Goeie re­sul­ta­te in taw­we be­dryf

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

Wil­son Bay­ly Hol­mes (WBHO) het ge­wys dat kon­struk­sie wins­ge­wend kan wees – selfs plaas­lik, want Suid-a­fri­ka dra steeds om­trent die helf­te van sy be­dryfs­wins by. Die maat­skap­py se wins groei ook in die res van A­fri­ka, Aus­tra­lië en B­rit­tan­je. Die groep be­haal uit­ste­ken­de re­sul­ta­te in een van die moei­lik­ste be­dry­we. In­kom­ste het met 9,8% ge­styg, ter­wyl die ver­wa­ter­de we­sens­ver­dien­ste per aan­deel met 8,1% ge­styg het. Die aan­deel het ’n p/v van so­wat tien. WBHO is lank­al die voor­keur­kon­struk­sie­aan­deel op die JSE en bly só, met Rau­bex (met ’n soort­ge­ly­ke p/v) die an­der be­lê­ba­re op­sie. Tog hou ek daar­van dat my maat­skap­pye in mak­li­ker om­ge­wings be­dry­wig moet wees. Uit­ne­men­de be­stuur kan so­veel meer ver­mag wan­neer toe­stan­de be­vor­der­lik is vir wins en groei – iets wat nie reg­tig in kon­struk­sie er­vaar word nie. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

*Die skry­wer be­sit aan­de­le in ADVTECH.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.