Vir die waag­hal­si­ge be­leg­ger

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

EOH se han­dels­ver­kla­ring was ’n skok­aan­kon­di­ging en in­ge­wik­keld. Die aan­deel het ná sy lo­pie tot 5 000 sent met die skryf hier­van te­rug­ge­skak tot so­wat 3 600 sent. Die ver­kla­ring het ge­han­del oor krim­pen­de mar­ges om klan­te te be­hou, en min­der groot kon­trak­te wat aan die groep toe­ge­ken is. Die in­kom­ste sal na ver­wag­ting so­wat 8% meer wees, ter­wyl die we­sens­ver­dien­ste per aan­deel met meer as 55% sal daal. Selfs die ge­nor­ma­li­seer­de we­sens­ver­dien­ste per aan­deel sal na ver­wag­ting 30% tot 45% min­der wees. Op die hui­di­ge vlak­ke, en as die erg­ste re­sul­ta­te aan­vaar word, is die p/v so­wat tien en aan­trek­lik – maar nie son­der ri­si­ko’s nie. Die groep het die af­ge­lo­pe jaar re­pu­ta­sie­ska­de ge­ly en die nu­we stra­te­gie be­vat ri­si­ko’s (soos al­le nu­we stra­te­gieë). Waag­hal­si­ge be­leg­gers kan eg­ter ge­rus die aan­deel be­kyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.