Ge­luk­kig om te hou, on­danks la­er di­vi­den­de

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

Ek be­sit Me­tro­fi­le* al lank, hoof­saak­lik vir die di­vi­dend. Hoe­wel ek ver­wag het dat die di­vi­dend la­er sou wees, was die maat­skap­py se voor­stel in sy jong­ste re­sul­ta­te (vir die jaar tot ein­de Ju­nie) baie ag­gres­sie­wer as wat ek ver­wag het. En dit be­te­ken ’n baie la­er di­vi­dend in die toe­koms.

Dit het ge­lei tot heel­wat meer ver­ko­pe weens die la­er di­vi­dend en ook oor kom­mer dat die maat­skap­py son­der groei sit en dat pa­pier iets van die ver­le­de is.

Daar word al se­dert die 1980’s oor die pa­pier­lo­se kan­toor ge­skryf, tog ge­bruik ons nog ton­ne daar­van. Ja, daar is baie di­gi­ta­le toe­pas­sings en ber­ging in die wol­ke, maar Me­tro­fi­le is in ’n goeie po­si­sie om uit dié nu­we mark munt te slaan, we­lis­waar met die ri­si­ko’s wat nu­we on­der­ne­mings in­hou. Hy het eg­ter ook die ver­moë om di­gi­taal met voor­raad­ket­tings van be­staan­de kli­ën­te te in­te­greer wat meer as net ber­ging (pa­pier of di­gi­taal) bied. Laas­tens vaar die maat­skap­py be­son­der goed in Oos-a­fri­ka, en sy be­dry­wig­he­de in die Mid­de-oos­te lyk ook goed. Ek het ’n vol­le ge­wigs­toe­ken­ning in die aan­deel en is ge­luk­kig om dit steeds te hou. ■

*Die skry­wer be­sit aan­de­le in Me­tro­fi­le.

Hy het die ver­moë om di­gi­taal met voor­raad­ket­tings van be­staan­de kli­ën­te te in­te­greer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.