de ge­heg het, on­ge­ag hoe nie­tig dit ge­klink het.

Waar ek die klem ge­lê het op vei­lig­heid en se­ku­ri­teit, het sy le­wens­ge­hal­te be­klem­toon, en om die i­tems op haar wens­ly­sie af te tik. Waar ek ’n een­vou­di­ge le­wens­wy­se en be­sker­ming be­klem­toon het, het sy be­na­druk waar­om dit vir haar ’n nood­saak­li­ke le­wens­waar­de was om te gee, maak nie saak hoe klein nie. Waar ek klem op ge­skik­te ver­sor­ging ge­lê het, het sy die klem laat val op vrien­de vir steun. As ons dit reg wou kry, sou ek moes ver­staan dat my ant­woor­de nie nood­wen­dig al­tyd reg was nie.

Vir men­se wat be­jaard word, pas ’n we­du­wee of we­we­naar ge­word het, of ge­skei is, is dit ’n moei­li­ke en sta­di­ge pro­ses om te leer hoe om hul­le fi­nan­sies on­der ver­an­de­ren­de om­stan­dig­he­de te be­stuur en ver­eis die ge­duld van ’n hei­li­ge van die­ge­ne rond­om hul­le. En tog, in die ge­jaag­de le­we van fi­nan­si­ë­le ad­vies waar tyd geld is, is so iets moont­lik? Mis­luk jy om ’n in­di­vi­du te help om daar­die grond­slag van ver­troue en insig te bou – ge­grond op hul­le waar­de­stel­sels – en e­ni­ge ver­de­re po­ging in dié ver­band is waar­skyn­lik ’n mors van tyd. Pro­beer om die mo­tor­sleu­tels van so ie­mand af weg te neem son­der om die grond­slag daar­voor te lê en jy kan jou maar reg­maak vir ’n oor­log.

Nou hoe kan ek dan van waar­de wees? Ek het vin­nig be­sef dat vir ons slegs vor­de­ring sal maak in­dien ons haar van ge­noeg kon­teks voor­sien so­dat sy self by die ant­woord kan uit­kom – maak nie saak hoe lank dit haar neem om die in­lig­ting be­hoor­lik te ver­werk nie.

En die bes­te ma­nier om on­ge­skaad deur dié be­sluit­ne­ming­s­myn­vel­de te kom, was om die kri­tie­ke be­spre­kings as gee-en-neem te struk­tu­reer: In­dien jy, by­voor­beeld, ab­so­luut daar­op aan­dring dat jy op 90-ja­ri­ge ou­der­dom ’n perd wil koop so­dat jy el­ke dag kan perd­ry met die wind wat deur jou ha­re waai (ja, dit was ’n spesifieke ver­soek), waar­op sal jy dan be­snoei om daar­die uit­ga­we te be­fonds? Ons het vir haar ’n le­wenstei­ken van 100 jaar oud ge­gee en toe ge­sê: “Hier is die on­on­der­han­del­ba­re kos­te. Nou kan jy die i­tems uit­werk wat waar­de aan jou dae sal gee en wat ba­lan­seer.” Sy het uit­ein­de­lik ge­had wat sy wou hê; die ver­moë om die skry­wer van haar eie laas­te hoof­stuk te wees.

Waar ek die klem ge­lê het op vei­lig­heid en se­ku­ri­teit, het sy le­wens­ge­hal­te be­klem­toon, en om die i­tems op haar wens­ly­sie af te tik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.