’n Ra­di­ka­le op­los­sing vir grond­be­sit

’n Nu­we boek maak ’n dras­tie­se voor­stel oor pri­va­te grond­be­sit - skaf dit af. Dit is ’n groot stap, maar die kre­a­tie­we den­ke ag­ter die i­dee is pre­sies wat ons no­dig het om die reu­se so­si­a­le uit­da­gings, wat ons tans kon­fron­teer, te han­teer.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - te­rug­voer@fin­week.co.za Jo­han Fou­rie is me­de­pro­fes­sor in ekonomie aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch. Deur Jo­han Fou­rie

wat sou jy sê as ek jou die vol­gen­de drie uit­koms­tes kon bied: 1) ’n toe­na­me in staats­in­kom­ste tot die ma­te dat ’n ba­sie­se in­kom­ste­toe­laag (Big) be­kos­tig kan word; 2) ’n Aan­sien­li­ke af­na­me in in­kom­ste-on­ge­lyk­heid; en 3) ’n vol­hou­ba­re op­los­sing vir die grond­kri­sis. En dit al­les met slegs een be­leids­in­gry­ping. Fan­tas­ties, sal jy sê, maar na­ïef en, om die waar­heid te sê, ab­surd. Daar is geen be­leid wat ons van weet wat dié reu­se so­si­a­le uit­da­gings op­eens kan ta­kel nie.

Ek sou by­voeg dat dié be­leid dit veel mak­li­ker sou maak om in­fra­struk­tuur te skep, van ver­waar­loos­de ge­boue ont­slae te raak, die BBP per ca­pi­ta aan­sien­lik te ver­hoog, en maat­skap­li­ke sa­me­ho­rig­heid te be­vor­der. Moe­nie jou laf hou nie, sal jy ant­woord. Om dit te ver­mag, sou ek ver­der by­voeg, sal ons twee goed moet doen wat lyk as­of dit lyn­reg met me­kaar bots. Ons moet mark­te uit­brei. Ver­stan­dig vir die eer­ste keer, knik jy dalk jou kop. O, en ons moet pri­va­te ei­en­dom af­skaf.

Dit is kort­liks, die voor­stel van twee e­ko­no­me, E­rik Pos­ner en G­len Weyl, in hul­le nu­we boek, Ra­di­cal Mar­kets. Ken­neth Rog­off noem dit “dalk die mees am­bi­si­eu­se po­ging om de­mo­kra­sie en die mark­te te her­dink se­dert Mil­ton F­ried­man”.

Hul­le i­dees het e­nor­me im­pli­ka­sies vir de­mo­kra­sie en im­mi­gra­sie, maar ek sal fo­kus op hul eer­ste en waar­skyn­lik re­le­vant­ste hoof­stuk vir Suid-a­fri­ka tans: ei­en­dom.

Hul­le stel ’n al­ge­me­ne-ei­en­doms­be­sit­self­aan­ge­slaan­de-be­las­ting (Cost) op ryk­dom voor. Ei­en­dom, voer hul­le aan (soos tal­le e­ko­no­me voor hul­le), is on­ver­my­de­lik mo­no­po­lis­ties, en mo­no­po­lieë skep on­doel­tref­fend­he­de in die mark. Cost het ten doel om dié toe­wy­sings- en be­leg­gings­on­doel­tref­fend­he­de te ver­wy­der deur ’n reg­streek­se vei­ling vir el­ke ba­te in die ge­meen­skap in te stel.

Hoe werk dit? Kom ons neem K­hu­le­ka­ni as voor­beeld. Hy wil ’n nu­we huis koop. Hy gaan na ’n web­werf toe (kom ons noem dit Umhla­ba­wet­hu. co.za) en maak ’n kaart oop wat hom el­ke ei­en­dom in Suid-a­fri­ka laat sien, ge­waar­deer deur die ei­e­naar van die ei­en­dom. Hy kan e­ni­ge ei­en­dom koop deur net op die ei­en­dom te klik, teen die prys wat die ei­e­naar vra. Die reg om uit te sluit, ’n be­lang­ri­ke deel van pri­va­te ei­en­doms­be­sit, word ge­skrap in die nu­we stel­sel. El­ke ei­en­dom wat deur ’n maat­skap­py of in­di­vi­du (of die re­ge­ring) be­sit word, moet ge­waar­deer en ge­lys word.

Wat ver­hin­der ei­e­naars om ui­ter­ma­te hoë waar­da­sies te doen? Be­las­ting. In dié stel­sel be­taal el­ke ei­e­naar ’n jaar­lik­se be­las­ting op die self­be­paal­de waar­de van sy ei­en­dom, en laat vaar daar­mee regs­ge­bruik, die twee­de hoof­ei­en­skap van pri­va­te ei­en­doms­be­sit.

Die ou­teurs ver­dui­de­lik: “In die al­ge­me­ne beeld van pri­va­te ei­en­dom, kom al­le voor­de­le van die ge­bruik daar­van die ei­e­naar toe. Krag­tens ’n Cost word ’n ge­deel­te van die ge­bruiks­waar­de o­pen­baar en oor­ge­dra aan die pu­bliek deur die be­las­ting; hoe ho­ër die be­las­ting, hoe ho­ër die ge­deel­te van ge­bruiks­waar­de wat oor­ge­dra word.”

Daar­om sal al­le ei­en­dom in ’n per­ma­nen­te vei­ling wees, waar die ei­e­naar die prys be­paal (maar vir dié prys in be­las­ting be­taal). Ge­stel ’n pri­va­te be­leg­ger wil ’n ho­ë­spoed-en­kel­spoor in Kaap­stad bou. In dié sta­di­um sal dit am­per on­moont­lik wees, om­dat die ei­e­naars van ei­en­dom­me op die voor­ge­stel­de roe­te hul ei­en­dom sal te­rug­hou om ’n ho­ër prys te kry, met die we­te dat hul­le mo­no­po­lis­tie­se on­der­han­de­lings­mag het. ’n Cost sal ’n be­leg­ger in staat stel om al die ei­en­dom­me aan­lyn teen die ge­lys­te prys te koop, hul­le te kom­bi­neer en die en­kel­spoor te be­gin bou. (Hy moet na­tuur­lik ook die ei­en­dom waar­deer en be­las­ting be­taal. As ’n an­der be­leg­ger meen hy kan ’n wins­ge­wen­der en­kel­spoor bou, mag hy slegs die oor­sponk­li­ke be­leg­ger se ge­bruiks­reg uit­koop).

Stel jou nou voor dat die ei­en­doms­be­las­ting aan bur­gers te­rug­ge­gee word as ’n Big. Vol­gens die ou­teurs se be­re­ke­nings, kan el­ke A­me­ri­ka­ner jaar­liks so­wat $20 000 uit só 'n stel­sel ont­vang. Slegs die ryk­ste 1% ei­end­oms­ei­e­naars sal vol­gens hul­le meer be­las­ting be­taal as wat hul­le ont­vang – dik­wels som­mer baie meer. Dit ver­min­der nie net on­ge­lyk­heid nie (met 4 Gi­ni-pun­te vol­gens hul­le be­re­ke­nin­ge), maar is ook ’n sub­si­die vir die arm­stes.

In Suid-a­fri­ka, sal Cost ge­kop­pel aan ’n Big ver meer doen om ar­moe­de te ver­min­der en on­ge­lyk­heid te ta­kel as ’n be­leid soos ont­ei­e­ning. On­pro­duk­tie­we grond sal ’n reg­streek­se kos­te vir die he­le ge­meen­skap wees; ho­ër ei­en­dom­swaar­des be­te­ken meer be­las­ting en be­te­ken dat meer aan al­mal ver­deel kan word. Soos die ou­teurs dit stel: “’n Wê­reld waar­in al­mal voor­deel trek uit die voor­spoed van an­der, sal waar­skyn­lik ho­ër so­si­a­le ver­troue aan­wak­ker, ’n nood­saak­lik fak­tor vir die wer­king van die mark­e­ko­no­mie.”

“Die ver­de­ling van ryk­dom sal ver­der oor­een­stem met die al­ge­me­ne sie­ning oor ge­reg­tig­heid. Ryk­dom word sel­de uit­sluit­lik ge­skep deur die op­tre­de van die men­se wat on­der ka­pi­ta­lis­me daar­voor be­taal word. Hul­le trek ge­woon­lik voor­deel uit die hulp van vrien­de, kol­le­gas, bu­re, on­der­wy­sers en baie an­der men­se wat nie ten vol­le ver­goed word vir hul­le by­dra­es nie. ’n Cost sal die ver­de­ling van ryk­dom of die ar­beid wat dit ge­skep het in ver­hou­ding be­ter ver­deel.”

Dié voor­stel is ra­di­kaal en kan dalk ge­vol­ge hê wat ons nie op die oom­blik kan voor­sien nie. Dit is waar­om die ou­teurs ’n stel­sel­ma­ti­ge toe­pas­sing van dié be­leid voor­stel. Dit is ver­stan­dig. Eks­pe­ri­men­te­ring is no­dig, moont­lik aan­vank­lik met net een mu­ni­si­pa­li­teit.

Maar die ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie wat ’n Cost kan be­werk­stel­lig is ’n les van hoe kre­a­tie­we den­ke (en dalk ’n ge­wil­lig­heid om i­de­o­lo­gie­se ver­skil­le op­sy te skuif) kan help om op­los­sings te vind vir ’n pro­bleem wat ons dink on­oor­kom­baar is. ■

“’n Wê­reld waar­in al­mal voor­deel trek uit die voor­spoed van an­der, sal waar­skyn­lik ho­ër so­si­a­le ver­troue aan­wak­ker, ’n fak­tor wat nood­saak­lik is vir die be­dryf van die mark­e­ko­no­mie.”

E­rik Pos­ner Pro­fes­sor in reg­te, U­ni­ver­si­teit van C­hi­ca­go

G­len Weyl Hoof­na­vor­ser by Mi­cro­soft Re­se­arch

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.