Hou ter­wyl die on­der­ne­ming om­ska­kel

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

A­fri­can P­hoe­nix is die oor­blyf­sel van A­fri­can Bank (son­der die bank­kant, maar met die voor­keur­aan­de­le). Die kwes­sie was dat ter­wyl daar waarde in A­fri­can P­hoe­nix is, die pro­bleem is om dié waarde by aan­deel­hou­ers te kry, ver­al om­dat ’n di­vi­dend aan voor­keur­aan­deel­hou­ers voor A­fri­can P­hoe­nix se nor­ma­le aan­deel­hou­ers uit­ge­keer moet word. Die groep het der­hal­we aan­ge­kon­dig dat hy be­plan om al die voor­keur­aan­de­le teen ’n voor­ge­stel­de 3 700 sent elk te­rug te koop. ’n Mens kan aan­hou om die voor­keur­aan­de­le te hou – hul­le is in werk­lik­heid 10 000 sent werd. Die aan­bod is dus teen ’n groot af­slag en ek sal eer­der hou as om teen dié af­slag te ver­koop. Die tran­sak­sie sal dit vir A­fri­can P­hoe­nix moont­lik maak om met sy sa­ke voort te gaan deur na ’n be­leg­ging­sen­ti­teit om te ska­kel en hy sal so­wat R500 mil­joen aan die te­rug­koop be­stee (dis net meer as ’n kwart van sy be­skik­ba­re kon­tant en kon­tant­waar­de).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.