’n On­dui­de­li­ke stra­te­gie

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

Clo­ver se jaar­eind­re­sul­ta­te be­vat al­ler­lei kwes­sies met die af­skei­ding van Dai­ry Far­mers of South A­fri­ca (DFSA). Die plan was dat Clo­ver die wis­sel­val­lig­heid van melk­pry­se en -pro­duk­sie sou ver­wy­der om e­ga­li­ger re­sul­ta­te te be­werk­stel­lig, met die fokus op pro­duk­te wat waarde toe­voeg (soos kaas en jo­gurt). Met so­wel die uit­voe­ren­de hoof en voor­sit­ter wat uit­tree, en Clo­ver wat die wis­sel­kre­diet­ge­rief van R439 mil­joen vir DFSA moet af­skryf, lyk din­ge be­nard. Ja, dis deels ’n re­ke­ning­kun­di­ge kwes­sie en die af­skry­wing kan heel­te­mal of ge­deel­te­lik on­ge­daan ge­maak word. Maar ek het die aan­deel ja­re ge­le­de al ver­koop om­dat die oor­koe­pe­len­de stra­te­gie on­dui­de­lik is. Ek re­ken Clo­ver moet ’n ver­vaar­di­ger en ver­sprei­der van melk­pro­duk­te met hoë waarde wees. Al het hy in dié rig­ting pro­beer be­weeg, volg die re­sul­ta­te nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.