Hoe­kom is daar so baie en­kel­moe­ders?

Die per­sen­ta­sie en­kel­moe­ders het in Suid-a­fri­ka en el­ders in die wê­reld dra­ma­ties toe­ge­neem. Daar is tal­le te­o­rieë oor die re­de hier­voor, maar min ver­skaf ’n dui­de­li­ke ant­woord.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

hier is ’n stuk­kie sta­tis­tiek om jou kop te laat draai: Van die 989 318 ba­bas wat ver­le­de jaar in Suid-a­fri­ka ge­bo­re is, het 61,7% van hul­le geen in­lig­ting oor hul pa’s op hul ge­boor­te­ser­ti­fi­ka­te nie. One weet nie waar­om die ma’s wat die ge­boor­tes van dié ba­bas re­gis­treer, nie in­lig­ting oor die pa’s ver­strek nie. Dis hoogs waar­skyn­lik om­dat baie van die pa’s nie deel wil wees van die groot­maak van die kind nie. Dié ver­on­der­stel­ling word deur an­der be­wy­se ge­steun: die Raad vir Gees­tes­we­ten­skap­li­ke Na­vor­sing (RGN) raam dat 60% van Suid-a­fri­kaan­se kin­ders ’n af­we­si­ge pa het en dat 40% van moe­ders en­kel­ou­ers is.

Dit is nie mak­lik om te ver­dui­de­lik waar­om dié moe­ders en­kel is nie. Een ar­gu­ment is his­to­ries. In die laat 19de en die 20ste eeu het jong mans na die my­ne ge­stroom, weg van ’n ge­struk­tu­reer­de ge­sins­le­we op die plat­te­land. Die trek­ar­bei­der­stel­sel ver­dui­de­lik na be­we­ring die groot aan­tal en­kel­vroue. Hoe­wel dit te­o­re­ties aan­neem­lik is, kort dié ver­dui­de­li­king ’n be­lang­ri­ke em­pi­rie­se werk­lik­heid: die per­sen­ta­sie en­kel­moe­ders neem steeds toe.

Die trek­ar­bei­der­stel­sel was weens die tuis­land­be­leid van die a­part­heid-era stel­lig op sy erg­ste in die 20ste eeu, maar toe was die per­sen­ta­sie en­kel­moe­ders eg­ter veel la­er. Die aan­tal trek­ar­bei­ders het na die be­ëin­di­ging van die ves­ti­gings­be­leid van a­part­heid en die ag­ter­uit­gang van die myn­be­dryf ge­daal. Tog was dit pre­sies toe dat daar ’n be­dui­den­de toe­na­me in die per­sen­ta­sie en­kel­moe­ders was.

Wat an­ders kan die toe­na­me ver­dui­de­lik? Dor­rit Po­sel en S­te­pha­nie Rud­wick toon in ’n ar­ti­kel, wat in 2014 deur die A­fri­can S­tu­dies As­so­ci­a­ti­on ge­pu­bli­seer is, dat ver­al die Zoe­loes ’n baie lae hu­we­lik­sy­fer het, so laag as 30%. Mis­kien kan ’n mens aan­voer dat vroue ver­kies om en­kel­lo­pend te wees. Wel, die be­wy­se steun nie dié te­o­rie nie. Po­sel en Rud­wick het, met be­hulp van op­na­me-da­ta, ge­vind dat meer as 80% van on­ge­hu­de Zoe­loe­vroue graag sou wou trou (en so ook die mans).

Die re­de, vol­gens die skry­wers, waar­om vroue on­ge­huud bly al wil hul­le trou, is lo­bo­la, of die bruid­prys: “Ons kwa­li­ta­tie­we da­ta toon dat die wy­se waar­op i­lo­bo­lo dik­wels be­oe­fen word, en dik­wels die be­drag wat ge­vra word ver­ge­le­ke met mans se ge­leent­he­de in die Suid-a­fri­kaan­se ar­beids­mark, tot uit­ge­stel­de hu­we­li­ke of geen hu­we­li­ke lei.”

T­rek­ar­beid en die lo­bo­la-stel­sel is al­bei u­niek aan Sui­de­r­a­fri­ka, maar die per­sen­ta­sie en­kel­moe­ders styg by­kans o­ral. In­der­daad, 62% van al­le ge­boor­tes aan moe­ders son­der ter­si­ê­re on­der­rig in 2014 in A­me­ri­ka was aan on­ge­hu­de vroue, soort­ge­lyk aan die Suid-a­fri­kaan­se sy­fer. Daar is iets meer u­ni­ver­seel ag­ter dié ten­den­se.

Een moont­lik­heid is dat mans se swak e­ko­no­mie­se toe­stand daar­toe lei dat hul­le hul hu­we­li­ke uit­stel of af­stel. Dit is Po­sel en Rud­wick se ar­gu­ment. Dit is ook die ge­val in A­me­ri­ka waar die re­la­tie­we in­kom­ste van mans son­der ter­si­ê­re op­lei­ding oor die af­ge­lo­pe drie jaar af­ge­neem het.

’n Nu­we ar­ti­kel wat bin­ne­kort in die Re­view of E­co­no­mi­cs and S­ta­tis­ti­cs, ge­pu­bli­seer gaan word, toets dit. Die skry­wers, Me­lis­sa Ke­ar­ney en Ri­ley Wil­son, kop­pel ska­lie­gas­bre­king in die ja­re 2000 aan hu­we­lik­sy­fers. In­dien die ver­on­der­stel­ling waar is dat mans nie trou nie weens swak e­ko­no­mie­se toe­stan­de, dan be­hoort die groot toe­na­me in hi­dro­bre­king, wat meer werk­ge­leent­he­de en ho­ër in­kom­ste ge­skep het, te ge­lei het tot meer mans wat be­reid was om te trou. Hul ge­so­fis­ti­keer­de sta­tis­tie­se ont­le­ding toon dat, eer­stens, die ho­ër in­kom­ste van mans son­der ter­si­ê­re op­lei­ding nie die waar­skyn­lik­heid dat hul­le sal trou ver­hoog nie, en twee­dens is daar ’n toe­na­me in vrug­baar­heid­sy­fers na­dat hul in­kom­ste ver­be­ter, maar die toe­na­me is die­self­de vir ge­trou­de en on­ge­trou­de mans.

Kort­liks: Dis nie ar­moe­de wat hu­we­li­ke ver­hoed nie. Wat is dit dan? Dit kan die ho­ër in­kom­ste wees wat vroue ver­dien. Nie net het vroue se­dert die 1960’s in his­to­rie­se vlak­ke tot die ar­beids­mark toe­ge­tree nie, maar maatskaplike toe­la­es het ook toe­ge­neem. Al­bei bron­ne van in­kom­ste sal vroue meer be­din­gings­mag in die huis­hou­ding gee en sal die no­dig­heid van ’n eg­ge­noot wat ’n in­kom­ste ver­dien ver­min­der.

Hoe­wel daar baie be­wy­se is dat wan­neer vroue meer huis­hou­de­li­ke hulp­mid­de­le het die uit­koms­te van kin­ders ver­be­ter, kan dit die on­be­doel­de ge­volg hê dat dit mans kwyt­skeld van hul ver­ant­woor­de­lik­he­de om hul kin­ders groot te maak. T­ho­mas So­well, ’n A­me­ri­kaan­se e­ko­noom, meld dat in 1960, by­kans 100 jaar ná die be­ëin­di­ging van sla­wer­ny in A­me­ri­ka, 22% van A­fro-a­me­ri­ka­ners in huis­hou­dings met net een ou­er groot­ge­word het.

“Der­tig jaar la­ter, ná die li­be­ra­le wel­syn­staat, het dié sy­fer meer as ver­drie­dub­bel. Ons kan be­spie­gel oor hoe­veel van dié 22% weens sla­wer­ny was, maar ons weet dat die ver­drie­dub­be­ling nie weens die er­fe­nis van sla­wer­ny was nie. Dit was weens die er­fe­nis van ’n heel nu­we reeks be­leid­stel­lings.”

Maar so een­vou­dig is dit nie. Die groei in die ge­tal en­kel­moe­ders, hoe­wel dit oor die af­ge­lo­pe twee de­ka­des toe­ge­neem het, het be­gin voor­dat die kin­der­toe­lae in Suid-a­fri­ka in­ge­stel is. Pen­si­oe­ne kan ’n rol speel, maar dit is on­dui­de­lik in wat­ter ma­te dit al­leen die toe­na­me in die aan­tal en­kel­moe­ders kan ver­dui­de­lik.

Fa­mi­lie­struk­tu­re is vin­nig be­sig om te ver­an­der. Al hoe meer kin­ders word groot met net een ou­er. Die oor­sa­ke is steeds duis­ter, maar die ge­vol­ge sal waar­skyn­lik nog meer on­se­ker wees. ■

te­rug­voer@fin­week.co.za

Jo­han Fou­rie is me­de­pro­fes­sor in e­ko­no­mie aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch. A­me­ri­kaan­se e­ko­noom

T­ho­mas So­well

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.