Be­leg­gers bly ver­sig­tig

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

ca­pi­tec, in 1997 op­ge­rig en in 2001 as ’n bank ge­re­gis­treer, is een van die groot­ste han­dels­ban­ke in die land. In ’n on­lang­se han­dels­ver­slag sê die bank hy ver­wag we­sens­ver­dien­ste vir die ses maan­de tot 31 Au­gus­tus van 18% tot 21% ho­ër. Ca­pi­tec maak sy half­jaar­lik­se re­sul­ta­te na ver­wag­ting teen 26 Sep­tem­ber be­kend. Voor­uit­sig: Van ’n laag­te­punt van 200 sent per aan­deel in 2014, het Ca­pi­tec in De­sem­ber 2017 op 110 000 sent sy hoog­ste vlak ooit ge­toets . Die aan­deel­prys het eg­ter skerp ge­daal ná die Vi­ce­roy-ver­slag be­weer het Ca­pi­tec ver­doe­sel ver­lie­se deur sy le­nings­boek te hoog aan te gee. Ca­pi­tec se aan­deel­prys het eg­ter kalm­te her­win, sy­waarts ver­han­del in die vorm van ’n drie­hoek en uit­ein­de­lik die boon­ste hel­ling deur­breek.

Wat die gra­fie­ke sê: Ca­pi­tec het ver­lo­re veld her­win en op 103 500 sent per aan­deel ’n hoog­te­punt ge­toets. Hy het on­der­kant sy twee­de ten­dens­lyn om­ge­draai. Breek hy daar­deur, kan Ca­pi­tec sy vo­ri­ge styg­ten­dens her­vat. Met die drie­week­se re­la­tie­we sterk­te-in­deks (RSI) wat van sy styg­ten­dens op me­di­um­ter­myn weg­be­weeg, kan po­si­tie­we sen­ti­ment te­rug­keer. Gaan kort: Ca­pi­tec is pun­te weg van sy be­lang­ri­ke steun­vlak by 90 815 sent per aan­deel. On­der­kant dié vlak kan Ca­pi­tec óf tot by die be­lang­ri­ke steun­lyn van sy lang­ter­myn-styg­ten­dens óf tot op 81 100 sent te­rug­trek. Daar kan hy vas­steek en her­stel. Ge­beur dit nie, sal ’n ne­ga­tie­we uit­bre­king on­der 74 700 sent be­ves­tig word en kan steun op 66 860 sent die mik­punt word. Gaan lank: Ca­pi­tec sal bo­kant 103 500 sent per aan­deel moet ver­han­del om sy vo­ri­ge styg­ten­dens te her­vat en weer die al­ler­hoog­te­punt van 110 000 sent per aan­deel te toets. Daar­bo sal Ca­pi­tec ’n nu­we bul­fa­se vorm op pad na 150 000 sent per aan­deel. ■

BRON: S­ha­re­net

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.