Pes­si­mis­me bly hoog­ty vier

. . . maar waar­de­be­leg­gers glo dit bied ge­leent­he­de vir wins­ko­pe

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

daar be­staan ’n op­vat­ting dat van die bes­te ge­leent­he­de op ’n aan­de­le­beurs voor­kom wan­neer sa­ke op hul don­ker­ste lyk. Ver­al knap waar­de­be­leg­gers flo­reer met hier­die ver­skyn­sel aan­ge­sien goeie maat­skap­pye dan teen wins­koop­pry­se be­skik­baar kan raak. Daar­na is dit net no­dig dat ge­duld be­oe­fen word tot­dat die on­der­lig­gen­de waar­des van die maat­skap­pye hul­le laat geld.

Hoe­wel pes­si­mis­me tans hoog­ty vier, was daar tog die af­ge­lo­pe maand iet­wat van ’n ver­ste­wi­ging merk­baar met 33% van die 100 groot­ste mark­ka­pi­ta­li­sa­sies wat tans bo­kant hul 200-daag­se eks­po­nen­si­ë­le be­we­gen­de ge­mid­del­des (EBG) lê in ver­ge­ly­king met 28% ’n maand ge­le­de. Dit is steeds kom­mo­di­teits­aan­de­le wat die bo­toon voer op die lys van sterk­ste aan­de­le. On­der die top­tien is daar net een ny­wer­heids­aan­deel, die suk­ses­vol­le Bid­corp, wat die bui­te­land­se voed­sel­be­lan­ge van die ou Bid­vest huis­ves. Hy is in 34 lan­de op vyf vas­te­lan­de be­dry­wig.

Een me­to­de om die wen­ners van mô­re te pro­beer op­spoor, is om te let op daar­die aan­de­le wat in staat is om nu­we hoog­te­pun­te aan te te­ken te mid­de van swak mark­om­stan­dig­he­de. Om dit te be­reik, word sterk koop­druk ver­eis wat in Suid-a­fri­ka be­te­ken dat die groot in­stel­lin­ge be­reid moet wees om die be­trok­ke aan­de­le in so ’n ma­te te steun dat hul­le ’n ste­wi­ge sty­gen­de ten­dens toon.

Dit is die in­stel­lin­ge met hul e­nor­me kon­tant­vloei wat die pry­se van die gro­ter aan­de­le be­paal in teen­stel­ling met die in­di­vi­du­e­le be­leg­ger wat neig om hom in gro­ter ma­te toe te spits op die klei­ner aan­de­le, waar­in daar op die oom­blik wei­nig be­lang­stel­ling is.

Twee op­val­len­de maat­skap­pye on­der die top­tien wat aan voor­gaan­de ver­eis­tes be­ant­woord, is Sa­sol – steeds die sterk­ste aan­deel op die beurs soos ge­meet aan die ver­skil tus­sen sy prys en sy 200-daag­se EBG – en Mon­di.

Laas­ge­noem­de het on­langs te mid­de van ’n neer­druk­ken­de mark nu­we hoog­te­pun­te aan­ge­te­ken en het se­dert Fe­bru­a­rie met on­ge­veer 48% ge­styg voor­dat daar ’n ma­ti­ge ver­po­sing was.

SWAKSTE AAN­DE­LE*

Se­dert sy hui­di­ge bul­mark in 2012 be­gin het, het hy on­der­he­wig aan twee of drie reg­stel­lings sy aan­deel­hou­ers met ’n prys­sty­ging van meer as 600% be­loon. Ver­le­de jaar het hy ook al­mal ver­bly met ’n spe­si­a­le di­vi­dend van 100 sent (in €), wat ge­woon­lik ’n simp­toom is van ge­son­de kon­tant­vloei.

Die re­de vir die koop­be­lang­stel­ling hoef dus nie ver ge­soek te word nie en be­ves­tig die ou waar­heid dat die aan­de­le van ’n maat­skap­py met groei­en­de wins en di­vi­den­de en met goeie voor­uit­sig­te al­tyd deur in­ge­lig­te be­leg­gers on­der­steun sal word.

Mon­di is ’n ver­pak­kings­groep wat plaas­lik en in Lon­den ge­no­teer word. Hy het on­langs weer eens met goeie re­sul­ta­te vo­ren­dag ge­kom. Wat ’n be­lang­ri­ke rol speel in sy suk­ses is dat hy, in teen­stel­ling met Nam­pak wat so dik­wels kri­sis­se be­leef, ’n dui­de­li­ke stra­te­gie het om hom toe te spits op die boon­ste deel van pa­pier­ge­gron­de ver­pak­kings­pro­duk­te. Hoe goed sy be­stuur daar­in slaag blyk daar­uit dat sy op­brengs op ka­pi­taal die af­ge­lo­pe vyf jaar van 13,6% tot 19,7% ge­styg het. In sy boek­jaar tot De­sem­ber 2017 was Wes-eu­ro­pa ver­ant­woor­de­lik vir 38% van sy in­kom­ste, Oos-eu­ro­pa 22%, Noord-a­me­ri­ka 11%, Rus­land 10% en SA slegs vir 9%. ’n In­te­res­san­te mee­val­ler wat hom in die toe­koms kan be­voor­deel, is die groei­en­de wê­reld­wye weer­sin in be­soe­de­ling wat deur plas­tiek­pro­duk­te ver­oor­saak word.

Dat MTN bo­aan die lys van swakste aan­de­le ver­skyn, ver­baas nie ge­ge­we die teen­spoed wat hy tans in Ni­ge­rië er­vaar. Sy aan­dui­dings dat hy die ei­se van die Ni­ge­rie­se re­ge­ring gaan be­veg, im­po­neer nie die mark nie. Soos een Eu­ro­pe­se sa­ke­lei­er dit ge­stel het: A­fri­ka-re­ge­rings neig om ir­ra­si­o­ne­le din­ge te doen. Wat na­tuur­lik sa­ke baie be­moei­lik wan­neer hul­le pro­beer om geld uit die pri­va­te sek­tor te pers.

On­der aan­de­le wat deur­ge­breek het, lyk net San­lam en Ne­t­ca­re ma­tig in­te­res­sant. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Lu­cas de Lan­ge is ’n voor­ma­li­ge re­dak­teur van en die skry­wer van twee boe­ke oor be­leg­ging. fin­week

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.