Han­teer oor­tyd én mis­bruik só

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kolskoot Bestuur -

Oor­tyd kan ’n ne­te­li­ge kwes­sie word – ver­al wan­neer werk­ne­mers die stel­sel uit­buit. Wet­ge­wing ver­skaf eg­ter dui­de­li­ke rig­ly­ne wat be­stuur­ders kan volg om werk­ne­mers se ure op kan­toor be­ter te be­stuur. or­tyd word nie net as een van die groot­ste deur­lo­pen­de uit­ga­wes van ’n maat­skap­py be­skou nie, maar as dit nie reg be­stuur word nie, kan dit ook tot duur hof­sa­ke, lae mo­reel en selfs die mis­bruik van ’n maat­skap­py se geld en tyd lei. Dit is een van die mees om­stre­de kwes­sies in ar­beid. Soms ver­wag be­stuur­ders dat wer­kers te al­le tye be­skik­baar moet wees en wer­kers hou dik­wels nie daar­van om oor­tyd te werk nie, ver­al as dit om re­des bui­te hul be­heer is.

Amy Bai­ley, die hoof van fi­nan­sies en men­se- hulp­bron­ne by die A­me­ri­kaan­se maat­skap­py, Ts­heets, sê in moei­li­ke e­ko­no­mie­se tye is werk­ne­mers ge­woon­lik gre­tig om te be­wys dat hul­le har­de wer­kers is wat nie om­gee om ef­fens lan­ger te werk nie – son­der om nood­wen­dig som­mi­ge of al die ek­stra ure op hul tyd­roos­ters aan te te­ken.

“En tal­le werk­ge­wers het dié hou­ding óf stil­swy­end óf uit­druk­lik be­aam. On­der­ne­mings moet dié soort op­tre­de eg­ter nie as iets goeds be­skou nie,” sê sy in ’n aan­lyn ar­ti­kel op die web­werf T­he­ba­lan­ce.com.

Om jou oë vir dié soort op­tre­de te sluit, kan erns­ti­ge fi­nan­si­ë­le ge­vol­ge hê in­dien dié werk­ne­mers sou be­sluit om reg­stap­pe te doen vir wan­klas­si­fi­ka­sie of tyd wat son­der be­ta­ling ge­werk is, sê Bai­ley.

A­na­sta­sia Va­ta­li­des, hoof van die pro­ku­reurs­fir­ma Werks­mans se af­de­ling vir ar­beids- en in­diens­ne­mings­prak­tyk, sê in Suid-a­fri­ka was daar tot dus­ver min li­ti­ga­sie in­ge­vol­ge die Wet op Ba­sie­se Diens­voor­waar­des wat oor­tyd re­gu­leer.

Wie moet oor­tyd be­taal word?

Va­ta­li­des sê in­ge­vol­ge die wet kan daar van se­ke­re ka­te­go­rieë werk­ne­mers ver­wag word om oor­tyd te werk, maar hul­le is nie ge­reg­tig om vir die by­ko­men­de ure be­taal te word nie. Die ge­tal oor­tydu­re wat – son­der ver­goe­ding – toe­ge­laat word, is on­be­perk. Wer­kers wat nie vir oor­tyd be­taal hoef te word nie, sluit in:

■ Se­ni­or be­stuur­ders – hul­le het die mag om wer­kers in diens te neem en in die pad te steek;

■ Werk­ne­mers wat reis, soos ver­koops­ver­teen­woor­di­gers;

■ Werk­ne­mers wat min­der as 24 uur per maand werk; en

■ Werk­ne­mers wat meer as die jaar­lik­se drem­pel van R205 433,30 per jaar (R17 119,42 per maand) ver­dien.

Werk­ne­mers wat oor­tyd be­taal word, is die­ge­ne wat min­der as die jaar­lik­se drem­pel ver­dien. Oor­tyd word eg­ter tot tien ure per week be­perk. Nog­al iro­nies sê Va­ta­li­des, want dit be­te­ken dat werk­ne­mers met die laag­ste be­sol­di­ging be­perk word wat be­tref moont­li­ke ek­stra in­kom­ste.

Werk­ge­wers se diens­kon­trak moet be­paal dat daar van werk­ne­mers ver­wag sal word om oor­tyd te werk. In­dien dit nie be­paal word nie, kan werk­ne­mers met reg wei­er om oor­tyd te werk.

“Ons raai aan dat selfs al is daar ’n ver­eis­te om oor­tyd te werk, werk­ne­mers nie toe­ge­laat moet word om oor­tyd te werk net wan­neer hul­le wil nie. ’n Maat­skap­py be­hoort net oor­tyd te be­taal in om­stan­dig­he­de waar die werk­ge­wer dit goed­ge­keur het.”

Va­ta­li­des sê as die oor­tyd meer as tien ure per week is, moet dit met die toe­stem­ming van die werk­ge­wer of die vak­bond of vol­gens spe­si­a­le re­ë­lings ge­doen word.

In moei­li­ke e­ko­no­mie­se tye kom werk­ne­mers in die ver­soe­king om meer oor­tyd te werk so­dat hul­le die mas kan op­kom, maar daar is ook werk­ne­mers wat oor­tyd mis­bruik om fi­nan­si­eel voor­deel daar­uit te trek.

Hoe om oor­tyd te be­stuur:

Ci­r­ca­di­an, ’n maat­skap­py wat diens­te aan on­der­ne­mings bied wat 24 uur per dag werk, gee lei­ding in dié ver­band. Wees op die uit­kyk na “oor­tyd­vra­te”. Dit is nie on­ge­woon dat 20% van maatskappye se werk­ne­mers 80% van die oor­tyd werk nie. Ci­r­ca­di­an se ad­vies is dat ’n “jaar­lik­se pla­fon” vir oor­tyd vas­ge­stel word om ui­ter­ma­ti­ge oor­tyd te ver­hoed.

Va­ta­li­des sê die werk­ge­wer moet mo­ni­teer hoe men­se werk: “Moe­dig be­stuur­ders men­se stel­lig aan om oor­tyd te werk deur nie hul pro­duk­sie ge­du­ren­de ge­wo­ne werk­u­re na te gaan nie? Dit is duur as jy men­se oor­tyd moet be­taal vir werk wat ge­du­ren­de ge­wo­ne werk­u­re ge­doen kan word.”

Tal­le maatskappye bied slegs toe­gang tot die in­ter­net en so­si­a­le me­dia op maat­skap­py­toe­stel­le en maat­skap­py-it-stel­sels aan die­ge­ne wat dit vir werk­ver­wan­te sa­ke no­dig het. “Dit is me­ga­nis­mes wat werk­ge­wers kan, moet en wel ge­bruik om die ge­drag van werk­ne­mers te mo­ni­teer en wat hul­le nie spe­si­fiek te al­le tye kan waar­neem nie.”

Bai­ley stel voor dat werk­ne­mers se tyd ge­mo­ni­teer word. Vol­gens die Bu­reau of La­bor S­ta­tis­ti­cs, werk die ge­mid­del­de A­me­ri­kaan­se wer­ker ef­fens meer as vier ure oor­tyd per week. Ver­wag­tin­ge moet dui­de­lik ge­kom­mu­ni­keer word. Dit is nood­saak­lik om werk­span­ne be­ter op te lei om die werk­las te ver­lig wan­neer daar te veel werk, of ’n nood­ge­val is.

Ts­heets het sag­te­wa­re ont­wik­kel wat werk­ne­mers Hoof van die pro­ku­reurs­fir­ma Werks­mans se ar­beids- en in­diens­ne­mings­prak­tyk Vol­doe­nings­be­amp­te by Sa­ge

A­na­sta­sia Va­ta­li­des

Yo­lan­di Ester­hui­zen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.